TAKSUKSESSE: AUGUSTUS 2024

GAUTENG

GROTER PRETORIA-NOORD

Apiesrivier

  • Die tak het die prys gewen vir beste braaibroodjie tydens ’n kompetisie by AfriForum se nasionale kongres.
  • Buurtwaglede het ’n massapatrollie saam met ander veiligheidsrolspelers gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Noord van die berg

  • Die tak se buurtspan het 1 409 swartsakke vullis opgetel.
  • Die tak se buurtspan het 63 vragte vullis weggery.
  • Die tak se buurtspan het 721 km afgelê om al die werk gedoen te kry.
  • Die tak se buurtspan het 12 parke se gras gesny en skoongemaak rondom dié parke.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 4,2 ha gras gesny.
  • Die tak se buurtspan het 49 onwettige advertensieborde verwyder.
  • Die tak se buurtspan het 16 slaggate opgevul.
  • Die tak se buurtspan het vier kruisings skoongemaak, asook een perseel.

Bronkhorstspruit

  • Buurtwaglede het 32 patrollies gery waartydens 1 835 km in 170 manure afgelê is.
  • Die buurtwag het aan twee operasies saam met die SAPD deelgeneem.
  • Buurtwaglede het hulp verleen tydens die inhegtenisname van ’n verdagte wat ’n voertuig gesteel het.
  • Die buurtwag het sowel ’n nuwe buurtwagleier as ’n nuwe operasionele spanleier verkies.
  • Die buurtwag het ’n opname van die bateregister gedoen.
  • Die tak het vier van sy lede vir noodhulpopleiding (vlak 1 en 2), asook opleiding in brandbestryding gestuur.
  • Taklede het twee skoonmaakprojekte in Goudpark en Diamantpark gehou.
  • AfriForum se teenboeliespan het die leerders van die Laerskool Balmoral toegespreek.
  • Die tak het stukkende straatligte by die Tshwane-metro aangemeld en gereël dat dit reggemaak word.
  • Taklede het ’n gesteelde kabel by die Tshwane-metro aangemeld en gereël dat dit vervang word.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Groter Moot

  • Die tak se buurtspan het personeel van die SAPD Moot gehelp om gesteelde kragkabels wat gevind is na die Moot-polisiestasie te vervoer.
  • Die tak se buurtspan het ’n kraan by die Laerskool Wonderboom-Suid se noodwaterpunt herstel.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak se buurtspan het in totaal 58 manure met kettingsae in die hand bestee.
  • Die tak se buurtspan het baie tyd in die spruite bestee om oorgroeide bosse, laaghangende takke en indringerbome te snoei en te verwyder.
  • Die tak se buurtspan het 115 sakke rommel opgetel en dit na The Waste Group vervoer.
  • Buurtwaglede het 98 patrollies gery waartydens 1 282 km in 142 manure afgelê is.

Wes-Moot

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het in samewerking met die Hercules GPF en Uberwachung All Secure Corp aan veiligheidsoperasies deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ’n patrollie saam met Atlas7 Security uitgevoer.
  • Die buurtwag het saam met Uberwachung All Secure Corp gewerk om ’n misdadiger vas te trek wat goedere by ’n huis probeer steel het.

Moreletapark

  • Die tak het talle slaggate in die buurt opgevul.
  • Taklede het middelmanne skoongemaak en verkeersirkels geverf.

Bronberg

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Centurion

  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op die toneel waar ’n moord gepleeg is.
  • Die tak se buurtspan het hand bygesit tydens ’n skoonmaakprojek in Pierre van Ryneveld.
  • Die buurtwag het busse vol kinders begelei ná optredes laat in die aand by ’n revue.
  • Die tak se buurtspan het saam met Vriende van Doringkloof ’n skoonmaakprojek aangepak.
  • Taklede het gehelp om stukkende straatligte in Rooihuiskraal te vervang.
  • Buurtwaglede het saam met die SAPD aan talle operasies deelgeneem waartydens verskeie arrestasies suksesvol uitgevoer is.
  • Die tak se buurtspan het die roete van die Hennopspark-pretloop nagegaan en al die asblikke op die roete leeggemaak.
  • Die tak is met twee pryse beloon tydens AfriForum se nasionale kongres.
  • Die tak se buurtspan het Furmanpark skoongemaak as deel van die neem-’n-park-aan-inisiatief.
  • Die tak se buurtspan het Heronpark in The Reeds skoongemaak.

Pionier

  • Buurtwaglede was betrokke by die suksesvolle arrestasie van misdadigers wat skoolkinders beroof het.

Pretoria-Wes

  • Die buurtwag het die Tshwane-metro gehelp om uitsettingskennisgewings aan onwettige grondbetreders uit te reik.
  • Buurtwaglede het blitsig gereageer nadat ’n Telkom-boks aan die brand gesteek is deur onder meer die toneel te hanteer en te beveilig, waarna die SAPD en brandweerdiens ook gekontak is.
  • Die buurtwag het gehelp om ’n huisbrand te blus.
  • Buurtwaglede het ’n toneel beveilig waar ’n OTM opgeblaas is, waarna die nooddienste ook ontbied is.
  • Die buurtwag het nooddienste ondersteun om ’n huisbrand onder beheer te bring.

