TAKSUKSESSE: OKTOBER 2024

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Cradock

  • Die tak het R5 000 geskenk vir herstelwerk aan drie watertoevoerpype in die dorp, terwyl taklede ook fisies met die herstel van dié pype gehelp het. 

Jeffreysbaai

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R3 000 se struike aan die Dorp van Drome-inisiatief geskenk as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek.
  • Taklede het vyf nuwe pale vir veiligheidskameras geïnstalleer.

Port Elizabeth

  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Colchester-plaaswaglede het inligting aan die SAPD verskaf met betrekking tot ’n belangrike rolspeler in dwelmhandel.
  • Die Colchester-plaaswag het sterk bande gebou met die plaaslike SAPD-tak wat dwelmverwante sake hanteer.
  • Walker Drive-buurtwaglede het twee kabeldiewe in hegtenis geneem.
  • Die Walker Drive-buurtwag het drie verdagtes in hegtenis geneem ná ’n voorval van diefstal in die Baywest-winkelsentrum.
  • Walker Drive-buurtwaglede het ’n verdagte in hegtenis geneem wat boumateriaal gesteel het.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ondersteuning gebied nadat ’n persoon selfmoord probeer pleeg het.
  • Walker Drive-buurtwaglede het ’n slang by ’n inwoner se huis gevang.
  • Die Walker Drive-buurtwag het as deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek bosse skoongemaak vir beter sigbaarheid.
  • Walker Drive-buurtwaglede het deel gevorm van ’n magsvertoon in Kabega Park.
  • Die Walker Drive-buurtwag het gehelp om ’n veldbrand te blus.
  • Walker Drive-buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Walker Drive-buurtwag het gehelp om ’n oorstroomde brug vir verkeer te sluit ná baie reën. Buurtwaglede het ook later gehelp met die skoonmaak van die brug.
  • Walker Drive-buurtwaglede het hul hommeltuig ingespan ná ’n huisroof.
  • Die Walker Drive-buurtwag het ’n kursus vir traumavrywilligers in George bygewoon.

Uitenhage

  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het albei aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n uiters suksesvolle gholfdag gehou waartydens R35 000 vir die tak ingesamel is.
  • Taklede het R169 000 se voedselskenkings van Sovereign Foods aan inwoners versprei ná die onlangse vloede op die dorp.
  • Die Winterberg-plaaswag het kentekens aangebring by ’n brug op die Addo-roete wat deur die onlangse vloede beskadig is.
  • Die tak het goeie blootstelling gekry op Luister FM wat na die gholfdag genooi is en van daar af uitgesaai het.

WES-KAAP

Cederberg

  • Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
  • Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het as deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek ekstra operasies saam met die SAPD, maatskaplike werkers en immigrasie-owerhede aangepak in verskeie plekke van die buurt waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind. Hawelose mense se profiele is ook nagegaan en uit die buurt verplaas of verwyder.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook talle suksesse behaal het.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.
  • Die tak het die Brackenfell-buurtwag gestig. 
  • Die Bellville-buurtwag en Philippi-plaaswag het saam met die nuutgestigte Brackenfell-buurtwag aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Taklede het voortgegaan met hulle volhoubare skoonmaakprojek van die parke in die omgewing. Tydens Oktober is rommel opgetel wat ’n totaal van 95 000 m² beslaan het.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is.
  • Die Sektor 4B-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • As deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het die Sektor 4B-buurtwag elke naweek saam met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye operasies gehou. Ses-en-sestig lede het in 36 voertuie 295 manure aan patrollies en operasies spandeer. Vyf insidente is ook aangeteken.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig en het talle suksesse behaal.
  • Malmesbury-buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • As deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het die Malmesbury-buurtwag elke naweek saam met die SAPD, privaat sekuriteitsmaatskappye en ander wetstoepassingsowerhede operasies gehou.
  • Die tak het ’n suksesvolle skietdag vir die jeug op Moorreesburg aangebied.
  • Die tak het met die munisipale bestuurder vergader om samesprekings te voer oor ’n samewerkingsooreenkoms tussen die twee partye.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se veiligheidstrukture het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het fase 1 van hul kameraprojek uitgerol wat meer as R220 000 beloop het. Verskeie suksesse is aangeteken danksy die hulp van die kameras, waaronder drie suksesvolle inhegtenisnames. Fase 2 word beplan in samewerking met Cape Nature.
  • As deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het die tak se veiligheidstrukture ekstra patrollies gery en operasies voltooi. Tydens een van dié operasies het hulle saam met die SAPD inligting opgevolg oor ’n dwelmsmous wat tik van Saldanha ingebring het.
  • Die tak se veiligheidstrukture het die SAPD ondersteun tydens ’n staking by een van die myne in die area. Hulle het onder meer gehelp om alternatiewe roetes vir die publiek te beveilig.

