Williston-tak maak verskil by ouetehuis met #OnsDorp-projek
| |

Williston-tak maak verskil by ouetehuis met #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Williston het op 15 Julie vars groente aan die Emmanuel-ouetehuis op die dorp geskenk as deel van hierdie organisasie se #OnsDorp-projek. Beet, pampoen, aartappels, boontjies, uie, wortels, rys en benodighede vir sop is aan die ouetehuis oorhandig, asook ’n bederfpakkie vir elkeen van die bejaardes. Hierdie gebaar was ’n groot en trotse…

Williston-tak skenk R18 000-geskenkbewys aan Williston Junior Kollege
| |

Williston-tak skenk R18 000-geskenkbewys aan Williston Junior Kollege

Die AfriForum-tak in Williston het op 10 Junie ’n geskenkbewys van die Williston-vleiskoöperasie ter waarde van R18 000 aan die Williston Junior Kollege oorhandig. Die geskenkbewys gaan aangewend word vir die opgradering van die skoolgebou en die skool beplan om onder meer verf, sement en nuwe vensters aan te koop. Die Williston-distrik is een van die…

AfriForum se Williston-tak skenk kos en handreiniger
|

AfriForum se Williston-tak skenk kos en handreiniger

Die AfriForum-tak in Williston het van 7–11 September voedselpakke aan die gemeenskap geskenk. Die tak het in samewerking met Solidariteit Helpende Hand ongeveer 20 gesinne van ’n maand se kosvoorraad voorsien om die nood in die gemeenskap te verlig. Die voedselpakke bevat niebederfbare kos en het altesaam 450 kg geweeg. Die tak het ook handreiniger…

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering
| |

AfriForum se Williston-tak hou ledevergadering

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Williston-tak het op 23 Augustus 2019 ’n ledevergadering gehou. Tydens hierdie vergadering het J.D. Smit, voorsitter van dié tak, die lede meer van AfriForum vertel, asook waarmee die tak die afgelope jaar besig was. Dr. Theo de Jager, president van die Wêreld Landbou-organisasie (WLO) en uitvoerende direksievoorsitter van die Suider-Afrika Agri-inisiatief…

End of content

End of content