WES-RAND EN VAALDRIEHOEK

Krugersdorp

  • Buurtwaglede het gehelp om ’n brand in Strubenlaan te blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied ná ’n motordiefstal; die Ford Ranger is opgespoor en aan die SAPD oorhandig.
  • Buurtwaglede het gehelp om ’n vermiste kind op te spoor.
  • Die buurtwag is ontbied ná ’n huisbraak in Canarystraat.
  • Buurtwaglede het ’n verdagte help vastrek wat by twee voertuigdiefstalle betrokke was, waarna hulle hom aan die SAPD oorhandig het.
  • Die buurtwag het hand bygesit met die bestryding van ’n brand by die Makiti-trouvenue.
  • Buurtwaglede het ’n veldbrand in Russtraat help blus.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied deur ’n brandende voertuig te blus.
  • Buurtwaglede is gekontak ná ’n huisbraak in Timberstraat.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel in Robert Broomweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede is ontbied ná ’n inbraak in Wentworth Park.
  • Die buurtwag het help soek na ’n 14-jarige meisie wat van haar huis weggeloop het.

Midvaal

  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel ná ’n huisbraak in Pompstraat.
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun tydens die konfiskering van onwettige sigarette.
  • Buurtwaglede het die SAPD gehelp om ’n verdagte in hegtenis te neem wat by ’n skietvoorval betrokke was.
  • Die buurtwag het vinnig gereageer om hulp te bied nadat die eienaar van ’n restaurant met ’n bottel gesteek is.
  • Buurtwaglede het tydens ’n operasie saam met die SAPD gehelp om onwettige sjebeens te sluit.

Vanderbijlpark

  • Die buurtwag het gereageer op ’n voorval by Vaal Walk nadat verskeie mans mekaar aangerand het.  
  • Buurtwaglede het ’n man te hulp gesnel wat ’n hartaanval gekry het. Die voorval het op ’n sypaadjie in Hallwachstraat plaasgevind. ER24 is ontbied en het hom hospitaal toe geneem.
  • Die buurtwag is ontbied na Fordstraat nadat huiseienaars met vuurwapens aangehou is. Die SAPD het ook later op die toneel aangekom.
  • Buurtwaglede het ondersoek ingestel op die hoek van Siemens- en Fresnelstraat ná gerugte oor ’n verdagte wat motorbande steel.
  • Die buurtwag het na ’n vermiste persoon help soek in Ferrantistraat.
  • Buurtwaglede het saam met die brandweerdiens ’n huis se lapa in President Hoffmanstraat help blus nadat dit aan die brand geslaan het.
  • Die buurtwag het inligting ontvang dat ’n verdagte op ’n huis se dak in Kortstraat gewaar is.
  • Buurtwaglede se hulp is ontbied op die hoek van Lister- en Wellsstraat om verdagtes in die area aan te keer.
  • Die buurtwag het gehelp om veldbrande in die omgewing van die Vaalwater-kleinhoewes te bestry.
  • Buurtwaglede het op verdagtes by ’n huis in Andersonstraat toegeslaan.
  • Die buurtwag het ondersoek ingestel ná ’n inbraak en diefstal by ’n huis in Westinghouseboulevard.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied ná ’n brand by die Okie Dokie-woonstelle op die dorp.
  • Die tak se projekspan het 91 sakke blare gehark en weggery ná ’n skoonmaakprojek in Pasteurboulevard.
  • Die tak se projekspan het 62 sakke blare gehark en weggery ná ’n skoonmaakprojek by Phoenixpark, asook 20 sakke huisvullis.
  • Die tak se projekspan het 35 sakke blare gehark en weggery ná ’n skoonmaakprojek by die Herfsoord-ouetehuis.
  • Die tak se projekspan het 1,034 ha gras gesny in die veld in Watermeyerstraat, waarna 15 sakke daarvan weggery is.             

OOS-RAND

Alberton

  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op nóg ’n ongelukstoneel in die dorp deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.

Brakpan

Benoni

  • Die buurtwag het 1 925 km in 237 manure afgelê om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het addisionele statiese ANPR-kameras op strategiese punte opgerig om hulle kameranetwerk uit te brei ten einde die Benoni-gemeenskap te beveilig. Hierdie gemeenskapskameranetwerk het reeds 450 793 lesings in Augustus geneem.
  • Die tak het iKhaya da Luz-kinderhuis ondersteun met instandhoudingswerk, wat verfwerk, loodgieterswerk en algemene opruimingswerk ingesluit het.
  • Taklede het ’n asblikprojek van stapel gestuur deur 20 addisionele asblikke in die dorp aan te bring en dit ook weekliks leeg te maak.
  • Die tak het ’n slaggatherstelprojek in Northmead gehou waartydens vyf massiewe slaggate opgevul is.
  • Die tak het deelgeneem aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek waartydens ERWAT (Ekurhuleni Water Care Company) se persele in Actonville en Northmead, asook die boorgate in Bodenweg getoets is.
  • Die tak is aangewys as AfriForum se nasionale tak van die jaar tydens die organisasie se nasionale kongres.
  • Die buurtwag is aangewys as die beste buurtwag in die noordstreek tydens AfriForum se nasionale kongres.
  • Die tak se beheerkamerpersoneel én sy lede het ’n opleidingsessie in Sandton by Besigheid teen Misdaad se hoofbeheerkamer bygewoon.
  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers ’n verdagte voertuig opgespoor danksy AfriForum se kameraprojek. Die SAPD is ontbied en die bestuurder is in hegtenis geneem.