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Hopefield-plaaswaglede het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om onderskeidelik hul gemeenskap te beveilig en informasie te versamel.
  • Die Langebaan-buurtwag en Hopefield-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak se veiligheidstrukture het tydens die #OnsDorpOnsVieligheid-projek hulle patrollies opgeskerp en ekstra patrollies gery.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n bewusmakingsdag by die Mondeor Skool gehou.
  • Die buurtwag het gereageer op ’n noodroep oor ’n inbraak op ’n nabygeleë plaas; lede het binne minute gereageer om die area te patrolleer en te beveilig. Geen verdagtes is opgespoor nie, maar gesteelde goedere is wel in asblikke op die perseel gevind.
  • Die tak het ’n stalletjie tydens die Gordonsbaai Primêre Skool se gholfdag beman om bewusmaking te skep en ledewerwing aan te wakker.
  • Die tak het aan ’n opknappingsprojek in samewerking met Stad Kaapstad deelgeneem waartydens mure naby die Gordonsbaai-strandfront geverf is.

Overstrand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het vinnig gereageer ter ondersteuning van die SAPD, wetstoepassingsowerhede en sekuriteitsmaatskappye toe ’n gesoekte voertuig opgemerk is.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het ’n werkswinkel oor selfverdediging vir lede van die publiek aangebied.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het gereorganiseer en nuwe bestuurslede bygekry, asook terugvoer aan die gemeenskap gegee oor die tak se toekomstige projekte.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het koeldranke wat ná die nasionale massapatrollie oorgebly het aan hawelose mense uitgedeel.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het vyf sonkragligte aangekoop en by die Toevlug-rehabilitasiesentrum geïnstalleer.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die kunstenaar Appel het opgetree tydens ’n funksie om die tak se bouprojek van die jaar te vier.
  • Die Herold- en Kammanassie-plaaswag het ’n gebeurlikheidsplan vir veediefstal ingeoefen.
  • Herold-plaaswaglede het vyf diewe vasgetrek wat vleis op ’n ongelukstoneel wou steel.
  • Die Hoekwil-plotwag en Victoriabaai-buurtwag het saam met ander buurtwagte en die SAPD aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die Herold- en Geelhoutboom-plaaswag, asook die Victoriabaai-buurtwag het aan Eden Steunkring se veiligheidswaardering deelgeneem.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het druk op die Hessekwa Plaaslike Munisipaliteit geplaas om die gras op die treinspoor tussen Riversdal en Heidelberg te sny.
  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Riversdal-buurtwaglede het aan Eden Steunkring se veiligheidswaardering deelgeneem.

Kaap Agulhas

  • Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Struisbaai-buurtwag het ’n massapatrollie gehou om bewusmaking in L’Agulhas en Struisbaai te skep.
  • Die tak het ’n straatherstelprojek afgeskop deur straatname in Struisbaai te begin verf.
  • Taklede het tien witmelkhoutbome aan die Zoetendal Akademie geskenk as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die buurtwag het aan Eden Steunkring se veiligheidswaardering deelgeneem.
  • Die tak het in September en Oktober 111 bome geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het sewe bome by ’n ouetehuis geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.
  • Die Groot Brak-, Glentana-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. Meer as 40 voertuie het deel van die Midbrak-buurtwag se konvooi gevorm, terwyl vier sekuriteitsmaatskappye ook deel was daarvan.
  • Die Midbrak- en Groot Brak-buurtwag het aan Eden Steunkring se veiligheidswaardering deelgeneem.
  • Die Midbrak-buurtwag het gehelp om ’n verdagte wat by ’n voertuig ingebreek het vas te trek.
  • Die SAPD het die Midbrak-, Groot Brak-, Glentana- en Danabaai-buurtwag genooi om deel te neem aan ’n operasie om onwettige immigrante by voertuigbeheerpunte vas te trek.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Oudtshoorn-buurtwaglede het aan Eden Steunkring se veiligheidswaardering deelgeneem.
  • Die tak het via Hurter Spies Ing., AfriForum se prokureurs, ’n dringende skrywe oor die riooltariewesaak aan die Oudtshoorn Plaaslike Munisipaliteit gerig.
  • Die Oudtshoorn-buurtwag het sluipslapers en hul onwettige strukture in Vredestraat laat verwyder deur druk op wetstoepassingsowerhede en die SAPD te plaas

