AfriForum se Lichtenburg-tak en ondernemings skenk kos aan hart-en-handeprojek
| |

AfriForum se Lichtenburg-tak en ondernemings skenk kos aan hart-en-handeprojek

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 4 September in samewerking met Noordwes Koöperasie (NWK) en Shukran Furniture ongeveer 1 ton noodsaaklike voedsel ter waarde van R15 000 aan die Hoërskool Lichtenburg se hart-en-handeprojek geskenk. Die hart-en-handeprojek ondersteun behoeftige gesinne in dié dorp. “Ons het saam met NWK en Shukran Furniture gewerk om die nood wat ontstaan het as…

AfriForum se Kamieskroon-tak werk saam met Helpende Hand om kos uit te deel
| |

AfriForum se Kamieskroon-tak werk saam met Helpende Hand om kos uit te deel

Die AfriForum-tak in Kamieskroon het op 31 Augustus in samewerking met Solidariteit Helende Hand 15 kospakke aan behoeftige gesinne uitgedeel. Een kospak kan ’n gesin van vier vir ’n maand lank onderhou. Die kospakke bevat onder meer 5 kg-pakke rys, stampmielies, mieliemeel en koekmeel, asook melk, konfyt, blikkiesvis, soppoeier, pasta en grondboontjiebotter. Helpende Hand het die helfte…

AfriForum se Lichtenburg-tak skenk ontsmettingsmiddels aan tehuis vir bejaardes
|

AfriForum se Lichtenburg-tak skenk ontsmettingsmiddels aan tehuis vir bejaardes

Die AfriForum-tak in Lichtenburg het op 17 Julie 2020 handreiniger en skoonmaakmiddels aan die Lichthuis-tehuis vir bejaardes geskenk. Ongeveer 150 liter se ontsmettingsmiddels ter waarde van R6 000 is aan dié tehuis geskenk. Die Lichthuis huisves en versorg nagenoeg 100 bejaardes. “Die Lichthuis het vanjaar baie onvoorsiene onkostes weens die COVID-19-pandemie. Die finansiële druk wat hulle ervaar kan…

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se plaaslike takke in die Vaaldriehoek en Wes-Rand het die afgelope maand meer as 2,5 ton voedsel aan 1 806 behoeftige gesinne uitgedeel. Dié aksies is in samewerking met die COVID-19-taakspan – gestig deur die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboernetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand – aangepak om gemeenskappe tydens die landwye inperking te ondersteun….

AfriForum se Bloemhof-tak bring verligting vir behoeftiges
|

AfriForum se Bloemhof-tak bring verligting vir behoeftiges

Die AfriForum-tak in Bloemhof se wintersopprojek is op 26 Mei 2020 van stapel gestuur. Altesaam 50 etes is reeds aan behoeftiges uitgedeel. Elke gesin het ook ’n kombers ontvang. Die tak se bestuurslede het elke persoon se temperatuur geneem voor hulle geëet het. Jan Chef, ’n bekende uit die gemeenskap, het drie groot potte sop gekook en…

AfriForum se Orkney-buurtwag styg bo omstandighede uit
|

AfriForum se Orkney-buurtwag styg bo omstandighede uit

Die AfriForum-buurtwag in Orkney is sedert die inperking onverpoosd besig om kospakkies saam te stel en uit te deel, veral aan gesinne wat hul werk weens COVID-19 kwyt is. Ongeveer 58 gesinne word reeds só ondersteun. Slegs die grootste nood word nou verlig omdat daar eenvoudig nie genoeg voorraad vir almal beskikbaar is nie. Al…

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies

AfriForum se Tzaneen-tak is tans besig om voedsel in samewerking met Nylstroom se Helpende Hand-tak en ook kerkleiers van die dorp aan ouetehuise en behoeftiges te versprei. Die tak ry gereeld Nylstroom toe om kospakkies te gaan haal en dan vir ouetehuise en behoeftiges in Tzaneen uit te deel. Helpende Hand en die kerkleiers identifiseer…

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings
|

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings

Die AfriForum-tak in Welkom het onlangs verskeie kosskenkings van boere in die omgewing ontvang. Hierdie skenkings is gevolglik aangewend om die nood in plaaslike gemeenskappe te verlig. Die tak het 1 ton mieliemeel, 1 ton suikerbone, 1 ton aartappels, 500 kg witbone, soppoeier en sojaprodukte in ontvangs geneem. Die skenkings is versprei met behulp van verskeie gemeenskapsprojekte wat in…

Taakspan versprei 2,5 ton voedsame kitsmaaltye
|

Taakspan versprei 2,5 ton voedsame kitsmaaltye

Die COVID-19-taakspan wat gestig is deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het nou ook saam met Laeveld Agrochem begin om voedselverspreidingsprojekte van stapel te stuur. Dié taakspan het op 20 Mei 2020 voedsame Genesis-kitsmaaltye aan meer as 200 hulpbehoewende gesinne in Bloemfontein versprei. Dié maaltye word deur Laeveld Agrochem…

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie
|

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie

AfriForum se Bethal-tak woeker ten spyte van die COVID-19-pandemie en het gedurende die staat van inperking reeds verskeie projekte voltooi. Meer as 3 ton pampoene is deur die tak ingesamel en na behoeftiges in Bethal, Hendrina en Morgenzon versprei. Die oorskot is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank geneem. Meer as R30 000 se…

End of content

End of content