Edenvale

  • Taklede het ’n skoonmaakprojek gehou, plaveisel gelê en plante geplant op die middelman van Terraceweg en Andries Pretoriusstraat in Eastleigh, Edenvale.
  • Die tak het ’n skoonmaakprojek by Reringapark in Eastleigh gehou waartydens gras gesny en rommel opgetel is.
  • Die tak se brandspan het gehelp om ’n veldbrand in Highway Gardens te bestry.
  • Die buurtwag het die SAPD Edenvale ondersteun deur spoorsnyhonde beskikbaar te stel vir ’n operasie by winkels in Van Riebeecklaan nadat inligting ontvang is oor die teenwoordigheid van onwettige dwelmmiddels. Daar is beslag gelê op sakke vol dagga, Tik en Mandrax, asook onwettige alkohol om as bewysstukke te dien.

Germiston

  • Die tak het ’n suksesvolle slaggatherstelprojek in Escombe- en Napierstraat, asook in Dorseyweg gehou waartydens tien slaggate opgevul is.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel op die N3-snelweg deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Buurtwaglede is ontbied om te help met die bestryding van ’n brand by ’n sakeperseel waar herwinde materiaal aan die brand gesteek is. Dit is gedoen in samewerking met plaaslike rolspelers.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kempton Park

Springs

  • Buurtwaglede het in samewerking met plaaslike rolspelers gehelp om twee verdagtes vas te trek wat ’n verkeerslig gesteel het.
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het twee fietsryers ondersteun nadat hulle naby die Netcare N17 Hospitaal gekaap is. Hoewel die verdagtes gevlug het kon albei fietse aan hul eienaars terugbesorg word.
  • Die buurtwag se brandspan het gehelp om ’n brandende boom wat omgeval en die pad versper het, te verwyder.
  • Die buurtwag het twee suksesvolle opleidingsessies vir sy patrolleerders aangebied.
  • Buurtwaglede is gevra om te help om ’n gesteelde minibustaxi op te spoor.
  • Die buurtwag het ondersteuning aan wetstoepassingsowerhede gebied deur twee verdagtes aan te keer wat straatligte van die straatpale af gesteel het.
  • Buurtwaglede het hul hulpbronne ingespan en die SAPD gehelp om ’n onwettige burger vas te trek wat van die SAPD probeer vlug het.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem deur die watergehalte in Springs te toets.
  • Die tak het gemeenskapslede tydens ’n watertekort op die dorp ondersteun deur ’n  noodwaterpunt op te rig om sodoende toegang tot water vir inwoners te verseker.
  • Die tak se tuinspan het gehelp om die eendedam in die dorp skoon en netjies te hou.

MPUMALANGA

Bethal

  • AfriForum se noodwaterpunte by die Gereformeerde Kerk en die Afrikaanse Christelike Kerk is deur inwoners gebruik tydens wateronderbrekings in die dorp. Meer as 1 miljoen liter water is al deur die loop van die jaar aan inwoners verskaf.
  • Die tak het in samewerking met Skipgo Teksa weekliks 30 vullisdromme in die dorp leeggemaak.
  • Taklede het in samewerking met boere van die Kippen-omgewing ’n skoonmaakprojek in Davelweg van stapel gestuur.
  • Die tak het die persoon opgespoor wat herhaaldelik onwettig rommel in die dorp stort. Die persoon is vriendelik versoek om dit nie weer te doen nie andersins sal ’n strafregtelike saak teen hom geopen word.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Teks (Trichardt, Evander, Kinross en Secunda)

  • Die tak het verskeie woonbuurte geteiken en opgeruim; ’n totaal van 27 000 m² is skoongemaak. Die tak se buurtspan het die volgende gebiede getakel:
    • Lombardstraat (groenstrook)
    • Clarestraat (groenstrook)
    • Secunda-begraafplaas
  • Die tak het padverf aan die Hoërskool Oosterland geskenk om verkeerstrepe rondom die skool te verf. Verder is vyf stoptekens aan die skool geskenk, asook 50 sakke teer om slaggate mee op te vul. Leerders verbonde aan die skool se landsdiens gaan hierdie projekte aanpak.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Delmas

  • Die Delmas Valke-buurtwag het in samewerking met die Springs SAPD verskeie verdagtes in hegtenis geneem, waaronder ’n verdagte wat gesoek is vir verskeie misdrywe soos huisbraak.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het twee gesteelde voertuie opgespoor, asook ’n derde voertuig wat gebruik is tydens die pleeg van ’n misdryf.
  • Die Delmas Valke-buurtwag het ’n operasie saam met die Sundra Bulldogs uitgevoer waartydens 16 onwettige immigrante in hegtenis geneem is.
  • Die Delmas Valke-buurtwag is aangewys as die tweede beste buurtwag in die noordstreek tydens AfriForum se nasionale kongres. Vyftig buurtwagte het om hierdie prys meegeding.
  • Delmas Valke-buurtwaglede het ondersteuning gebied tydens nege voorvalle in  samewerking met die mediese dienste.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Ermelo en Chrissiesmeer

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het 18 nuwe vullisdromme in Chrissiesmeer aangebring, terwyl hulle dit ook weekliks leegmaak.