Langeberg (Robertson)

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het bome gesnoei en wandelpaadjies uitgelê in die Bonnievale Natuurtuin as deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem.
  • Die tak het drie bome by ’n ouetehuis op die dorp geplant as deel van AfriForum se boomplantmaandprojek.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens ’n soektog na verdagtes wat by torings in die omgewing ingebreek het.

GAUTENG

GROTER PRETORIA-SUID

Centurion

  • Die buurtwag het op uitnodiging in samewerking met ander rolspelers aan ’n uiters suksesvolle hoësigbaarheidsoperasie in die Mnandi-omgewing deelgeneem.
  • Die tak se buurtspan het die rondomtalie in Furmanpark in Valhalla reggemaak en oorgeverf sodat die gemeenskap dit weer kan gebruik.
  • Die tak se buurtspan het ’n groot hoeveelheid boomtakke in Centurion opgekap.
  • Die tak se herwinningspan het sakke by deelnemende inwoners gaan afhaal.
  • Buurtwaglede het die insittendes van ’n voertuig vasgetrek wat bourommel onwettig gestort het.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se buurtspan het gehelp om die rolbalbane netjies te hou.
  • Die tak se buurtspan het drie asblikke in Mopaniweg in Hennopspark namens inwoners leeggemaak.
  • Die tak se buurtspan het ’n gevaarlike slaggat op die hoek van die R101 (Ou Johannesburgweg) en Ruimteweg in Clubview opgevul.
  • Die buurtwag het verdagtes vasgetrek wat verdink word van die onwettige storting van geslagte diere se beendere en huide op die R114 naby die N14-snelweg. Buurtwaglede het met die ondersteuning van die Tshwane-metropolisie en die SAPD Erasmia ’n boete van R5 000 uitgereik.

Pionier

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Pretoria-Wes

  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Hennopsrivier

  • Die Hills & Dales-buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Pretoria-aksiespan

  • Die span het ses oorhoofse verkeerspale in Atterburyweg oorgeverf.
  • Spanlede het agt opgevulde slaggate geseël.
  • Die span het hul verfprojek by die ingang na Glossa Estate in Moreletapark voltooi.
  • Spanlede het ’n skoonmaakprojek op Hans Strijdomweg aangepak.
  • Die span het 21 bome wat deur AfriForum geplant is natgelei en in stand gehou.
  • Spanlede het 111 onwettige advertensieborde verwyder.

GROTER PRETORIA-NOORD

Apiesrivier

  • Die tak het ’n skenkingsveldtog van stapel gestuur om ondersteuning aan die gemeenskap te bied nadat hulle krag vir 11 dae af was.

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 2 204 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 201 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het 1 211 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se buurtspan het 18 parke se gras gesny en skoongemaak rondom dié parke.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 3,5 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het sewe persele skoongemaak.

Bronkhorstspruit

  • Die buurtwag het patrollies gehou rondom die Hoërskool Erasmus se terrein terwyl ’n fees daar aangebied is. Na afloop van die verrigtinge het twee buurtwaglede die kunstenaar vergesel terug Pretoria toe.
  • Die buurtwag het ’n bewusmakingsaksie vir matrikulante van die Hoërskool Erasmus gehou om hulle sterkte toe te wens met die eindeksamen.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het in totaal 215 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het baie tyd in die spruite bestee om oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome te snoei en te verwyder.
  • Die tak se buurtspan het 29 vragte rommel weggery.
  • Buurtwaglede het 148 patrollies gery waartydens 2 132 km in 288 manure afgelê is.
  • Die buurtwag se inligtingsnetwerk het vrugte afgewerp deur te lei tot die inhegtenisname van ’n verdagte vir diefstal en saakbeskadiging.
  • Buurtwaglede het ’n suksesvolle patrollie op die Magaliesberg gehou.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Wes-Moot

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag se beheerkamerpersoneel het in samewerking met die Tshwane-metropolisie en Uberwachung All Secure Corp ’n verdagte voertuig opgemerk en afgetrek, waarna beslag gelê is op verskeie items en toerusting waarmee daar vermoedelik ingebreek kan word soos ’n koevoet, ’n slotknipper, ’n byl en ’n ystersaag.
  • Een van die tak se lede is verkies tot plaaslikeregeringsbeampte.

