Mpumalanga-buurtwagte ontvang opleiding
| |

Mpumalanga-buurtwagte ontvang opleiding

AfriForum se buurtwagte in Mpumalanga het op 23 April ’n opleidingsdag in Middelburg bygewoon wat uit drie verskillende modules bestaan het. Die eerste module is regs-en-risiko-opleiding en het ten doel om buurtwaglede met kennis te bemagtig oor hoe om korrek en volgens die wet op te tree. Die tweede module het gehandel oor toneelhantering omdat…

AfriForum se Robertson-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding
| |

AfriForum se Robertson-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Robertson het op 31 Oktober 2019 opleiding in toneelhantering ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied. “Lede van die publiek is dikwels eerste op ’n misdaad- of ongelukstoneel. Daarom is dit belangrik dat hulle weet hoe om op te tree en die toneel te bewaar sodat die…

AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang opleiding
| | | | |

AfriForum se Rondeberg-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum het op 7 Augustus vanjaar opleiding onder leiding van David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die Suidstreek, vir dié burgerregteorganisasie se Rondeberg-buurtwag aangebied. Dié buurtwag vorm deel van die Malmesbury-takstruktuur, en ongeveer 40 lede van die gemeenskap het dit bygewoon. Modules wat behandel is, sluit misdaadtoneelhantering en die bewaring van bewysstukke in, asook radiospraakprosedures.

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag ontvang opleiding
| |

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag ontvang opleiding

AfriForum se Gordonsbaai-buurtwag, wat deel van dié burgerregteorganisasie se Helderbergkom-tak vorm, het op 6 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het dié opleiding aangebied, wat deel vorm van ’n opleidingsprogram wat AfriForum se veiligheidstrukture ontwikkel het om hul veiligheidsnetwerk uit te brei en te versterk.

AfriForum se Velddrif-buurtwag ontvang opleiding in toneelhantering en patrollies
| |

AfriForum se Velddrif-buurtwag ontvang opleiding in toneelhantering en patrollies

Lede van AfriForum se Velddrif-buurtwag het op 5 Augustus 2019 opleiding in toneelhantering en patrollievaardighede ontvang. David Olivier, AfriForum se veiligheidskoördineerder vir die suidstreek, het die opleiding aangebied. Dié veiligheidsmodules het ten doel om misdaad in hul onderskeie gemeenskappe te bekamp en gemeenskapslede by te staan en weerbaar te maak.

End of content

End of content