De Goede Hoop-koshuis kry nuwe tuiste nóg nader aan Tukkies
|

De Goede Hoop-koshuis kry nuwe tuiste nóg nader aan Tukkies

Die trots Christelike, Afrikaanse studentekoshuis De Goede Hoop gaan in Januarie 2020 nie net ’n nuwe jaar inwy nie, maar ook na ’n nuwe perseel skuif. De Goede Hoop se nuwe tuiste sal in Burnettstraat, Hatfield, geleë wees by die gewese Huis Voortrekker. Dié terrein is byna ’n klipgooi van die Universiteit van Pretoria, asook…

|

De Goede Hoop se deure oop vir Afrikaanse studente

As Afrikaanse studente toenemend onwelkom in die koshuise van die Universiteit van Pretoria (UP) is, is daar vir hulle alternatiewe verblyf. Dit is die boodskap wat AfriForum en die bestuur van die privaat koshuis De Goede Hoop vir Afrikaanse studente het nadat die UP die meeste van die koshuise se name nou amptelik verander het….

|

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Dié Afrikaanse privaatkoshuis is op ʼn Christelike grondslag geskoei en word deur die burgerregte-organisasie AfriForum ondersteun. Die koshuis het ten doel om ʼn inklusiewe tuiste vir enige Afrikaanssprekende student te wees. Dit kan…

|

Serrie oor plakkaat-herrie gekanselleer

Die Universiteit van Pretoria (UP) het gister aangekondig dat vanjaar se serrie-kompetisie gekanselleer is nadat ʼn storm Dinsdag op sosiale media losgebars het oor die inhoud van plakkate wat manstudente tydens dié kompetisie se uitdunrondtes opgehou het. Foto’s van dié manstudente se plakkate is deur Fezekile Msimang, ʼn fotograaf vir UP se studentekoerant, Perdeby, geneem…

|

AfriForum Jeug: transformasie kan lei tot nikswerdgrade

AfriForum Jeug het vandag in aanloop tot vanjaar se studenteraadverkiesing (SR) nikswerdgrade uitgedeel by die Universiteit van Pretoria (UP) se hoofingang. Dié protesaksie vorm deel van AfriForum Jeug se veldtog om studente bewus te maak van dié universiteit se dalende statuur as tersiêre instelling. Volgens die jeugvleuel is dié daling beduidend van die effek wat…

|

Universiteitsbesture moet oor deelname aan Sêr besluit ná herrie by UV

AfriForum Jeug Kovsies het vandeesmaand ingegryp en ʼn meningspeiling gedoen oor studente se gevoel oor die universiteit se deelname aan die jaarlikse nasionale ATKV-sêrkompetisie (sêr), nadat die voorsitter van die studenteraad (SR) by Kovsies, Lindokuhle Ntuli, in ʼn onlangse gespreksessie gesê het die SR het besluit om sy bande met die ATKV te verbreek. “Die…

|

Staan vir AfriForum Jeug in die volgende Tuks VSR-verkiesing

Deur Jhua-nine Wyrley-Birch Die verteenwoordigende studenteraad is die hoogste studente-leierskapstruktuur van die Universiteit van Pretoria. “Jy beskerm ander studente se belange op kampus en is deel van iets groter wat ’n werklike impak op studente se lewens het as jy deel hiervan is,” verduidelik Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

|

Staan vir AfriForum Jeug in die volgende Tuks VSR-verkiesing

Deur Jhua-nine Wyrley-Birch Die verteenwoordigende studenteraad is die hoogste studente-leierskapstruktuur van die Universiteit van Pretoria. “Jy beskerm ander studente se belange op kampus en is deel van iets groter wat ’n werklike impak op studente se lewens het as jy deel hiervan is,” verduidelik Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug.

End of content

End of content