Moreletapark

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Bronberg

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Roodepoort

  • Die tak se tuinspan het 21 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se tuinspan het 265 m² gras gesny.
  • Die buurtwag het 3 580 km in 705 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak se protospan is ontbied om ’n maatskappy te ondersteun waar daar ingebreek is en groot verliese weens die inbraak gely het.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD ondersoek ingestel na ’n onwettige myndelfoperasie. Agt lasbriewe is uitgereik vir die inhegtenisneming van onwettige Basotho’s, terwyl daar ook beslag gelê is op staalballe, kragopwekkers en verskeie stukke gereedskap wat tydens onwettige myndelwery gebruik word.      
  • Buurtwaglede het die Honeydew-gemeenskap ondersteun nadat hulle na die buurtwag uitgereik het vir hulp weens aanhoudende kabeldiefstal en inbrake by wonings. ’n Suksesvolle operasie is uitgevoer en drie verdagtes is in hegtenis geneem.   
  • Die buurtwag het op verskeie ongelukstonele ondersteuning gebied deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het pamflette in Witpoortjie uitgedeel om sigbaarheid te verbeter.

Johannesburg-Noord

  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die Linden Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) se Community in Blue-patrolleerders uitgevoer. Die operasie het plaasgevind tydens ’n beplande kragonderbreking.
  • Buurtwaglede het gehelp om hawelose mense te verwyder wat onder ’n sleepwa-advertensiebord geslaap het.
  • Die tak het 150 bome aan verskeie skole en gemeenskapsorganisasies geskenk as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het ondersoek ingestel by ’n huis in Barend Buysstraat ná ’n klagte ontvang is oor ’n vrou wat aanhoudend skreeu.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied nadat daar by die substasie in Carpentierstraat ingebreek is. Boosdoeners het toegang tot die substasie verkry deur die draad te knip ten einde kabels te steel.
  • Die buurtwag is ontbied na ’n woning in Goodyearstraat nadat ’n verdagte oor die muur gespring het. Die verdagte het egter reeds gevlug teen die tyd dat buurtwaglede daar opgedaag het.
  • Buurtwaglede het vlugtig gereageer ná ’n ontploffing by die substasie op die hoek van Westinghouseboulevard en Petterstraat. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit is darem besig om die skade te herstel.
  • Die tak se buurtspan het twee keer deur die loop van die maand blare opgetel op die middelman voor die Herfsoord-ouetehuis, waarna dit na die vullisterrein buite Orange Farm weggery is.
  • Die tak se buurtspan het drie keer deur die loop van die maand blare opgetel en skoongemaak by Phoenixpark, waarna dit na die vullisterrein buite Orange Farm weggery is.
  • Die tak se buurtspan het blare opgetel aan die agterkant van die Herfsoord-ouetehuis teen Barrageweg, waarna dit na die vullisterrein buite Orange Farm weggery is.
  • Die tak se buurtspan het blare opgetel in die veld naby Herbertstraat, waarna dit na die tak se basis weggery is.
  • Die tak se buurtspan het die tak se basis, rondom die takkantoor én die middelman naby die takkantoor skoongemaak, waarna dit na die vullisterrein buite Orange Farm weggery is.

