Groot slaggat herstel in Jeanlaan ná volgehoue druk
| |

Groot slaggat herstel in Jeanlaan ná volgehoue druk

AfriForum het op 3 September ’n skrywe aan die Tshwane Metro gerig oor ’n groot slaggat in Jeanlaan. Die slaggat het ’n gevaar vir motoriste ingehou wat daagliks dié pad gebruik. AfriForum se Centurion-tak het al verskeie slaggate in die omgewing herstel en het reeds ’n kwotasie aangevra om die slaggat te herstel. Ná volgehoue…

AfriForum se Centurion-tak gaan voort met skoonmaak van park
| |

AfriForum se Centurion-tak gaan voort met skoonmaak van park

Die AfriForum-tak in Centurion het op 12 September voortgegaan om die Montague Kneen-park in Valhalla skoon te maak en talle gemeenskapslede het hand bygesit. AfriForum het talle skrywes aan die Tshwane-metro gerig rakende die toestand van dié park en ook versoek dat die metro ’n aksieplan moet voorlê vir die opknapping daarvan. Geen terugvoer is egter…

Makhura se wanoptrede dompel Tshwane-metro in chaos
| |

Makhura se wanoptrede dompel Tshwane-metro in chaos

Die aanstelling van Mpho Nawa as hoofadministrateur van die Tshwane-metro het daartoe gelei dat ’n begroting onregmatig goedgekeur is wat duisende Pretorianers tans hoofbrekings gee. AfriForum het reeds hofstukke beteken om die besluit oor die begroting ter syde te stel, asook om te eis dat ’n nuwe proses moet begin om ’n nuwe begroting goed…

AfriForum bevraagteken goedkeuring van Tshwane-begroting
| |

AfriForum bevraagteken goedkeuring van Tshwane-begroting

Die burgerregteorganisasie AfriForum bevraagteken die goedkeuring van die Tshwane Metro se begroting vir die 2020/2021-boekjaar aangesien slegs die munisipale raad bevoeg is om ’n begroting goed te keur – en nie die administrateur nie. Dié raad is vroeër vanjaar ontbind en onder administrasie geplaas nadat raadslede geweier het om vergaderings oor die aanstelling van die…

Pretorianers haal danksy AfriForum eers asem oor kragtariewe
|

Pretorianers haal danksy AfriForum eers asem oor kragtariewe

Die Tshwane-metro sal nie Woensdag voortgaan met die implimentering van die onwettige verhoogde kragtarief vir die 2019/2020-termyn nie. Dit kom ná volgehoue druk en ’n hofsaak wat die burgerregtewaghond AfriForum teen die munisipaliteit aanhangig gemaak het om die proses te stop. Die afskaffing van ’n verhoogde tarief is egter nie finaal nie en die Nasionale…

|

AfriForum begin met regstappe teen tariefverhogings vir Pretorianers

Inwoners van Pretoria en die groter metro sal moet saamstaan teen die onwettige tariefverhogings wat die Tshwane-metroraad vandeesweek sonder die goedkeuring van Nersa ingestel het. Om dié onwettige optrede om te draai, het AfriForum gister hofstukke op die metroraad en Nersa beteken nadat dié munisipaliteit sedert die begin van die maand voortgegaan het om onwettige…

|

AfriForum-vullisterreinouditprojek fokus vanjaar op oplossings

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek by die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi van stapel gestuur. Hierdie vullisterrein het in 2016 volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditverslag aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen, maar verlede jaar, ná AfriForum se volgehoue druk op die munisipaliteit, ’n handomkeer prestasie van 80% behaal. “AfriForum sal vanjaar weer…

End of content

End of content