Water
|

Watertoevoer in Thabazimbi uiteindelik herstel, danksy AfriForum én gemeenskap

Die AfriForum-tak in Thabazimbi het in samewerking met plaaslike gemeenskapslede die waterpyp wat na die reservoirs lei, herstel. Dié waterpyp strek oor ’n totale afstand van 7,8 km en het meer as nege lekkasies gehad. Hierdie lekkasies het gelei tot watertekorte wat die inwoners van Thabazimbi dae aaneen sonder water gelaat het.

Die herstelwerk het twee dae geneem waarna inwoners se watertoevoer uiteindelik herstel is.

“Die Thabazimbi-gemeenskap het kragte saamgesnoer om hierdie uitdaging in ’n japtrap aan te pak. Deur hul gesamentlike vasberadenheid en deursettingsvermoë het hulle nie net die waterpyp herstel nie, maar ook die krag wat in hul gemeenskap lê, gedemonstreer,” sê Barry Knuppe van AfriForum se Thabazimbi-tak.

Word vandag deel van AfriForum se Thabazimbi-tak: Besoek www.wordlid.co.za vir meer inligting.

Soortgelyke plasings