Piet Retief

  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Standerton

  • Buurtwaglede het gehelp om verskeie brande in die Standerton-omgewing te blus.
  • Buurtwaglede het in samewerking met die Lekwa Plaaslike Munisipaliteit gehelp om verskeie winkels te deursoek, asook om onwettige immigrante te verwyder.
  • Taklede het stoptekens in die dorp vervang.
  • Die tak het in samewerking met die Northern Light Foundation slaggate rondom die Hoërskool Standerton opgevul.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Witbank

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het verf aan die Hoëveldpark-buurtwag geskenk om spoedhobbels en stoptekens te verf.

Middelburg

  • Die buurtwag het patrollies op die N4-snelweg gehou. Die doel daarvan was om sigbaarheid te verhoog en sodoende kriminele te ontmoedig in die gebied.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Nelspruit

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het twee sigbaarheidspatrollies gehou om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R5 000 se benodighede aan LEFPA se brandspanne geskenk.
  • Taklede het ses asblikke in Melkweg- en Enterprisepark leeggemaak.
  • Die tak se LPR-kameras het veiligheidsrolspelers gehelp om gesteelde voertuie op verskeie punte te identifiseer.  
  • Die tak se noodwaterpunt is deur die stad se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van vier brande in die omgewing. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Die buurtwag het twee van sy lede vir protospanopleiding gestuur.

Witrivier

  • Die tak het 40 liter verf geskenk om ’n kinderhuis oor te verf.
  • Buurtwaglede het vier sigbaarheidspatrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale brandkraanoudit deelgeneem.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van vyf brande in die omgewing.

Lydenburg

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het R4 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met skoonmaakprojekte in die dorp. 
  • Die tak het R12 000 aan die Lydenburg Sakekamer geskenk om te help met die opvul van slaggate in Poenstraat. 

Belfast

  • Die tak se noodwaterpunte is deur die dorp se inwoners gebruik tydens watertekorte.
  • Die tak se asblikprojek het daartoe bygedra om die dorp skoon en netjies te hou.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Machadodorp

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van veldbrande buite Machadodorp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Dullstroom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies saam met die GPF in Dullstroom gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het 20 liter padverf geskenk vir instandhoudingsdoeleindes in die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ondersteuning gebied op ’n ongelukstoneel deur die toneel te beveilig, nooddienste te ontbied en verkeer te reguleer.
  • Die buurtwag het aan AfriForum se nasionale massapatrollie deelgeneem. 
  • Die tak het ’n R5 000-skenking aan die Voer vir ’n boer-veldtog gemaak.

LIMPOPO

Naboomspruit    

  • Taklede het die hele dorp se vullis verwyder.
  • Die tak het ’n straatnaamprojek van stapel gestuur.
  • Taklede het gehelp met die skoonmaak van ’n gesondheidsentrum.
  • Die tak het die dorp se hoofstraat skoongemaak.
  • Taklede het gehelp om die Helpende Hand-nasorgsentrum skoon te maak.
  • Die tak het verskeie slaggate met 2 ton teer opgevul.
  • Die tak het 15 000 liter water aan inwoners verskaf danksy die oprigting van ’n noodwaterpunt.

Warmbad

  • Die tak het Apiesdoringpark skoongemaak.
  • Taklede het die dorp se ingang opgeknap.

Nylstroom

  • Taklede het aan Aksie Nylstroom deelgeneem deur met die skoonmaakprojek by die dam te help. Die tak het ook brandstof vir die projek se verskillende aksies geskenk.

Phalaborwa

  • Taklede het water aan inwoners voorsien tydens watertekorte in die dorp.
  • Die tak het druk op die munisipale bestuurder geplaas rakende die probleem met besoedelde water in die dorp. Die probleem is uiteindelik opgelos danksy herstelwerk aan die pype.

Potgietersrus  

  • Die buurtwag het opleiding vir sy lede aangebied.
  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing. 
  • Die buurtwag het die SAPD ondersteun om ’n gesteelde voertuig binne ’n uur op te spoor.

Groblersdal

  • Die buurtwag het skietopleiding vir sy lede aangebied.
  • Die tak het met die SAPD en die Departement van Justisie vergader oor foute wat tydens ondersoeke begaan word.

Marble Hall

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van twee brande in die omgewing. 

Ellisras

  • Die Beska-plaaswag het ’n gemeenskapsvergadering gehou.
  • Beska-plaaswaglede het paaie geskraap om dit meer begaanbaar vir voertuie te maak.

Messina

  • Die buurtwag het op Sondae patrollies rondom die begraafplaas gehou sodat inwoners van die dorp hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.

Pietersburg

  • Buurtwaglede het gehelp met die bestryding van brande in die omgewing.

Thabazimbi

  • Die tak het straatname op randstene aangebring.
  • Taklede het die plaaslike park skoongemaak.
  • Die tak het gehelp om oplossings vir die rioolprobleme in die dorp te vind.
  • Die buurtwag het die SAPD tydens ’n operasie ondersteun.
  • Taklede het die reservoirs in die dorp herstel.

