Ou vlag: AfriForum veg in Hoogste Hof van Appèl vir vryheid van spraak
| |

Ou vlag: AfriForum veg in Hoogste Hof van Appèl vir vryheid van spraak

Die burgerregteorganisasie AfriForum het gister verlof tot appèl gekry om die uitspraak van die Suid-Gautengse Hooggeregshof – dat die vertoon van die 1928-vlag (die ou Suid-Afrikaanse vlag) haatspraak is – in die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein te beveg. Volgens Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum, is dit ’n positiewe wending…

Verbanning van simbole en uitsprake links en regs kan SA polisiestaat maak
|

Verbanning van simbole en uitsprake links en regs kan SA polisiestaat maak

Suid-Afrika loop groot gevaar indien vryheid van spraak nie voldoende beskerm word nie en alle uitsprake en simbole wat aanstoot gee tot haatspraak verklaar word. AfriForum het vandag by monde van Kallie Kriel, uitvoerende hoof van die organisasie, en Ernst Roets, hoof van beleid en aksie, verduidelik waarom die organisasie teen die gelykheidshof se uitspraak…

AfriForum appelleer teen Gelykheidshof se uitspraak oor ou Suid-Afrikaanse vlag
|

AfriForum appelleer teen Gelykheidshof se uitspraak oor ou Suid-Afrikaanse vlag

AfriForum het vandag tydens ’n mediakonferensie in Centurion redes gegee waarom die burgerregte-organisasie appèl aanteken teen die gelykheidshof se onlangse uitspraak dat die vertoon van die 1928-vlag (die ou Suid-Afrikaanse vlag) haatspraak is. Die onderskeie partye se hofstukke is ook tydens die konferensie bekend gemaak. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, sê dat AfriForum sterk…

AfriForum verwelkom uitspraak in saak oor vlag-twiet
|

AfriForum verwelkom uitspraak in saak oor vlag-twiet

Regter Colin Lamont het die Nelson Mandela-stigting (NMS) se aansoek vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof van die hand gewys dat Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, minagting van die hof gepleeg het. Die klagte is deur die NMS gebring nadat Roets ’n afbeelding van die ou Suid-Afrikaanse vlag getwiet en gevra het:…

Uitspraak voorbehou in saak teen AfriForum en Ernst Roets oor vlag-twiet
|

Uitspraak voorbehou in saak teen AfriForum en Ernst Roets oor vlag-twiet

Uitspraak is voorbehou in die Suid-Gautengse hooggeregshof waar Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, vandag op aanklagte van minagting van die hof verskyn het. Die klagte deur die Nelson Mandela-stigting (NMS) is ingedien nadat Roets ’n afbeelding van die ou Suid-Afrikaanse vlag getwiet het en gevra het of dit haatspraak is. Die…

Uitspraak voorbehou in minagtingsklag teen Ernst Roets
|

Uitspraak voorbehou in minagtingsklag teen Ernst Roets

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, se weergawe dat hy die ou vlag in Augustus vir “akademiese doeleindes” in ’n twiet gebruik en ’n vraag daarby gestel het, behoort aanvaar te word, het adv. Cedric Puckrin vandag namens hom in die Johannesburgse hooggeregshof aangevoer. Volgens Puckrin was die onlangse uitspraak in die…

AfriForum en Ernst Roets se hofsaak oor vlag-twiet uitgestel
|

AfriForum en Ernst Roets se hofsaak oor vlag-twiet uitgestel

Ernst Roets, AfriForum se hoof van beleid en aksie, sou vandag in die Suid-Gautengse hooggeregshof op aanklagte van minagting van die hof verskyn het. Die saak is egter tot môre (4 September) uitgestel, aangesien die regter bevind het dat daar nie plek op die dringende rol is nie. Die klagte is deur die Nelson Mandela-stigting…

|

Gelykheidshof hoor argumente oor ou landsvlag aan

Die ou landsvlag is “rassisties, ’n simbool van rassehaat en mense wat dit in die openbaar vertoon, verlang terug na apartheid en die dominansie van wit mense oor swart mense”. Dít is van die betoë wat regter Phineas Mojapelo vandag in die hooggeregshof in Johannesburg aangehoor het. Die hof sit as gelykheidshof. Die Nelson Mandela-stigting…

|

AfriForum gaan hofaansoek oor ou landsvlag teenstaan

AfriForum gaan die Nelson Mandela-stigting (NMS) se aansoek om die ou Suid-Afrikaanse landsvlag as haatspraak te verklaar, teenstaan. Ernst Roets, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, verduidelik dat AfriForum nie die ou vlag gebruik nie en dat dié organisasie se teenkanting van hierdie aansoek, wat op 27 Februarie by die gelykheidshof in Johannesburg ingedien is, bloot…

End of content

End of content