TAKSUKSESSE: NOVEMBER 2024
OOS-KAAP
Elliot
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
Jeffreysbaai
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n addisionele tien bome aan die Dorp van Drome-inisiatief geskenk as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek.
- Taklede het die ingang na Jeffreysbaai ’n nuwe voorkoms gegee danksy die oprigting van ’n AfriForum-bord.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek by die MOTH-gedenkteken op die dorp van stapel gestuur. Die gebied gaan skoongemaak word, waarna ’n heining ook opgerig sal word.
Oos-Londen
- Die tak het met die RPA vergader om ’n samewerkingsooreenkoms vir 2025 te bewerkstellig, waaronder vir die deurlopende opvul van slaggate.
Port Elizabeth
- Die Broadwood-, Walker Drive- en Sherwood-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Colchester-plaaswaglede het inligting aan die SAPD verskaf met betrekking tot ’n belangrike rolspeler in dwelmhandel.
- Twee lede van die Colchester-buurtwag het AfriForum se intelligensiekursus bygewoon.
- Twee lede van die Broadwood-buurtwag het AfriForum se intelligensiekursus bygewoon.
- Vier lede van die Walker Drive-buurtwag het AfriForum se intelligensiekursus bygewoon.
- Die Colchester-buurtwag het water voorsien aan inwoners ouer as 60 tydens watertekorte.
- Colchester-buurtwaglede het twee magsvertoonpatrollies in Colchester uitgevoer.
- Die Walker Drive-, Broadwood- en Sherwood-buurtwag het opleiding in brandbestryding ontvang. Die kursus is aangebied deur Tarien Cooks, AfriForum se rampbestuurspesialis.
Uitenhage
- Die Mosel-buurtwag en Winterberg-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die Mosel-buurtwag het ’n magsvertoonpatrollie saam met Atlas Sekuriteit en WOGA uitgevoer.
- Mosel-buurtwaglede het op twee geleenthede kabeldiewe vasgetrek en gesteelde koperkabels (±200 m lank) teruggevind.
- Taklede het R170 000 se voedselskenkings van Sovereign Foods aan inwoners versprei ná die onlangse vloede op die dorp.
- Die Winterberg-plaaswag het kentekens aangebring by ’n brug op die Addo-roete wat deur die onlangse vloede beskadig is.
- Die tak het in samewerking met die Port Elizabeth-tak ’n brandbestrydingskursus vir hul lede aangebied. Vyf-en-veertig mense het die opleiding bygewoon.
- Die Sondagsriviervallei- en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
WES-KAAP
Cederberg
- Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek, vanaf die visfabriek tot by die kampterrein) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
- Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjies vir toeriste en vakansiegangers is.
- Die tak het ’n inligtingsaand aangebied waartydens hulle plaaslike sakemanne meer vertel het oor AfriForum se werksaamhede op sowel plaaslike as nasionale vlak.
Durbanville
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het as deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek ekstra operasies saam met die SAPD, maatskaplike werkers en immigrasie-owerhede aangepak in verskeie plekke van die buurt waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind, asook rondom talle plase in die omgewing. Hawelose mense se profiele is ook nagegaan en uit die buurt verplaas of verwyder.
Kaapstad-Noord
- Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook talle suksesse behaal het.
- Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.
- Taklede het voortgegaan met hulle volhoubare skoonmaakprojek van die parke in die omgewing. Tydens November is rommel opgetel wat ’n totaal van 95 000 m² beslaan het.
Kraaifontein
- Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
- Die Sektor 4B-buurtwag het deurlopend patrollies gery waartydens talle suksesse behaal is.
- As deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het die Sektor 4B-buurtwag elke naweek saam met die SAPD en privaat sekuriteitsmaatskappye operasies gehou.
Malmesbury
- Die Rondeberg- en Malmesbury-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- As deel van die #OnsDorpOnsVeiligheid-projek het die Malmesbury-buurtwag elke naweek saam met die SAPD, privaat sekuriteitsmaatskappye en ander wetstoepassingsowerhede operasies gehou.
Matzikama
- Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die Matzikama-buurtwag en Klawer-plaaswag het in samewerking met die SAPD ondersteuning gebied ná ’n gru-ongeluk op die treinspoor.
