|

Upington-laerskole ontvang hordes boeke ná biblioteek sluit

Met die sluiting van ’n skoolbiblioteek in Upington, het die plaaslike AfriForum-tak duisende boeke by die Intermediêre Skool Kalksloot en Keimoes (RK) Primêre Skool afgelaai. Die organiseerder van die biblioteek het Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari, gekontak om te help om van die boeke ontslae te raak. Die idee was nie dat dit op die ashoop beland nie, maar dat dit steeds waarde tot leerlinge se lewens sal voeg.

AfriForum het dadelik ondersoek ingestel om skole in die omgewing te identifiseer wat min of geen hulp van die onderwysdepartement af ontvang nie. Die skole en leerlinge was baie opgewonde om die boeke te ontvang.

’n Wye verskeidenheid boeke vir graadeens en graad 7-leerders is aan die skole geskenk: Dit het gewissel van voorgeskrewe boeke tot opvoedkundige boeke, leesboeke, Bybels, woordeboeke en gesangeboeke.

“Daar was boeke vir groot en klein kinders om hul leesvaardighede op te skerp en hul nuuskierigheid oor sekere onderwerpe te prikkel. Daar was selfs groot wêreldkaarte wat onderwysers teen die klaskamer se muur kan opsit,” sê Strauss.

Raak betrokke by AfriForum om ’n verskil in jou dorp of omgewing te maak: Besoek www.wordlid.co.za.

Soortgelyke plasings