AfriForum vergader met administrateurs oor gebrekkige dienslewering in Pretoria
| |

AfriForum vergader met administrateurs oor gebrekkige dienslewering in Pretoria

AfriForum het op 11 Augustus 2020 met die Tshwane-metro se administrateurs vergader oor die skrywes wat die organisasie onderskeidelik op 28 Julie en 5 Augustus aan die metro gerig het oor die aanhoudende krag- en rioolprobleme waaronder verskillende dele van Pretoria gebuk gaan. Volgens die metro het die onlangse stakings baie druk op dienslewering geplaas, wat…

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen maatskappy met beweerde EFF-bande in oor Tshwane-brandstoftender
| |

AfriForum dien strafregtelike klagtes teen maatskappy met beweerde EFF-bande in oor Tshwane-brandstoftender

AfriForum het vandag strafregtelike klagtes van tenderbedrog en korrupsie by die Lyttelton-polisiestasie ingedien teen Hendrick Kganyago, direkteur van Balimi Barui Trading (BBT), en Stanley Kganyago, ’n familielid van Hendrick Kganyago en ook ’n lid van die bodspesifikasiekomitee wat gestig is vir die toekenning van ’n brandstoftender deur die Tshwane Metroraad. Dit volg nadat die Noord-Gautengse…

|

AfriForum dien strafregtelike klagte oor bedrog teen vorige Tshwane Metro-bestuur in

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag ’n strafregtelike klagte van bedrog teen die Tshwane Metroraad by die Lyttelton-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit spruit onder meer uit verskeie ondersoeke wat AfriForum geloods het, asook dokumente wat aan dié organisasie oorhandig is. Die bedrog het glo in 2014/2015 plaasgevind toe dié munisipaliteit onder ANC-administrasie was. Die klag sluit…

|

AfriForum beplan regstappe teen Tshwane Metroraad oor rioolbesoedeling

AfriForum beplan regstappe teen die Tshwane Metroraad oor die munisipaliteit se versuim om te reageer op die burgerregte-organisasie se memorandum waarin op ʼn aksieplan aangedring word rakende grootskaalse rioolbesoedeling in Apiesrivier. Die burgerregte-organisasie het geëis dat die munisipaliteit binne sewe dae op dié memorandum moet reageer. Dít volg nadat lede van AfriForum se Apiesrivier-tak op…

|

AfriForum oorhandig meer as 10 kg vlieë aan Tshwane Metro ná grootskaalse besoedeling

Lede van AfriForum se Apiesrivier-tak het vandag in samewerking met studente wat vanjaar deel van dié organisasie se internskapsprogram is, sowat 10kg vlieë, rioolafval en ʼn memorandum by die Tshwane Munisipaliteit se hoofkantoor oorhandig. Dié aksie volg nadat onbehandelde riool by die Rooiwal-rioolwerke grootskaalse besoedeling veroorsaak het en gevolglik die Apiesrivier en die ondergrondse water…

|

AfriSake keer betaling van R950 miljoen vir slimkragmeters

Die sakeregte-waghond AfriSake het die Tshwane Metro gister in die hooggeregshof in Pretoria met ʼn dringende hofaansoek gekeer om ʼn R950 miljoen-infrastruktuurfooi vir ʼn slimkragmeterkontrak aan die diensverskaffer Peu Capital te betaal. Dit volg nadat die stadsraad hul kontrak met Peu Capital, wat die installering van sowat 800 000 slimkragmeters in en om Pretoria behels het,…

|

Tshwane Metroraad mors miljoene van belastingbetalers met straatname-aansoek

Ondanks die soveelste oorwinning wat AfriForum oor die Tshwane Metroraad behaal het rondom die omstrede straatname-hofsaak in Pretoria, wil die raad hom nou tot die grondwetlike hof wend.Die metroraad se aansoek om spesiale verlof tot appèl is in die naweek deur appèlregters Mandisa Maya en Nambita Dambuza met koste van die hand gewys. Die metroraad…

End of content

End of content