- Fase 1 van die tak se kameraprojek het talle suksesse opgelewer deurdat voertuie met gesteelde items, asook gesteelde voertuie dadelik geïdentifiseer kon word en die SAPD in kennis gestel is.
- Sowat 65 lede van die Matzikama-plaaswag het ’n praatjie deur Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, bygewoon. Tydens hierdie praatjie is die onderwerp van indiensname van onwettige immigrante bespreek, asook watter regte boere in sekere situasies het.
Weskus
- Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Hopefield-plaaswaglede het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om onderskeidelik hul gemeenskap te beveilig en informasie te versamel.
- Die Hopefield-plaaswag het die brandweer gehelp om ’n brand in die omgewing te blus. Dít volg nadat die Saldanha-brandweerdiens brandopleiding aan die Hopefield-plaaswag gebied het.
- Die tak het aan ’n skoonmaakprojek teen die kus en langs die strand deelgeneem waartydens meer as 450 sakke vullis opgetel en verwyder is.
De Doorns
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n skrywe aan die Breedevallei Plaaslike Munisipaliteit gerig om as gemeenskapsorganisasie erken te word.
Helderbergkom
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het op ’n noodroep gereageer en ondersteuning op ’n ongelukstoneel gebied deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
Overstrand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het vinnig gereageer ter ondersteuning van die SAPD, wetstoepassingsowerhede en sekuriteitsmaatskappye toe ’n gesoekte voertuig opgemerk is deur hul hommeltuig in te span.
- Die tak het kos en water aan brandweermanne geskenk wat onverpoosd gewerk het om brande te blus.
Paarl
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n stalletjie tydens ’n skoolfunksie beman deur worsbroodjies te verkoop. Dit is gedoen ter bewusmaking van die tak se projekte en veldtogte.
Stellenbosch
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het twee bome aan die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit geskenk en dit in samewerking met munisipale werkers geplant.
Strand
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het ’n bewusmakingsdag oor gemeenskapsveiligheid gehou.
Theewaterskloof
- Die tak het ’n stalletjie tydens ’n potjiekoskompetisie beman ter bewusmaking van die nuutgestigte tak.
Worcester
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het speelgoed en eetgerei aan die Tiny Steps-dagsorgsentrum geskenk.
George
- Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en die Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak se jeugvleuel het ’n staproete aangepak, asook ’n mini-SASS-watertoets uitgevoer.
- Die Geelhoutboom-plaaswag het ’n radio aan die SAPD oorhandig om beter samewerking en kommunikasie te bewerkstellig.
- Twee lede van die Geelhoutboom-plaaswag het elk ’n sertifikaat van waardering van die SAPD ontvang vir hul toewyding tot die bekamping van misdaad.
Hessekwa
- Die Riversdal-buurtwag, asook die Albertinia- en Kannaland-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het ’n bemarkingsbord aangebring by ’n skool in Heidelberg.
- Drie lede van die Albertinia-plaaswag het elk ’n sertifikaat van waardering van die SAPD ontvang vir hul toewyding tot die bekamping van misdaad.
- Taklede het ’n sonkraglig in Albertinia aangebring.
Kaap Agulhas
- Die Struisbaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Struisbaai-buurtwaglede het vlak 1-opleiding in patrollies en regsaspekte ontvang.
- Die tak het bemarkingsplakkers op 30 vullisdromme in Struisbaai aangebring.
- Taklede het 60 straatname in Bredasdorp oorgeverf.
Knysna
- Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
- Die tak het deurlopend watertoetse in Sedgefield en Knysna uitgevoer.
- Taklede het ’n projek aangepak om die openbare badkamers in Sedgefield en Knysna te herstel en skoon te maak.
Mosselbaai
- Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak se jeugvleuel het gehelp om ’n kleurwedloop van Solidariteit Helpende Hand aan te bied, terwyl hulle ook daaraan deelgeneem het.
- Sowel die tak as die tak se jeugvleuel het kranse gelê tydens die Veterane Herdenkingsdagparade.
Oudtshoorn
- Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig
- Taklede het die Luscombe-park gereeld skoongemaak.
- Die tak het ’n nuwe park in Kortstraat aangeneem. Taklede het dié park skoongemaak, gras gesny, onkruid verwyder en ongeveer 70 sakke vullis en tuinrommel opgetel en weggery.