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het ’n veiligheidsbewusmakingsgeleentheid bygewoon wat deur die SAPD en die plaaslike GPF aangebied is en wat ten doel gehad het om gemeenskapslede bewus te maak van veiligheidskwessies tydens die feestyd.
  • Die tak het ’n span werkers aangestel wat weekliks tuinwerk by die Brackendowns-polisiestasie gedoen het. Dié terrein dek ongeveer 13 000 m².
  • Die tak se brandspan het gehelp om ’n brand wat by ’n plaaslike onderneming uitgebreek het, te bestry.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak se brandspan het die brandweer ondersteun met die blus van ’n huisbrand in Brackenhurst. ’n Inwoner se lapa het binne 5 minute afgebrand.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die Swartkoppies-brug deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die hoek van J.G. Strijdomweg en Hennie Albertsstraat deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig. Altesaam 70 persone (waarvan 40 AfriForum-patrolleerders is) het ’n totaal van 4 400 km afgelê.
  • Die tak se brandspan het ’n brand by ’n huis in Mayberry Park help blus, waarna die toneel aan die brandweer oorhandig is.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Mayberry Park deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Meyersdal deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede is na New Redruth ontbied nadat ’n vrou aangerand en met ’n mes gesteek is. Nooddienste is ontbied en die vrou is na ’n hospitaal vervoer.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun op ’n toneel in Thokoza nadat ’n vragmotor geplunder en aan die brand gesteek is.

Brakpan

Benoni

  • Taklede het saam met ER24 die noodhulpstasie beman tydens die N.G. Kerk Rynfield se kermis. Hulle het terselfdertyd bewusmaking onder gemeenskapslede oor AfriForum geskep.
  • Die tak het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n skoonmaakprojek in Bunyanstraat gehou.
  • Taklede het twee nuwe vullisdromme in Benoni aangebring om die dorp skoner te hou. Die tak maak dié vullisdromme ook weekliks leeg.
  • Taklede het addisionele statiese ANPR-kameras op strategiese punte opgerig om hulle kameranetwerk uit te brei ten einde die Benoni-gemeenskap te beveilig. Hierdie gemeenskapskameranetwerk het reeds 2, 160 423 lesings tot dusver geneem.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Northmead deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede het aan ’n gesamentlike hommeltuigoperasie deelgeneem om ysterpenlokvalle op die N12-snelweg te bekamp.

Edenvale

  • Die tak het ’n instandhoudingsprojek in Eastleigh gehou waartydens hulle verkeerseilande netjies gemaak en randstene geverf het.
  • Die tak het ’n instandhoudingsprojek in Edenglen gehou waartydens hulle verkeerseilande netjies gemaak en randstene geverf het.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Germiston

  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig. Patrolleerders het in 24 voertuie ’n totaal van 900 km afgelê.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek in Lambton gehou waartydens hulle ook die gras rondom die substasie in Frankstraat gesny het.

Kempton Park

  • Die tak het ’n helpende hand aan die gemeenskap uitgereik deur hulle mobiele gesondheidsentrum gratis aan die bejaarde inwoners van Lenitas-, Herfsland- en Allen Park-aftreeoord, asook ander bejaarde inwoners van Kempton Park beskikbaar te stel. Sodoende word gratis basiese gesondheidsdienste gelewer.
  • Tak- en gemeenskapslede het saam ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
  • Die tak het ’n voertuig wat verlate langs die pad gevind is (vermoedelik met ’n leë brandstoftenk) na die polisiestasie in Crystal Park geneem.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig. Nagenoeg 40 patrolleerders het ’n totaal van 4 765 km afgelê.
  • Die tak het addisionele ANPR-kameras by hulle reeds bestaande netwerk gevoeg as deel van hulle kameraprojek om Kempton Park te beveilig.
  • Die buurtwag het die gemeenskap ondersteun deur sigbaarheidspatrollies in Bredell te hou tydens ’n kragonderbreking en die inwoners sodoende te beveilig. Geen misdaadvoorval is in dié tydperk aangemeld nie.
  • Taklede het aan ’n gesamentlike hommeltuigoperasie deelgeneem wat ten doel gehad het om die voorkoms van ysterpenlokvalle op die N12-snelweg te ontmoedig.
  • Die tak het met behulp van sy ANPR-kameranetwerk ’n vermiste vrou help opspoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer. Buurtwaglede het ook die padoppervlak beveilig deur ’n oliestorting skoon te maak.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná inligting ontvang is oor ’n chemiese brand wat in Pomona uitgebreek het. Buurtwaglede het gehelp om gasbottels te verwyder en het die toneel aan die brandweer oorhandig.
  • Buurtwaglede is ontbied na ’n toneel waar ’n OTM in Bredell opgeblaas is, waarna die toneel aan SAPD-speurders oorhandig is.
  • Die buurtwag het die verkeer gereguleer op die toneel waar ’n bees raakgery is. Die DBV het die bees uiteindelik verwyder.
  • Buurtwaglede het verkeer op die R25 gereguleer nadat ’n vragmotor wat bande vervoer het van dié bande op die pad verloor het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op Great Northweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die tak het verkeerstrepe in Bredell oorgeverf aangesien die afwesigheid daarvan ’n groot gevaar vir sowel motoriste as voetgangers ingehou het.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op die toneel waar ’n tref-en-trap-voorval plaasgevind het. Nooddienste is ontbied om die beseerde te behandel.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná inligting ontvang is oor ysterpenlokvalle op die R21 (Pomona-brug). Die pad is skoongemaak en voertuie wat reeds deur die ysterpenne beskadig is, is beveilig terwyl motoriste hulle bande omgeruil het.
  • Die tak het ’n suksesvolle veiligheidsbewusmakingsdag by die Bredell-winkelsentrum gehou.

