Ventersdorp-tak verwyder agt ton rommel in ’n maand
| |

Ventersdorp-tak verwyder agt ton rommel in ’n maand

Die AfriForum-tak in Ventersdorp het gedurende Mei voortgegaan in hul poging om die dorp rommelvry te maak en altesaam 296 vullissakke vol rommel verwyder. Daar is ook twee munisipale asblikke leeggemaak en 10 bakkievragte rommel weggery. Ongeveer 8,5 ton se rommel is uiteindelik in Mei verwyder. Strate wat skoongemaak is, sluit in die hoek van…

AfriForum en Ventersdorp Inwonersvereniging sê kragkwessie die stryd aan
| |

AfriForum en Ventersdorp Inwonersvereniging sê kragkwessie die stryd aan

AfriForum en die Ventersdorp Inwonersvereniging het gesamentlik ’n dispuut by Nersa verklaar oor die swak toestand van die elektrisiteitsvoorsiening in die dorp. Op 12 April het afgevaardigdes van AfriForum, die Ventersdorp Inwonersvereniging, die J.B. Marks Plaaslike Munisipaiteit en Nersa vergader om aandag aan die probleem te skenk. Johan Venter, verteenwoordiger van die Inwonersvereniging, het die…

AfriForum se Ventersdorp-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Ventersdorp-tak help met verspreiding van kospakkies

Die AfriForum-tak in Ventersdorp is fluks besig om voedsel in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, Klop (’n plaaslike gemeenskapsprojek) en gemeenskapslede te versprei. 60 gesinne is tot dusver van voedsel voorsien, wat op ongeveer 6 750 maaltye neerkom. Die voedselnood neem geweldig toe en hierdie instansies probeer om waar moontlik voedsel te verskaf. Nagenoeg 1 000 km is…

AfriForum rig skrywe aan Matjhabeng-munisipaliteit en Sedibeng-water oor waterkrisis in Ventersburg
| |

AfriForum rig skrywe aan Matjhabeng-munisipaliteit en Sedibeng-water oor waterkrisis in Ventersburg

AfriForum het dringend briewe gerig aan sowel die Matjhabeng-munisipaliteit as Sedibeng Water oor Ventersburg se waterkrisis. Inwoners van dié dorp is al die afgelope week sonder water omdat daar nie genoeg water in die reservoir gepomp is om water aan die dorp en omliggende gebiede te voorsien nie. Die gemeenskap het AfriForum om hulp genader…

End of content

End of content