- Buurtwaglede het ’n massapatrollie saam met die SAPD en ander rolspelers gehou.
- Die buurtwag het twee VBP’s saam met die SAPD gehou.
Langeberg (Robertson)
- Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het 20 bome aan ’n laerskool in Ashton geskenk as deel van AfriForum se jaarlikse nasionale boomplantmaandprojek.
Swellendam
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het gereeld voetpatrollies in die dorp begin hou om straatkinders wat skade aanrig af te skrik.
VRYSTAAT
HOOGLAND
Bethlehem
- Die tak se buurtspan het 2 000 m² gras gesny by die plaaslike museum.
- Die tak se buurtspan het 1 000 m² gras gesny by die dorp se jukskeibane.
- Die tak se buurtspan het 60 sakke vullis opgetel in ’n veld oorkant ’n winkelsentrum.
- Die tak se buurtspan het 80 slaggate (50 m²) opgevul; 2 500 kg teer is hiervoor aangewend.
- Buurtwaglede het ’n gebeurlikheidsplan ingeoefen saam met die SAPD, nooddienste en ander veiligheidsrolspelers.
- Die buurtwag het ’n samewerkingsooreenkoms met die SAPD onderteken, asook ’n sertifikaat ontvang tydens die SAPD se jaarlikse prysuitdeling.
- Negentien buurtwaglede het in samewerking met die SAPD ’n klopjag gehou waartydens verskeie inhegtenisnames uitgevoer is.
- Die buurtwag het die SAPD ondersteun nadat ’n huisroof by die Mary Ann-kleinhoewes buite die dorp plaasgevind het.
Kroonstad
- Die tak se buurtspan het klimrame aangekoop en dit by ’n park in Kroonstad aangebring.
- Die tak se buurtspan het 25 asblikke met die AfriForum-logo daarop by Jukskeipark aangebring.
- Die tak se buurtspan het agt sonkragligte by ’n park in die dorp en vier sonkragligte by die plaaslike polisiestasie aangebring.
Bultfontein
- Die tak se nuutverkose bestuurslede is reeds ten volle funksioneel.
- Die buurtwag het ses nuwe gedragskodes ontvang.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
MOOIRIVIER
Bothaville
- Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het in samewerking met munisipale werkers 9,8 ton teer gebruik om 98 slaggate op te vul.
Heilbron
- Die tak het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
- Taklede het skoonmaakprojekte gehou en gras gesny by sowel die plaaslike begraafplaas as die Riemland Museum.
Parys
- Die tak het met die bestuur van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit vergader.
- Taklede het besoek by die watersuiweringswerke afgelê.
- Die tak het 120 sakke teer gebruik om 90 slaggate op te vul.
Sasolburg
- Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
- Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
- Buurtwaglede het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
- Die buurtwag het met ’n operasie begin om deelnemende lede se hekmotors en -batterye met ’n unieke kode te merk.
- Die tak het 40 liter wit verf aan die Van Riebeeck-gemeenskapsentrum geskenk.
- Taklede het 105 sakke teer gebruik om 65 slaggate op te vul.
- Die tak het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
- Die tak het 2,4 ha gras gesny.
Viljoenskroon
- Taklede het 20 sakke teer gebruik om 30 slaggate op te vul.
NOORDWES
MOOIRIVIER
Klerksdorp
- Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
- Die tak het vullisdromme by die Spar in Doringkruin aangebring.
- Taklede het Danie Els na die rioolsuiweringswerke buite die dorp vergesel sodat hy verslag daaroor kan doen tydens ’n hofsaak.
- Die tak het bederfpakkies aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Saamtrek oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
Potchefstroom
- Buurtwaglede het talle patrollies aangepak waartydens groot afstande afgelê is.
- Die tak het 58 m² se slaggate opgevul.
- Die buurtwag het ’n leidende rol gespeel in die inhegtenisname van twee verdagtes wat sedert Januarie al 51 Toyota-voertuie in Potchefstroom gesteel het.