Springs

  • Die tak het in samewerking met wetstoepassingsowerhede gehelp om ’n verdagte vas te trek wat by kredietkaartdiefstal betrokke was.
  • Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig. Nagenoeg 12 patrolleerders het ’n totaal van 826 km afgelê.
  • Taklede het in samewerking met wetstoepassingsowerhede gehelp om ’n gesteelde voertuig op te spoor. Een verdagte is in hegtenis geneem vir gewapende roof.
  • Die tak het in samewerking met wetstoepassingsowerhede gehelp om ’n gesteelde voertuig, wat ook by ’n tref-en-trap betrokke was, vas te trek. Een verdagte is in hegtenis geneem en die voertuig is na die Springs-polisiestasie geneem.
  • Die buurtwag het op ’n verlate voertuig afgekom waarin motoronderdele, toerusting wat tydens motordiefstal gebruik word en addisionele nommerplate gevind is.
  • Taklede het in samewerking met wetstoepassingsowerhede gehelp om ’n gesteelde voertuig wat verlate by die Springs Mall gevind is, aan die polisie te oorhandig.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike wetstoepassingsowerhede en sekuriteitsmaatskappye ’n gesteelde voertuig agtervolg en vasgetrek. Die bestuurder is deur die SAPD in hegtenis geneem en die voertuig is na die polisiestasie geneem.
  • Die tak het aan AfriForum se boomplantmaandprojek deelgeneem deur ’n inheemse boom by die eendedam op die dorp te plant.
  • Die tak se tuinspan het die eendedam in Springs skoon en netjies gehou.

MPUMALANGA

HOËVELD

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp. Tot op hede is nagenoeg 1,7 miljoen liter water vanaf die boeregemeenskap ontvang en versprei. Water is ook afgelewer by die Laerskool H.M. Swart, die Laerskool Marietjie van Niekerk en die Palmoord- en Silwerjare-ouetehuis.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Die tak het weer ’n groot oes spinasie uit hul gemeenskapstuin aan die Silwerjare-ouetehuis en die Bethal-sopkombuis geskenk.
  • AfriForum is in ’n regstryd gewikkel om watervoorsiening vir die gemeenskap te verseker.

TEKS (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak se buurtspan het ongeveer 8 500 m² skoongemaak, insluitend Leydsstraat en rondom die Marietjie Skool (skool vir leerders met spesiale onderrigbehoeftes).
  • Die tak se buurtspan het 900 sakke teer gebruik om die onderstaande strate te herstel teen ’n koste van sowat R73 000.
    • Tugelastraat
    • Bergrivierstraat
    • Renosterbergstraat
    • Stowstraat
    • Mckaystraat
    • Sammy Marksstraat
  • Taklede het aan Operasie Hoofweg deelgeneem. Hiertydens het die tak se hommeltuigvlieëniers gehelp om die N12-snelweg buite Delmas te patrolleer en die pad veiliger te maak. Die area is baie berug vir kapings en ysterpenlokvalle.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het twee verdagtes in hegtenis geneem.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het dwelms gevind tydens ’n operasie.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ondersteuning aan motoriste gebied ná verskeie ysterpenvoorvalle op die N12-snelweg.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het Operasie Hoofweg op die N12-snelweg geloods in samewerking met AfriForum se lugvleuels in Mpumalanga en Gauteng, asook die SAPD.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het gehelp om die Delmas Makietie se perseel te beveilig danksy deurlopende patrollies tydens die geleentheid.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het vyf gesteelde beeste teruggevind, asook 100 liter diesel wat gesteel is.
  • Delmas Valke-buurtwaglede se mediese span het ondersteuning gebied tydens 19 mediese noodgevalle.