Tzaneen

  • Die tak het druk op die Groter Tzaneen Plaaslike Munisipaliteit geplaas om ’n waterlekkasie op die hoofpyplyn op te spoor en reg te maak.
  • Die buurtwag het gehelp met die bestryding van brande in Letsitele.

VRYSTAAT

MOOIRIVIER

Bothaville

  • Die buurtwag het 30 patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig; buurtwaglede het twee inbrekers aangekeer.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Twee taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het vrae aan die Nala Plaaslike Munisipaliteit gestel oor sy onbefondsde begroting.

Heilbron

  • Taklede het akkurate inligting ingesamel oor sowel die beskikbaarheid as die onbeskikbaarheid van water in die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Parys

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Twee taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het in samewerking met AfriForum-hoofkantoor ’n waterindaba aangebied.

Sasolburg

  • Tien taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het ’n watertenkpyp geïnstalleer by die kinderhuis vir seuns op die dorp.
  • Taklede het ’n vullishouer aan die Voortrekkers verskaf tydens ’n skoonmaakprojek.
  • Die tak het ’n stalletjie beman by ’n nuwe mark wat by Die Veiling gehou word.
  • Taklede het ’n vergadering met AfriForum-hoofkantoor gereël oor stelsels en toeps.
  • Sowel tak- as buurtwaglede het by twee geleenthede gehelp om brande te blus.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag het elke Sondag die plaaslike begraafplaas vir twee ure lank beveilig sodat inwoners hul afgestorwe geliefdes se grafte kon besoek.
  • Buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery by die noodapteek.
  • Buurtwaglede het aan die oorgrenspatrollie deelgeneem.
  • Die buurtwag het met ’n operasie begin om deelnemende lede se hekmotors en -batterye met ’n unieke kode te merk.
  • Die buurtwag het in samewerking met die SAPD en ander rolspelers ’n soektog na dwelms by drie skole uitgevoer, terwyl buurtwaglede addisioneel daartoe ook opvoedkundige praatjies by dié skole gelewer het.

Viljoenskroon

  • Een taklid het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het vier leë erwe op die dorp skoongemaak.

HOOGLAND

Bethlehem

  • Die buurtwag het ’n operasie saam met die GPF in Clarens uitgevoer waartydens hulle gesteelde vee teruggevind het, maar ongelukkig is die GPF se voorsitter noodlottig gewond.
  • Die tak se bestuurslede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon waartydens die tak aangewys is as die beste tak in die sentraalstreek, terwyl die buurtwag ook aangewys is as beste buurtwag in die sentraalstreek. 
  • Taklede het 20 dae spandeer om slaggate op te vul.

Brandfort

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Bultfontein

  • Die tak se nuwe bestuur sal op 18 November verkies word.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Frankfort

  • Taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek bygewoon.

Harrismith

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kroonstad

  • Die tak het uiteindelik hul werkerswaentjie voltooi.
  • Taklede het 26 sakke teer (650 kg teer) gebruik om slaggate rondom Huis Edelkroon op te vul. 
  • Die tak se bestuurslede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het ’n suksesvolle vergadering saam met die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit gehou wat daartoe gelei het dat twee rioollekkasies in die dorp suksesvol herstel is, asook dat twee damme teen riool behandel is.

Reitz

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.

Steynsrus

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.

Welkom

  • Die tak het vyf slaggate in die dorp opgevul.
  • Taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

NOORDWES

MOOIRIVIER

Klerksdorp

  • Die Songloed- en Hartbeesfontein-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Een taklid het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het Buffelsdoornweg, Centrallaan en Parkstraat, asook die pretdraf se terrein skoon en netjies gemaak.

Potchefstroom

  • Vier taklede het AfriForum se nasionale kongres bygewoon.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die buurtwag se 197 aktiewe lede het 156 patrollies aangepak waartydens 5 570 km in 503 manure afgelê is.
  • Buurtwaglede het die plaaslike brandweerdiens ondersteun tydens die bestryding van brande, terwyl hulle ook drinkwater aan die brandslaners uitgedeel het. Die buurtwag se hommeltuig is ook met groot sukses ingespan as ’n hulpmiddel. 
  • Die buurtwag het ondersteuning gebied tydens MVA’s.
  • Die tak het ’n geskenk aan die Super 12-deelnemers van die Laerskool Mooirivier oorhandig om hulle sterkte toe te wens met dié kompetisie.
  • Taklede het ’n bemarkingstalletjie tydens die Potch Geesfees beman.

Stilfontein

  • Die tak se plaaslikeregeringsakeverteenwoordiger het daagliks probleme soos water- en rioollekkasies, asook ander plaaslikeregeringsakekwessies by die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit aangemeld én dit opgevolg.
  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

STELLALAND

Hertzogville

  • AfriForum het ’n dringende beroep op die Tokologo Plaaslike Munisipaliteit gedoen om die watertoevoer na Hertzogville so gou as moontlik te herstel nadat groot dele van dié dorp al vir meer as 60 dae watertekorte ondervind het. Die munisipaliteit het watertenkwaens ook net in sekere dele van die dorp beskikbaar gestel en boonop nie eers daagliks nie. Die organisasie het die munisipaliteit ook versoek om ’n vergadering met hom en ander rolspelers te belê om oplossings vir die probleem te bespreek. AfriForum het die munisipaliteit selfs by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) verkla weens hierdie kwessie.

Christiana

  • Die tak en sy jeugvleuel het ’n padverfprojek aangepak om voetgangers veiliger te laat voel. Die voetoorgange rondom die Gekombineerde Skool Christiana is oorgeverf sodat dit weer duidelik sigbaar is vir motoriste en sodat leerders die pad veilig kan oorsteek. Meer as 30 liter verf is gebruik om dié projek te voltooi, wat jaarliks deur die tak aangepak word.

NOORD-KAAP

Kamiesberg

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het Kamieskroon se strate gereeld skoongemaak en vullis na die vullisterrein weggery.
  • Die tak het vier keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het ’n volhoubare projek van stapel gestuur om Kamieskroon en omliggende dorpe 24 uur per dag, sewe dae ’n week van drinkwater te voorsien met behulp van drie boorgatpompe wat AfriForum in die omgewing geïnstalleer het.

Kakamas

  • Die tak het vier keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die dorp se watergehalte voortdurend gemoniteer en voortgegaan om druk op die Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit toe te pas om skoon drinkwater vir Kakamas se inwoners te verseker.
  • Die tak het 20 liter wit padverf gebruik om spoedhobbels voor die Hoërskool Martin Oosthuizen oor te verf om sodoende leerders se veiligheid te verseker.
  • Die tak het drie stoptekenborde en pale in die middedorp vervang.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kathu

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit en die SAPD deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het die parkeerterrein voor Fit-It gereeld skoongemaak en die bome wat die tak in die parkeerterrein geplant het, natgelei.
  • Die tak het ses keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Gamagara Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het die dorp se sypaadjies en strate skoongevee, en gras gesny. Die tak het ook die Hugenoteparkmonument skoongemaak en die monument se mure opgeknap en weer wit geverf. Taklede het verder die kruise herstel en dit weer op hulle plek aangebring.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het die dorp se strate skoongevee en vullis opgetel, terwyl hulle ook 20 liter wit verf en 20 liter geel verf gebruik het om die kruising in Rietbokstraat se padmerke te verf, asook om sypaadjies en randstene weer sigbaar te maak.
  • Die tak het worsbroodjies aan werknemers van die plaaslike brandweer uitgedeel om hulle te bedank vir hul harde werk en deursettingsvermoë om probleme in die dorp en omliggende areas aan te pak.

Keimoes

  • Die Grootoog-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het weekliks die hoofstraat en die gebied rondom die waterwiel skoongemaak, vullis na die vullisterrein weggery, die gras gesny en die beddings skoongemaak.
  • Taklede het die badkamers by die waterwiel wat vir toeriste bedoel is, skoon gehou.
  • Die Grootoog-buurtwag het water vir gemeenskapslede aangery in woonbuurte waar watertekorte voorgekom het.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het drie nuwe aalwyne by die waterwiel geplant, asook die pype van die waterwiel se oorloopdam herstel sodat gemeenskapslede daar water kan skep.
  • Die tak het twee stoptekenborde en pale in die dorp se hoofstraat vervang.
  • Taklede het die waterwiel se parkeerterrein skoongevee en 20 liter wit verf gebruik om die parkeerterrein se strepe en randstene weer oor te verf.

Kuruman

Springbok

  • Die tak het vier keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het drie stopborde aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geskenk.
  • Die tak het 20 liter wit padverf en 20 liter geel padverf aan die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit geskenk.

Upington

  • Die buurtwag het in samewerking met Rhino Sekuriteit deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het 12 keer deur die loop van die maand water-, krag- en rioolprobleme aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit se inbelsentrum deurgegee sodat herstelwerk kan plaasvind.
  • Taklede het met die munisipale bestuurder vergader en gereël dat die rioolpyplyn, waarvan die riool by die Kalahari-winkelsentrum in die Oranjerivier uitloop, oopgegrou word sodat die pype herstel kan word.
  • Die tak het ’n vergadering met die gemeenskap en die SAPD gereël oor veiligheidskwessies in die munisipale gebied.
  • Taklede het ’n vergadering met die SAPD in Upington belê oor ’n moontlike samewerkingsooreenkoms.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

 Williston

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Bo-Karoo  

  • Die tak het aan AfriForum se nasionale brandkraanoudit deelgeneem en die seëls van die brandkrane in Orania vervang. 
  • Taklede het ondersoek ingestel by De Aar se rioolaanleg nadat verskeie klagtes daaroor ontvang is. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Delportshoop  

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.  
  • Die tak het ’n damesoggend aangebied wat gefokus het op die geskiedenis van die dorp, asook die veiligheid van vroue.
  • Die tak het die tweede fase van sy kameraprojek uitgerol. 
  • Taklede het die gebied vanaf die skool tot by die poskantoor in Pretoriusstraat skoongemaak. 
  • Taklede het agt vragte doringbos tydens ’n skoonmaakprojek verwyder. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Douglas  

  • Die tak het deurlopend druk op die Siyancuma Plaaslike Munisipaliteit geplaas oor die rioollekkasie in Arnotstraat. 

Kimberley  

  • Die Kimberley-buurtwag en Modderrivier-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.  
  • Die tak het sy straatnaamprojek afgeskop. 
  • Die tak het die tweede fase van sy kameraprojek voltooi. 
  • Taklede het toegesien dat verskeie areas in die stad skoongemaak word. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem. 

Prieska  

  • Die tak het met die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit vergader rakende die ontbinding van Prieska se museum. 
  • Taklede het danksy volgehoue druk op die Siyathemba Plaaslike Munisipaliteit toegesien dat die pad voor Huis Frank du Toit herstel word. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak het sy Geloftefees-kompetisie van stapel gestuur. 

Vaalharts  

  • Die tak het ’n nuwe bestuur verkies. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

OOS-KAAP

Elliot

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Cradock

  • Die tak se twee noodwatertenks is deur gemeenskapslede benut tydens wateronderbrekings op die dorp.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oos-Londen

  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Port Elizabeth

  • Taklede het ’n bewusmakingstalletjie by die Great Escape Outdoor Expo beman wat by die Hoërskool D.F. Malherbe gehou is.
  • Die tak se 21 noodwatertenks het water aan die gemeenskap voorsien in tye wat woonbuurte in dié stad se krane droog was.
  • Die Broadwood- en Walker Drive-buurtwag, asook die Colchester-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Uitenhage

  • Die Winterberg-plaaswag en Kirkwood-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Taklede het in samewerking met die Mosel-buurtwag slaggate in Highstraat opgevul.

WES-KAAP

Cederberg

  • Die tak het elke Maandag ’n skoonmaakprojek langs die kuslyn van Lambertsbaai (wat sowat 2 km strek) gehou. Tydens hierdie projek word alle vullis wat oor die naweek op die strand gelos is of uitgespoel het, opgetel en verwyder.
  • Taklede het weekliks ’n skoonmaakprojek by al die piekniekplekke in Lambertsbaai gehou sodat dit skoon en netjiese vir toeriste is.
  • Taklede het weekliks die meentgronde in Lambertsbaai skoongemaak.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Durbanville

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery – veral in die sentrale sakekern – om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het ekstra operasies saam met die SAPD aangepak in verskeie plekke van die buurt waar misdaadaktiwiteite meer gereeld plaasvind.
  • Die buurtwag het veiligheidsvergaderings met ander rolspelers in die veiligheidsnetwerk gehou waartydens onderlinge samewerking bespreek is.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaapstad-Noord

  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig, terwyl hulle ook talle suksesse behaal het.
  • Die Philippi-plaaswag het deurlopend patrollies gery en die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun. Hulle het ook padblokkades saam met die SAPD beman.
  • Sowel die Bellville-buurtwag as die Philippi-plaaswag was tydens die taxikonflik tussen Cata en Codeta op ’n gereedheidsgrondslag geplaas indien ernstige protesoptrede sou uitbreek.
  • Die tak het gereeld parke in Bellville skoongemaak. Tydens skoonmaakprojekte is dwelmgebruikers se artikels soos spuitnaalde en verwante items ook verwyder. 
  • Die Bellville-buurtwag het deurlopend voor en ná skool toesig oor die leerders van die Herbert Street Special School gehou nadat ’n onlangse poging tot kinderontvoering reg voor die skool misluk het. 
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kraaifontein

  • Taklede het aan ’n opruim-en-skoonmaakprojek deelgeneem waartydens hulle parke skoongemaak en gras gesny het. Die twee parke, asook die ingange daarvan word tweeweekliks in stand gehou.
  • Die buurtwag het groot suksesse behaal danksy hulle kameranetwerk wat toegerus is om vroeë waarskuwings te doen. Hulle het in samewerking met die SAPD en sekuriteitsmaatskappye aan verskeie operasies deelgeneem en op talle voorvalle gereageer.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Malmesbury

  • Die Rondeberg-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het onder meer gereageer ná ’n reeks aanvalle op kleinhoewes in die omgewing. 
  • Malmesbury-buurtwaglede het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig. Hulle het die SAPD tydens verskeie operasies ondersteun.
  • Taklede het gehelp met die verspreiding van botteltjies drinkwater aan skole nadat vier damme se walle gebreek het en nabygeleë nedersettings swaar deurgeloop het onder waterskade.
  • Die tak het twee watertenks aan gemeenskapslede beskikbaar gestel sodat hulle toegang tot vars drinkwater het. Dit is naby skole opgerig sodat veral kinders maklik toegang daartoe het.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Matzikama

  • Die De Draai-, Draaihoek-, Holrivier-, Klawer-, Kleinrivier-, Koekenaap-, Lutzville-, Matzikama-, Nuwerus-, Spruitdrif-, Trawal- en Vanrhynsdorp-plaaswag, asook die Lutzville- en Vredendal-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het in samewerking met plaaslike tuindienste ’n park in Rosendal skoongemaak; hulle beplan ook om ander parke skoon te maak. Die tak het verder ou bome wat gevrek het verwyder en in hulle plek nuwe bome geplant.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.  

Weskus

  • Die Langebaan-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die Hopefield-plaaswag het deurlopend patrollies gery én observasieposte opgerig om onderskeidelik hul gemeenskap te beveilig en informasie te versamel.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

De Doorns

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Buurtwaglede het die SAPD ondersteun tydens veiligheidsoperasies deur veral ondersteuning te bied met hul hommeltuig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Helderbergkom

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Overstrand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Buurtwaglede het ondersteuning aan die SAPD gebied deur te help om ’n misdadiger in hegtenis te neem nadat dwelms, wapens en huisbraaktoerusting in sy besit gevind is.
  • Die buurtwag het die SAPD gehelp om ’n vermiste skolier op te spoor deur sy hommeltuig in te span.
  • Die buurtwag het ’n verdagte met gesteelde items in sy besit vasgetrek, waarna ’n saak deur die eienaar geopen is.
  • Buurtwaglede in Fisherhaven het die pad gesluit en die omgewing beveilig ná elektriese drade gebreek en lewendig in die pad gelê het.

Paarl

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Stellenbosch

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Die tak se jeugvleuel het opleiding in selfverdediging vir studente aangebied.

Strand

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het ’n samekoms vir vroue in die gemeenskap gehou vir bewusmaking- en fondsinsamelingdoeleindes.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • Sowel tak- as buurtwaglede het ’n bewusmakingsaksie saam met verskeie sekuriteitsmaatskappye gehou danksy uitstallings en advertensies langs ’n besige pad.

Worcester

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

George

  • Die Geelhoutboom-, Herold- en Kammanassie-plaaswag, asook die Hoekwil-plotwag en Victoriabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig. 
  • Die tak se jeugvleuel het saam met die Victoriabaai-buurtwag ’n miniSASS-rivierwatertoets in die Witelsrivier gedoen.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skiet-en-selfverdedigingdag vir vroue op Vrouedag aangebied.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n sop-en-sjerrie- sosiale aand vir vroue gehou. 
  • Die tak is aangewys as die suidstreek se tak van die jaar tydens AfriForum se nasionale kongres.
  • Hoekwil-plotwaglede het ondersteuning met hul hommeltuig gebied tydens ’n soektog na ’n vermiste man.
  • Taklede het ’n sonkraglig by die ingang van die Wes-Kaapse bloedbank in George geïnstalleer.

Hessekwa

  • Die Riversdal-buurtwag en Albertinia-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Albertinia-plaaswaglede het ’n bewusmakingsveldtog saam met die SAPD, GPF en ander rolspelers gehou waartydens hulle pamflette uitgedeel het om bewusmaking van geweld teen vroue te bevorder.
  • Die Albertinia-plaaswag het in samewerking met die SAPD, GPF en ander buurtwagte aan Operasie Basadi deelgeneem en gehelp om 13 inhegtenisnames uit te voer, drie voertuigbeheerpunte te hou en boetes ter waarde van R8 000 uit te skryf.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kaap Agulhas

  • Die tak het 100 sakke teer aan die Kaap Agulhas Plaaslike Munisipaliteit geskenk om slaggate in die industriële gebied op te vul as deel van sy #VulDieGat-projek
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Kannaland

  • Die Kannaland-plaaswag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.

Knysna

  • Taklede het voortgegaan met die derde fase van hul deurlopende padherstelprojek langs die N2-snelweg, met ’n spesifieke fokus op die padreling.
  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om die vullisterrein se toegangspad te skraap en rommel te verwyder. Nagenoeg 150 vragte rommel (ongeveer 900 m³) is weggery.
  • Die tak het in samewerking met die rampbestuurafdeling musse, komberse en kouse aan die Protea Dienssentrum in Plettenbergbaai geskenk.
  • Taklede het twee keer deur die loop van die maand vullis langs die pad na die vullisterrein opgetel en in totaal meer as 100 swartsakke vullis verwyder.
  • Die tak het ’n kontrakteur aangestel om verstopte mangate skoon te maak om sodoende te verhoed dat riool verder op die vullisterrein gestort word.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Mosselbaai

  • Die Herbertsdale- en Groter Brandwag-plaaswag, asook die Glentana-, Groot Brak-, Midbrak- en Danabaai-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Die tak se jeugvleuel het ’n skietdag vir sy lede gehou om hulle basiese wapenvaardighede en basiese skietkuns te leer. Lede kon oefenskote met verskeie kalibers skiet.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Oudtshoorn

  • Die Oudtshoorn- en De Rust-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul onderskeie gemeenskappe te beveilig.
  • Taklede het gras gesny, bome natgelei en vullis opgetel in Luscombepark.
  • Taklede het ’n padoppervlak van 191 m² herstel en 3,2 ton teer gebruik om slaggate voor Langenhoven Gimnasium op te vul as deel van die tak se #VulDieGat-projek.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.
  • AfriForum se teenboeliespan het verskeie skole in die Oudtshoorn-omgewing besoek om bewusmaking teen afknouery te skep.
  • Taklede het vullis opgetel in die straat waar die tak se teerprojek plaasgevind het.

Langeberg (Robertson)

  • Die Ashton-buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Swellendam

  • Die buurtwag het deurlopend patrollies gery om hul gemeenskap te beveilig.
  • Taklede het ’n sonkraglig by die plaaslike verkeersdepartement aangebring om ’n donker area te verlig en sodoende padveiligheid te bevorder.
  • Die tak het aan AfriForum se jaarlikse nasionale blou-en-groendruppelprojek deelgeneem.

Soortgelyke plasings