Stilfontein
- Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
STELLALAND
Christiana
- Die tak het ’n groot skoonmaakprojek aangepak wat behels het dat 11 erwe, tien strate, ’n vlei en albei ingange na die dorp skoongemaak is. Taklede het as deel van AfriForum se #OnsDorpOnsVeiligheid-projek saam met plaaslike ondernemings en organisasies gewerk om die dorp te verfraai. Rommel, boumateriaal en tuinvullis is verwyder, etlike hektaar gras is gesny en bome se takke is gesnoei om die woonbuurte weer skoon en netjies te laat lyk.
GAUTENG
GROTER PRETORIA-NOORD
Noord van die berg
- Die tak se buurtspan het 1 570 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se buurtspan het 196 vragte vullis weggery.
- Die tak se buurtspan het 1 031 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
- Die tak se buurtspan het 12 parke se gras gesny en skoongemaak rondom dié parke.
- Die tak se buurtspan het in totaal 2,5 ha gras gesny.
- Die tak se buurtspan het agt persele skoongemaak.
Bronkhorstspruit
- Die buurtwag het aan die Solidariteit Beweging se Bela-optog deelgeneem.
- Buurtwaglede het ’n bewusmakingsaksie gehou om staatsinfrastruktuur te beskerm.
Groter Moot
- Die tak se buurtspan het in totaal 92 manure met kettingsae in die hand bestee.
- Die tak se buurtspan het twee pale aangebring waarop kameras geïnstalleer is.
Wes-Moot
- Die tak het aan Arrive Alive se bewusmakingsaksie deelgeneem.
- Die tak se beheerkamer het ’n verdagte help vastrek danksy die tak se kamerastelsel.
GROTER PRETORIA-SUID
Centurion
- Die tak se buurtspan het 36 ton boomtakke in Lyttelton, Clubview, Wierdapark en Valhalla se strate opgekap, waaronder Pretorius-, Monument- en Retieflaan.
- Die tak se buurtspan het opknappingswerk by die Lyttelton-rolbalklub verrig.
- Buurtwaglede het ondersteuning gebied nadat ’n brand by ’n woning in Pretoriuslaan, Lyttelton, uitgebreek het.
- Die buurtwag het in samewerking met ander rolspelers aan ’n uiters suksesvolle padblokkade op die R55 in die Erasmia-omgewing deelgeneem.
- Taklede het hul bes gedoen om onwettige rommelstorting en onwettige herwinningspunte in Centurion teen te werk.
- Die tak se buurtspan het gras op die hoek van Vinstra- en Vikingweg in Valhalla gesny.
- Die buurtwag het aan ’n spesiale operasie saam met die Tshwane-metropolisie en die SAPD deelgeneem.
- Sowel tak- as buurtspanlede het die PvR Cleanup Crew gehelp om gras te sny in Pierre van Ryneveld.
- Die buurtwag het gehelp om ’n ongelukstoneel op te ruim nadat ’n vragmotor sy vrag verloor het.
Pionier
Buurtwaglede was deel van ’n soektog in Pretoria-Oos waar ’n vrou ontvoer is maar darem weer opgespoor is.
OOS-RAND
Alberton
- Die buurtwag het 2 603 km in 301 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die gemeenskap ondersteun ná ’n gewapende rooftog in Denlee.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en plaaslike sekuriteitsmaatskappye aan ’n operasie op die N1-snelweg deelgeneem om ysterpenlokvalle hok te slaan.
- Buurtwaglede het blitsig gereageer en op Nelson Mandelalaan ondersteuning gebied nadat ’n voetganger raakgery is.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Alberton se middestad deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Buurtwaglede is gekontak nadat ’n lid van die Randhart-gemeenskap aan onnatuurlike oorsake gesterf het.
Brakpan
- Die tak het ’n vergadering met verskeie rolspelers in Brakpan gehou om probleme binne die gebied aan te pak.
- Die tak het ’n sertifikaat van waardering by die SAPD Brakpan ontvang vir samewerking en die bou van verhoudinge tussen die gemeenskap en die SAPD.
- Die tak het ’n suksesvolle skietdag vir sy lede gehou waartydens vuurwapenopleiding aangebied is en taktiese vuur-en-beweeg-oefeninge ingeoefen is.
Benoni
- Die tak het onwettige advertensieborde in Benoni-Suid verwyder.
- Taklede het ’n skoonmaakprojek op die hoek van Celia Nestadt- en Great Northweg gehou.
