| |

#Vuldiegat: Pionier-tak herstel slaggate in Meyerspark

AfriForum se Pionier-tak het 300kg teer gebruik om slaggate in Kritzinger- en Mollerstraat in Meyerspark te herstel. Selfs die tak se buurtwag is ingespan om die verkeer te begelei tydens hierdie aksie.

AfriForum-takke landwyd het in Julie deelgeneem aan die organisasie se #vuldiegat-projek om slaggate die stryd aan te sê.

Die AfriForum-takke in Pretoria het reeds sedert die begin van die jaar 17 ton teer gebruik om slaggate in dié stad te vul en herstel.

Die projek het in Julie afgeskop en AfriForum-takke oor die hele land heen het reeds ingespring om die mikpunt vir die herstel van slaggate ter waarde van R1 miljoen te verwesentlik. Dié mylpaal is teen die einde van Julie verbygesteek, met takke wat reeds meer as R1,5 miljoen aan die herstel van slaggate bestee het. Dewet Ungerer, AfriForum se koördineerder vir groter Pretoria-Suid.

“Slaggate is ’n reuseprobleem en frustrasie vir padgebruikers, ons wil graag help om hierdie frustrasie sover as moontlik uit die weg te ruim. Ons nooi graag die gemeenskap uit om by hulle naaste tak aan te sluit en saam te help om ’n verskil te maak,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir groter Pretoria-Suid.

Besoek www.wordlid.co.za of stuur ’n e-pos aan pioniers@afriforumtak.co.za om aan te sluit.

Soortgelyke plasings