Toename van E. Coli in Nylstroom se water
Die Nylstroom-/Modimolle-area word erg benadeel deur water wat met riool besoedel is. Die riool loop oor in die erwe tussen huise. AfriForum se Nylstroom-tak het as deel van die organisasie se jaarlikse Nasionale Blou- en Groendruppelprojek oor die afgelope drie jaar menige watertoetse laat doen. Volgens die toetse was daar ’n drastiese toename in die telling E. coli-bakterieë wat in die water teenwoordig is.
Die munisipaliteit versuim egter om enige aandag aan die probleem te skenk. Ons wil lede van die gemeenskap aanmoedig om ons aanlyn petisie te ondersteun deur hul name by te voeg tot die klag wat ons teen die munisipaliteit gaan bring. Petisie-inskrywings eindig op 20 Mei 2021.