| |

Wes-Moot-tak maak Japie le Roux-park skoon

AfriForum se Wes-Moot-tak het op 15 Julie ’n skoonmaakaksie van stapel gestuur en die Japie le Roux-park skoongemaak. Hierdie aksie is geloods om vir die inwoners ’n skoner en veiliger omgewing te skep en die agteruitgang van die woonbuurt te stuit.

Die park se gras is gesny en ongeveer 35 sakke vullis is verwyder. Die tak oorweeg dit om die Adopt-a-Spot-program, ’n inisiatief deur Tshwane Metro, te ondersteun en die Japie le Roux-park as hul volgehoue skoonmaakprojek te vestig. Dié program maak dit vir organisasies, maatskappye en inwoners moontlik om enige oop ruimte aan te neem en te onderhou.

“Die Wes-Moot-tak sal donasies van die gemeenskap verwelkom om die speelraam in die park oor te verf en op te knap. Ons bedank almal uit die gemeenskap wat hande gevat het en betrokke was om van hierdie aksie ’n sukses te maak. Ek nooi graag die gemeenskap uit om by AfriForum se Wes-Moot-tak betrokke te raak en ander aksies soos dié te ondersteun,” sê Sampie Steinberg, distrikskoördineerder vir Pretoria-Noord.

Klik hier en raak vandag nog by AfriForum se Wes-Moot-tak betrokke.