|

AfriForum se Kroonstad-tak vier Erfenisdag met gemeenskapsprojek

AfriForum se Kroonstad-tak het vanjaar Erfenisdag (24 September) op ’n unieke en gemeenskapsgerigte wyse gevier deur slaggate by Huis Edelkroon te herstel. Die projek strek tot voordeel van die tehuis en omliggende gebied met 60 sakkies teer wat gebruik is om slaggate oor ’n gebied van sowat 30 vierkante meter te vul.

Van Huis Edelkroon se inwoners het aktief saam met die buurtspan van AfriForum se Kroonstad-tak aan die herstelproses deelgeneem. Hierdie samewerking het ’n sterk gevoel van samehorigheid geskep, wat die sukses van die projek verder bevorder het.

Na afloop van die harde werk is die dag in gepaste Erfenisdag-styl afgesluit met ’n heerlike braai, waar die span en inwoners saam gekuier het.

“Ons is baie trots op die samewerking en deelname van die inwoners van Huis  Edelkroon,” sê Johan Fourie, die voorsitter van AfriForum se Kroonstad-tak.“Hierdie projek vergemaklik nie net inwoners en hul kuiergaste se lewens nie, maar versterk ook die gees van erfenis,” sê Christa Ikking, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Die Kroonstad-tak beplan om voort te gaan met soortgelyke gemeenskapsprojekte om plaaslike infrastruktuur te verbeter. Word ’n lid en wees deel van die veradering: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings