Nuwe Akademie-hoof wil groter bewustheid rondom Afrikaans en instelling skep
Prof. Anne-Marie Beukes is geen onbekende of onbeminde in taal- en akademiese kringe nie. Daarom dat haar aanstelling vanaf 1 Junie as die nuwe hoof van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns wyd verwelkom word. Beukes neem die leisels by die historikus dr. Dioné Prinsloo oor wat die pos vir twee termyne beklee het….