- Die tak het aan die jaarlikse Toy Drive deelgeneem. Dit was ’n groot sukses en baie kos, speelgoed en ander benodighede is aan behoeftiges geskenk.
- Taklede het twee nuwe vullisdromme in Benoni aangebring om die dorp skoner te hou. Die tak maak dié vullisdromme ook weekliks leeg.
- Taklede het addisionele statiese ANPR-kameras op strategiese punte opgerig om hulle kameranetwerk uit te brei ten einde die Benoni-gemeenskap te beveilig. Hierdie gemeenskapskameranetwerk het reeds 5 miljoen lesings tot dusver geneem.
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en danksy hul eie inligtingsnetwerk ’n gesteelde voertuig in Benoni se sentrale sakekern opgespoor.
- Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en danksy hul eie inligtingsnetwerk ’n verdagte vasgetrek wat gesoek is in verband met ’n aanrandingsvoorval.
- Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en danksy hul eie inligtingsnetwerk ’n gesteelde sleepwa opgespoor.
- Buurtwaglede het in samewerking met die SAPD en danksy hul eie inligtingsnetwerk ’n gesteelde bakkie opgespoor.
Edenvale
- Die buurtwag het in samewerking met die SAPD se misdaadintelligensie-eenheid en die Edenvale SAPD ’n suksesvolle klopjag uitgevoer op winkels in Edenvale wat vermoedelik by dwelmhandel betrokke is. Tydens die operasie is verskeie verbode middels deur die SAPD gekonfiskeer.
- Die tak het ’n instandhoudingsprojek in Edenglen gehou waartydens hulle verkeerseilande netjies gemaak en randstene geverf het.
- Taklede het verkeerseilande netjies gemaak op die hoek van Terrace- en Andries Pretoriusweg.
- Die tak het saam met die Kempton Park-tak ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
Germiston
- Buurtwaglede het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem om hul gemeenskap te beveilig. Patrolleerders het in 24 voertuie ’n totaal van 900 km afgelê.
- Die tak het ’n skoonmaakprojek in Lambton gehou waartydens hulle ook die gras rondom die substasie in Frankstraat gesny het.
- Danksy volgehoue druk wat die tak op die Ekurhuleni-metro geplaas het het munisipale werkers uiteindelik verskeie waterlekkasies in die dorp herstel.
Kempton Park
- Die tak het ’n helpende hand aan die gemeenskap uitgereik deur hulle mobiele gesondheidsentrum gratis aan die bejaarde inwoners van Lenitas-, Herfsland- en Allen Park-aftreeoord, asook ander bejaarde inwoners van Kempton Park beskikbaar te stel. Sodoende word gratis basiese gesondheidsdienste gelewer.
- Tak- en gemeenskapslede het saam ’n skoonmaakprojek by die Zuurfontein-begraafplaas gehou.
- Die tak het ondersteuning gebied ná ’n tref-en-trap-voorval op die R21-noord.
- Die buurtwag was verantwoordelik vir die veiligheid van besoekers wat die Baanbreker Musiekfees bygewoon het.
- Die tak se hommeltuigvlieëniers was betrokke by die Solidariteit Beweging se Bela-optog by die Voortrekkermonument.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Bredell deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die buurtwag het aan ’n gesamentlike hommeltuigoperasie op die N12-snelweg deelgeneem om ysterpenlokvalle hok te slaan.
- Die tak het ’n padverfprojek in samewerking met die Pomona Sakeforum aangepak.
- Danksy volgehoue druk wat die tak op die Ekurhuleni-metro geplaas het het munisipale werkers uiteindelik verskeie waterlekkasies in die dorp herstel.
Springs
- Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het ’n hofbevel verkry teen die eienaar van ’n eiendom wat oorgroei was om gereeld die gras te sny.
- Taklede het in samewerking met wetstoepassingsowerhede gehelp om ’n gesteelde voertuig – wat ook by ’n tref-en-trap-voorval betrokke was – vas te trek. Een verdagte is in hegtenis geneem en die voertuig is na die SAPD Springs geneem.
- Danksy volgehoue druk wat die tak op die Ekurhuleni-metro geplaas het het munisipale werkers uiteindelik verskeie waterlekkasies in die dorp herstel.
