|

#VulDieGat: Roseltstraat in Potchefstroom nou meer begaanbaar

’n Groot gedeelte van Roseltstraat in Potchefstroom is nou meer begaanbaar nadat die plaaslike AfriForum-tak en -buurtwag hande met inwoners van Roseltstraat gevat het en slaggate in die pad herstel het. Inwoners het bydraes gemaak om die slaggate te herstel en die AfriForum-tak het teer geskenk. Eindelik is ongeveer 30 slaggate met 36 sakkies teer op Saterdag 3 Augustus herstel. Die koste van hierdie projek het ongeveer R7 000 beloop. Buurtwaglede en inwoners van die straat het die arbeid verrig.

Hierdie projek vorm deel van die jaarlikse nasionale projek in Julie waartydens AfriForum-takke oor die land heen slaggate herstel. Die organisasie se doelwit is om slaggate ter waarde van R1 miljoen in 2024 te herstel. AfriForum-takke in die sentraalstreek, wat die Potchefstroom-tak insluit, het vanjaar al slaggate ter waarde van R1,2 miljoen herstel, wat dus reeds die jaarlikse doelwit oorskry.

“Dit is vir die tak belangrik dat lede self hand aan die ploeg slaan om hul eie strate en buurte in stand te hou. Baie dankie aan elkeen wat hul Saterdagoggend opgeoffer het om ’n verskil te maak – dit sluit die vrou in wat die werkers met koeldrank en water bederf het,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Raak by Potchefstroom se AfriForum-tak en -buurtwag betrokke en help om jou omgewing veilig te hou. Kontak Douglas Bourn by 083 232 1020 om by die tak en Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om by die buurtwag aan te sluit.ie tak en Cornelia Blignaut by 073 390 4133 om by die buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings