Witrivier-buurtwag ontvang nuwe tweerigtingradio’s
| |

Witrivier-buurtwag ontvang nuwe tweerigtingradio’s

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het die afgelope week vyf nuwe tweerigtingradio’s ontvang. Dié radio’s sal gebruik word om kommunikasie tussen buurtwaglede te verbeter. Dit vergemaklik ook die loods van veiligheidsoperasies in die dorp. Swak sein en ontoeganklike terrein maak dit vir buurtwaglede moeilik om tydens patrollering met ander buurtwaglede te kommunikeer, daarom  is daar besluit…

Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op
| |

Witrivier-tak rig veiligheidsbord met noodnommers op

Die AfriForum-tak in Witrivier het op 31 Mei ’n bord wat veiligheidsnommers bevat by die Casterbridge-sirkel langs die Numbi-pad aangebring. Na ’n reeks aanvalle op toeriste wat die pad gebruik om na die Krugerwildtuin te reis, het die Witrivier-buurtwag besef daar moet dringend aandag aan die probleem geskenk word. Daar is dus besluit om die…

AfriForum se Witrivier-tak plant bome
| |

AfriForum se Witrivier-tak plant bome

AfriForum se tak in Witrivier het op 14 Oktober spekbome geplant by skole in Witrivier. Dit vorm deel van AfriForum se nasionale boomplantprojek. Daar is 16 bome by Laeveld Akademie geplant en agt bome by Kaalvoetjies Kleuterskool. Die doel van dié projek is om inheemse bome met lugsuiweringskwaliteite te plant om die omgewing te verbeter….

AfriForum se Witrivier-buurtwag ontvang protospanopleiding
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag ontvang protospanopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 29 Augustus 2020 protospanopleiding vir lede aangebied wat oor basiese handwapenhantering fokus. Lede wat dié opleiding bygewoon het, beskik oor wettige vuurwapenlisensies. Die opleiding word aangebied om te verseker dat lede bevoeg is en binne die raamwerk van die wet optree. Dit is noodsaaklike omdat protospanlede gereeld aan verskeie situasies blootgestel…

AfriForum se Witrivier-buurtwag verwyder reuseboomtak wat verkeer versper
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag verwyder reuseboomtak wat verkeer versper

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het op 19 Augustus ’n reuseboomtak opgesny en dit uit dié dorp se hoofstraat verwyder. Buurtwaglede het die boomtak in Chief Mgiyeni Khumalo-rylaan opgemerk. Dit blyk asof ’n vragmotor die tak getref en afgebreek het. Daar moes vermoedelik ook aansienlike skade aan die vragmotor gewees het omdat ’n groot kol diesel op…

AfriForum-takke help skole met COVID-19-toerusting
|

AfriForum-takke help skole met COVID-19-toerusting

Die AfriForum-takke in Lydenburg en Witrivier het die afgelope tyd verskeie skole ondersteun met hulppakket- en termometerskenkings sodat dié skole ooreenkomstig die regulasie kon heropen. AfriForum se Lydenburg-tak het, bykomend tot die skolehulppakkette wat vroeër geskenk is, agt termometers aan Hoër- en Laerskool Lydenburg geskenk. Skole neem elke oggend leerders se temperatuur voordat hulle die…

AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool
|

AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool

Die AfriForum-tak in Witrivier het op 30 Junie 2020 gehelp om Witrivier Preprimêr te ontsmet sodat dié skool voorbereid is om volgens die COVID-19-regulasies te heropen. Taklede het ingespring en klaskamers en die speelterrein ontsmet om te verseker dat die kleuters veilig kan terugkeer skool toe. “Ons is bly dat die skole weer kan open en dat…

AfriForum se Witrivier-buurtwag vind voertuig vol plofstof ná plaasaanval
| |

AfriForum se Witrivier-buurtwag vind voertuig vol plofstof ná plaasaanval

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het in samewerking met die SAPD, Hi-Tech Security en Netstar op 4 November 2019 omstreeks 02:00 ’n Toyota Fortuner opgespoor nadat dit tydens ’n plaasaanval gesteel is. ’n Boer, wat ook ’n buurtwaglid is, was besig om grensdrade op sy plaas na te gaan toe ’n onbekende aantal mense hom oorval en vasgebind…

AfriForum en gemeenskap laat grondgrypers op hul neuse kyk
|

AfriForum en gemeenskap laat grondgrypers op hul neuse kyk

AfriForum het in samewerking met rolspelers in die Witrivier-distrik weer eens ’n poging tot onregmatige grondbesetting die nekhou toegedien. Dít volg nadat ’n dringende hofbevel op 28 Augustus 2019 bekom is teen ’n groot groep mense wat Gustav Kruger se grond onwettig betree en begin het om strukture op te rig. Kruger het gepoog om ’n saak…

|

AfriForum-buurtwag help om brande in Witrivier te bestry

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het vandeesweek in samewerking met die plaaslike gemeenskap en brandweerdienste dae en nagte omgewerk om ernstige veldbrande in die omgewing te blus. Volgens Johan Pelser, ’n lid van AfriForum se Witrivier-buurtwag, het ’n veldbrand Maandag uitgebreek in die Heidel Vallei-omgewing naby Witrivier wat vermoedelik deur bosbouers begin is. Die buurtwag het…

End of content

End of content