- Die tak se tuinspan het die eendedam in Springs skoon en netjies gehou.
WES-RAND EN VAALDRIEHOEK
Roodepoort
- Die tak se tuinspan het 17 swartsakke vullis opgetel.
- Die tak se tuinspan het 230 m² gras gesny.
- Die tak se tuinspan het 4 manure gewerk.
- Die buurtwag het 372 km in 750 manure gepatrolleer om hul gemeenskap te beveilig.
- Buurtwaglede het die verkiesing van Sektor 1 GPF-bestuurslede bygewoon en gehelp met veiligheid en skarebeheer.
- Die buurtwag het die verkiesing van Sektor 2 GPF-bestuurslede bygewoon en gehelp met veiligheid en skarebeheer.
- Buurtwaglede is gevra om veiligheid en noodhulp te behartig tydens Carols in the Countryside – Foresight Church se jaarlikse afsluiting.
- Die buurtwag is ontbied na ’n toneel in Orange Farm waar ’n motorkaping plaasgevind het en die bestuurder van die motor vasgebind in die kattebak gevind is. Die SAPD is ook na die toneel ontbied.
- Buurtwaglede het saam met die SAPD ’n operasie by ’n sakeperseel uitgevoer weens aanhoudende diefstal en die plunder van geboue.
- Die buurtwag het ondersoek ingestel nadat inligting ontvang is oor ’n toename in ysterpenvoorvalle op ’n nabygeleë snelweg. Motoriste word aangeval en van hul besittings en voertuie geroof.
- Buurtwaglede is deur ’n gemeenskapslid van Newlands ingelig oor die moontlike onwettige handel van gesteelde goedere waarby die SAPD betrokke is.
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede is uitgenooi na ’n seminaar oor toneelhantering. Dit is deur Civilian Crime Intelligence Network National by BCI Academy aangebied.
- Die Honeydew GPF het die tak en die Honeydew SAPD uitgenooi om hul kwartaallikse gemeenskapsvergadering by te woon.
Fochville
- Die tak het saam met gemeenskapslede ’n groot teerprojek gehou.
- Die tak het ’n groot uitreikingsaksie saam met die gemeenskap by die Rotara Skool in Oberholzer gehou waartydens 40 komberse ook aan dié skool geskenk is.
Vereeniging
- Die tak het ’n buurtwag in dié dorp gestig.
MPUMALANGA
LAEVELD
Nelspruit
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Taklede het weekliks ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
- Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.
- Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Taklede het 30 sakke vullis verwyder tydens skoonmaakprojekte wat op vier dae deur die loop van die maand aangepak is.
Lydenburg
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die tak het R5 000 aan die Laerskool Ohrigstad geskenk.
Belfast
- Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
- Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
Machadodorp
- Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
- Die buurtwag het nuwe stoele en ’n tafel aan die SAPD se GBV-eenheid geskenk.
LIMPOPO
Naboomspruit
- Taklede het sand uit die dorp se strate verwyder.
- Die tak het voortgegaan met sy straatnaamprojek.
- Taklede het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
- Die tak het slaggate in die dorp se strate opgevul.
- Taklede het padmerkers oorgeverf.
- Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig wat handel oor die Roedtan-boorgat.
- Die tak het ’n skrywe aan die premier gerig oor waterlekkasies in die dorp.
Warmbad
- Taklede het Apiesdoringpark skoongemaak.
- Die tak het ’n komposprojek van stapel gestuur.
Nylstroom
- Die tak het met die munisipale bestuurder vergader oor al die slaggate in die dorp.
Phalaborwa
- Die tak het ’n skrywe aan die munisipale bestuurder gerig wat handel oor die brande by die plaaslike vullisterrein.
Potgietersrus
- Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens ’n betoging.
- Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van vier brande in die omgewing.
- Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel naby Obaro deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
- Die tak het bejaardes op die dorp bederf.
Ellisras
- Die Beska-plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.
- Beska-plaaswaglede het paaie geskraap om dit meer begaanbaar vir voertuie te maak.
- Ellisras-buurtwaglede het verskeie brande in die omgewing geblus.
Thabazimbi
- Die buurtwag het die SAPD tydens ’n operasie ondersteun.
Tzaneen
- Die buurtwag het gehelp om twee vermiste vroue op te spoor.