| |

Mosselbaai-buurtwagte hou massapatrollie om buurte te beveilig

Talle buurtwagte verbonde aan AfriForum se Mosselbaai-tak het die afgelope naweek meer as 2 800 km in een aand afgelê om hul gemeenskappe in en om Mosselbaai te beveilig. Dié samekoms was tydens die jongste nasionale patrollie, waartydens AfriForum se veiligheidstrukture landswyd geaktiveer is om hoësigbaarheidsoperasies te doen, soos om onder meer konvooie en patrollies te ry of hommeltuigdemonstrasies te doen.

Die AfriForum-buurtwagte in Glentana, Grootbrakrivier, Midbrak en Danabaai het deelgeneem aan hierdie geleentheid en deur die nag patrollies in hul gemeenskappe gery. Altesaam 142 buurtwaglede en 93 ander veiligheidsrolspelers het deur die loop van die aand hierdie gebiede gepatrolleer.

Die Midbrak-buurtwag het egter die patrollie ’n stap verder gevat en ’n massiewe konvooi van altesaam 40 voertuie deur verskeie woonbuurte in die area begelei. Buiten ’n paar verdagte voertuie en persone wat onder die invloed van alkohol op straat gevind is, was daar geen ander noemenswaardige insidente tydens die massapatrollie nie.

“Operasies soos hierdie dra ’n sterk en duidelike waarskuwing oor aan kriminele elemente wat ons woonbuurte wil teiken,” sê Marthinus Erasmus, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Suid-Kaap. “AfriForum sal aanhou om gemeenskappe te beveilig en saam met ander rolspelers te werk om te verseker dat misdaad nie ’n vastrapplek in die Suid-Kaap kry nie.”

Die betrokke buurtwagte is daartoe verbind om hierdie belangrike werk saam met ander veiligheidsvennote aan te pak. Hierdie veiligheidsrolspelers het gehelp om van die operasie ’n sukses te maak.

Sluit vandag nog by ’n AfriForum-buurtwag aan en neem eienaarskap van jou veiligheid. Stuur ’n e-pos aan marthinus.erasmus@afriforum.co.za of skakel Erasmus by 081 216 9602 vir meer inligting.

Soortgelyke plasings