| |

Viljoenskroon-tak rig dringende brief aan Departement van Polisie, Paaie en Vervoer oor gebrek aan waarskuwingsborde

AfriForum se Viljoenskroon-tak het op 10 Februarie ’n dringende skrywe aan die Departement van Polisie, Paaie en Vervoer gerig oor die gebrek aan waarskuwingsborde op die R59-pad wat verlede jaar oorspoel het. Dié pad is steeds onbegaanbaar en sal vir ’n geruime tyd nog so bly aangesien die water steeds oor die pad opdam. Die gebrek aan genoegsame waarskuwingsborde, om verbygaande motoriste te waarsku dat die pad gesluit is, is egter ’n probleem. Hierdie gebrek aan waarskuwingsborde het al verskeie motoriste groot skade berokken.

Die tak het die departement tot Vrydag, 17 Februarie tyd gegee om genoegsame waarskuwingsborde aan te bring. Indien hulle dít nie doen nie, sal die  in Viljoenskroon-tak die nodige borde aanbring.

“Dit is onaanvaarbaar dat daar geen waarskuwingsborde op hierdie uiters gevaarlike pad is nie. Mense kan hulle lewens verloor, iets wat die tak ten alle koste wil vermy. Indien die borde nie teen Vrydag opgerig is nie, sal die tak inspring en dit self doen,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Die tak moedig die gemeenskap aan om betrokke te raak: SMS “Viljoenskroon” na 45344 (R1).