AfriForum oudit vullisterreine in Oos-Kaap
| | |

AfriForum oudit vullisterreine in Oos-Kaap

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vanjaar 161 vullisterreine landwyd geoudit as deel van hulle nasionale projek om die toestand van vullisterreine in Suid-Afrika te bepaal. Slegs twee uit die sewe vullisterreine wat in die Oos-Kaap geoudit is, het aan die nasionale standaarde voldoen. Kragtens toepaslike wetgewing en regulasies, waaronder die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur: Vullis 59…

Walker Drive-buurtwag vul nóg slaggate op
| |

Walker Drive-buurtwag vul nóg slaggate op

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 21 Julie ses sakke teer gebruik om twee yslike slaggate op te vul. Dié tak het besluit om op Walkerrylaan te fokus omdat dié pad baie verkeer dra en verskeie motorbande al deur dié slaggate beskadig is. Aangesien slaggate een van die vele uitdagings in Gqeberha is, het die…

AfriForum se buurtwagte in die Oos-Kaap neem deel aan nasionale patrollie
| |

AfriForum se buurtwagte in die Oos-Kaap neem deel aan nasionale patrollie

AfriForum se veiligheidstrukture in die Oos-Kaap het op 14 en 15 Julie aan dié organisasie se kwartaallikse nasionale patrollie deelgeneem. Meer as 249 AfriForum-lede, ongeveer 84 lede van private sekuriteitsmaatskappye en lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het deelgeneem. Ongeveer 228 voertuie het meer as 4 587 km afgelê en drie voorvalle hanteer. Gedurende die padblokkade…

AfriForum woon openbare verhoor oor grondonteiening sonder vergoeding by
| |

AfriForum woon openbare verhoor oor grondonteiening sonder vergoeding by

AfriForum-verteenwoordigers het op 13 en 14 Julie die openbare verhoor oor die wysiging van artikel 25 van die Grondwet om grondonteiening sonder vergoeding moontlik te maak in Gqeberha en Oos-Londen bygewoon. Dirk Burger, AfriForum se voorsitter vir die Port Elizabeth-tak, en Dave Nettle, AfriForum se voorsitter vir die Oos-Londen-tak, het elk ’n voorlegging gelewer. Burger…

Winterberg-plaaswag ontvang veiligheidstoerusting
| |

Winterberg-plaaswag ontvang veiligheidstoerusting

AfriForum se nuwe Winterberg-plaaswag het op 11 Julie veiligheidstoerusting ontvang om hulle behoorlik toe te rus vir hulle taak om die gemeenskap doeltreffend met patrollies te beveilig. Dit volg nadat die Uitenhage-tak dié behoefte weens ’n toename in misdaad in die omgewing geïdentifiseer het. Die veiligheidstoerusting sluit onder meer die volgende in: AfriForum-glimbaadjies, noodhulpsakke, voertuigmagnete, pepergas,…

Walker Drive-buurtwag vul slaggate op
| |

Walker Drive-buurtwag vul slaggate op

AfriForum se Walker Drive-buurtwag het op 7 Julie verskeie slaggate opgevul. Die area waarop gefokus is, is Sherwood in Gqeberha. Daar is ongeveer een ton teer gebruik om al dié slaggate op te vul. Dit volg nadat verskeie motors se bande beskadig is. “Hierdie buurtwag is toegewyd aan die verbetering van die stad se padnetwerk…

Jeffreysbaai-buurtwag hou gesamentlike patrollie
| |

Jeffreysbaai-buurtwag hou gesamentlike patrollie

AfriForum se Jeffreysbaai-buurtwag het op 18 November saam met verskeie rolspelers soos Exec Ops, ADT, G4S-sekuriteitsdienste en die plaaslike polisie ’n gesamentlike patrollie vir bewusmaking gehou. Daar het sowat 15 voertuie en 22 mense altesaam aan die patrollie deelgeneem. ’n Voertuig van die SAPS se K9-eenheid van Humansdorp sowel as twee misdaadvoorkomingsvoertuie van die plaaslike…

AfriForum eis verwerping van onteieningswetsontwerp by Nasionale Raad van Provinsies
| |

AfriForum eis verwerping van onteieningswetsontwerp by Nasionale Raad van Provinsies

AfriForum het op 3 November ’n brief ter verwerping van die onteieningswetsontwerp by die kantoor van die Oos-Kaap se Premier ingedien. AfriForum se brief beklemtoon dat die wetsontwerp verwoestende gevolge vir die reeds sukkelende ekonomie sal hê, burgers wreed van hul eiendomsreg sal ontneem, meer weë vir korrupsie moontlik sal maak en die finansiële sektor…

Kaapstad-Noord-tak fokus op selfstandigheid
| |

Kaapstad-Noord-tak fokus op selfstandigheid

AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op 1 Oktober altesaam 20 vrugtebome waaronder appel-, peer-, pruim-, nartjie-, lemoen-, nektarien- en appelkoosbome sowel as ’n klomp kratte, waarin die vrugte tydens oestyd gestoor kan word, aan die groep Jesus in Aksie (JiA) oorhandig. Die JiA-groep het tien van die bome by die groep se Lasarus Stoor by die…

Worcester-tak vat Erfenisdag en die plant van bome verder
| |

Worcester-tak vat Erfenisdag en die plant van bome verder

AfriForum se Worcester-tak het op 24 September twee kompetisies geloods om die gemeenskap by Erfenisdag en die plant van bome betrokke te kry. Vir die eerste kompetisie het hulle die gemeenskap gevra om onder meer foto’s van tuisgemaakte koeksisters en ou voertuie in te stuur om die nostalgie van hul erfenis weer te gee. Die…

End of content

End of content