Ermelo en Chrissiesmeer

  • Taklede het 26 sakke rommel uit die dorpe verwyder deur weekliks die vullisdromme leeg te maak.
  • Die tak het twee watertenks aan die Laerskool Breyten geskenk.
  • Taklede het aan Operasie Hoofweg deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Piet Retief

  • Die buurtwag het sy maandelikse massapatrollie gehou om sy gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aan Operasie Hoofweg deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Standerton

  • Taklede was deel van ’n brandoefening by die Ummbila Emoyeni-windplaas.
  • Die tak het met die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit se burgemeester vergader en probleme rakende dienslewering en watervoorsiening bespreek.
  • Taklede het die Morgenzon-brandweer se heining herstel.
  • Die buurtwag het aan verskeie operasies saam met die SAPD deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op sewe ongelukstonele deur die tonele te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het gehelp om drie brande te blus.
  • Buurtwaglede het gehelp om twee verdagtes in hegtenis te neem.

Middelburg

  • Die buurtwag het aan Operasie Hoofweg deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het namens ’n SAPD-lid remskoene vir sy werksvoertuig gekoop sodat die voertuig nie vir ’n onbepaalde tydperk ongebruik staan nie.

Witbank

  • Die tak het ’n naambord vir die Blancheville-buurtwag geborg en dit aan dié buurtwag oorhandig.
  • Die tak het ligte aan die Blancheville-buurtwag geskenk vir dié buurtwag se ligteprojek.
  • Taklede het aan AfriForum se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek deelgeneem en meer as 70 bome by verskeie skole en organisasies in Witbank geplant.

LAEVELD

Nelspruit

  • Die tak het ’n nuwe vuurvegter vir sy lede aangekoop.
  • Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Taklede het 50 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte.

Witrivier

  • Die tak het R10 000 aan die Kruger Lowveld Chamber of Business and Tourism se kameraprojek geskenk.
  • Tien patrollielede het aan Operasie Hoofweg deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Taklede het ’n hofbevel met koste verkry teen die Emakhazeni Plaaslike Munisipaliteit.

Machadodorp

Dullstroom

  • Die tak het 45 sakke teer en 50 liter SS60 Bitumen gebruik om slaggate in die dorp op te vul, te seël en die padoppervlak te verbeter.
  •  
  • LIMPOPO

Naboomspruit

  • Taklede het die hele dorp se vullis verwyder.
  • Die tak het voortgegaan met sy straatnaamprojek.
  • Taklede het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
  • Die tak het slaggate in die hoofstraat opgevul.
  • Taklede het padmerkers oorgeverf.

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.

Phalaborwa

  • Taklede het water aan inwoners voorsien tydens watertekorte in die dorp.

Potgietersrus  

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van vier brande in die omgewing.

Groblersdal

  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig.

Ellisras

  • Die Beska-plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.
  • Beska-plaaswaglede het paaie geskraap om dit meer begaanbaar vir voertuie te maak.
  • Ellisras-buurtwaglede het verskeie brande in die omgewing geblus.
  • Die Ellisras-buurtwag en Beska-plaaswag het ’n knipmesbraai gehou.

Messina

  • Buurtwaglede het die gemeenskap ondersteun ná onlangse vloede in die gebied.
  • Die tak het druk op die Musina Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende toegang tot voldoende en volhoubare waterlewering ná onlangse vloede.

Pietersburg

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing.
  • Die Pietersburg-Suid-plaaswag het drie LPR-kameras opgerig.
  • Die tak het druk op die Polokwane Plaaslike Munisipaliteit geplaas rakende toegang tot voldoende en volhoubare waterlewering.

Thabazimbi

  • Die tak het gehelp om oplossings vir die rioolprobleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het die SAPD tydens ’n operasie ondersteun.
  • Taklede het die reservoirs in die dorp herstel.
  • Die tak het slaggate in die dorp opgevul.
  • Taklede het ’n waterlekkasie herstel.

Tzaneen

  • Die tak het ondersteuning gebied tydens die aanbring van spoedwalle voor ’n plaaslike laerskool.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande in Letsitele.

Soortgelyke plasings