AfriForum se Mooirivier-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
Die AfriForum-buurtwagte in Sasolburg, Potchefstroom, Stilfontein, Orkney, Ventersdorp en Wolmaransstad, asook Ellaton en Hartbeesfontein se plaas- en dorpswag het op 13 Maart 2020 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid te verhoog. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie dorpe uitgevoer….