AfriForum se Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare skoonmaakprojek
| |

AfriForum se Rustenburg-tak gaan voort met volhoubare skoonmaakprojek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 30 Januarie 2020 voortgegaan met hul volhoubare skoonmaakprojek deur die gras op die sypaadjie van Fatima Bhayatstraat te sny. Dít volg nadat die tak dié projek op 7 November 2019 geloods het nadat gemeenskapslede ongelukkig was oor gestrooide rommel en gras wat nie gesny word nie. Sedert die projek van stapel gestuur is,…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Stellenbosch-tak maak Kromrivier skoon
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Stellenbosch-tak maak Kromrivier skoon

AfriForum se Stellenbosch-tak het op 12 Oktober 2019 ’n skoonmaakprojek geloods as deel van dié burgerregteorganisasie se #OnsDorp-veldtog. Lede van dié tak het in samewerking met die Stellenbosch Plaaslike Munisipaliteit en gemeenskapslede die omgewing langs Kromrivier by die Helshoogtebrug skoongemaak. Die munisipaliteit het die vullissakke voorsien en ongeveer 25 sakke rommel en ander groter items…

Goeie samewerking lei tot ’n skoner omgewing
| |

Goeie samewerking lei tot ’n skoner omgewing

Lede van AfriForum se Velddrif-tak het op Donderdag 19 September 2019 saam met ander organisasies aan ’n strandskoonmaakprojek deelgeneem. Die strand is vanaf die mond by Laaiplek-hawe tot by Dwarskersbos skoongemaak. Hierdie strandskoonmaakprojek is ’n inisiatief van Cape Nature en Berg River Estuary Forum. Die GPF het ook aan die skoonmaakaksie deelgeneem. “Die projek was…

AfriForum help Krugersdorp opknap tydens #AnkerdorpPadskou
|

AfriForum help Krugersdorp opknap tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandeesmaand sy Ankerdorp-padskou in Krugersdorp uitgerol en verskeie aksies uitgevoer om ’n positiewe verskil in dié dorp te maak. Die burgerregte-organisasie het die padskou afgeskop deur die gebied rondom die Paul Kruger-monument skoon te maak sodat dit weer netjies en veilig vir die publiek is om te besoek. Hulle het ook Eco-Tabs in…

|

Kom vat vandeesmaand saam met AfriForum hande in George

Die AfriForum-tak in George en gemeenskapslede begin vandag moue oprol om dié Suid-Kaapse dorpie skoon te maak en reg te ruk. As deel van die organisasie se #AnkerdorpPadskou skop die #SkoonWater-projek vir 2019 ook vandag by die Rosemoor-ouetehuis in George af. Takke landwyd is ook gemobiliseer om die drinkwater- en rioolwatergehalte in dorpe waar daar…

|

AfriForum hou massaskoonmaakaksie in Tzaneen

Die burgerregte-organisasie AfriForum se Tzaneen-tak het die afgelope naweek ʼn massaskoonmaakprojek by ʼn strook van die Tzaneendam aangepak. Die Tzaneendam is geleë in die Groot Letabarivier in Limpopo en lewer besproeiingswater aan die Letabavallei. Dié skoonmaakprojek het onder meer die verwydering van vullis en onwettige visvangnette uit die dam, die skoonmaak van die ontspanningsterrein, asook…

End of content

End of content