AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies

AfriForum se Tzaneen-tak is tans besig om voedsel in samewerking met Nylstroom se Helpende Hand-tak en ook kerkleiers van die dorp aan ouetehuise en behoeftiges te versprei. Die tak ry gereeld Nylstroom toe om kospakkies te gaan haal en dan vir ouetehuise en behoeftiges in Tzaneen uit te deel. Helpende Hand en die kerkleiers identifiseer…

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings
|

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings

Die AfriForum-tak in Welkom het onlangs verskeie kosskenkings van boere in die omgewing ontvang. Hierdie skenkings is gevolglik aangewend om die nood in plaaslike gemeenskappe te verlig. Die tak het 1 ton mieliemeel, 1 ton suikerbone, 1 ton aartappels, 500 kg witbone, soppoeier en sojaprodukte in ontvangs geneem. Die skenkings is versprei met behulp van verskeie gemeenskapsprojekte wat in…

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie
|

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie

AfriForum se Bethal-tak woeker ten spyte van die COVID-19-pandemie en het gedurende die staat van inperking reeds verskeie projekte voltooi. Meer as 3 ton pampoene is deur die tak ingesamel en na behoeftiges in Bethal, Hendrina en Morgenzon versprei. Die oorskot is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank geneem. Meer as R30 000 se…

AfriForum-takke in Kroonstad en Steynsrus maak skenkings vir aankoop van kospakkies
|

AfriForum-takke in Kroonstad en Steynsrus maak skenkings vir aankoop van kospakkies

Die AfriForum-takke in Kroonstad en Steynsrus het beide skenkings aan instansies gemaak om te help met die aankoop en verspreiding van kospakkies in die gemeenskap. Hierdie skenkings sal die instansies verder in staat stel om gesinne wat deur die staat van inperking geraak is, te ondersteun. Skenkings is onderskeidelik aan Solidariteit Helpende Hand se Kroonstad-tak…

AfriForum se Suid-Kaap-takke kry aartappelskenking
|

AfriForum se Suid-Kaap-takke kry aartappelskenking

AfriForum se Suid-Kaap-takke het met hulp van boerevriende aartappels vanaf die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Die vrag van 28 ton aartappels met ’n  beraamde waarde van R105 000 is op 15 Mei 2020 in George afgelewer, vanwaar dit versprei is. Solidariteit Helpende Hand het saam met AfriForum fondse bewillig om die aartappels na George te vervoer en het…

AfriForum se Jeffreysbaai-tak kry nóg ’n aartappelskenking
|

AfriForum se Jeffreysbaai-tak kry nóg ’n aartappelskenking

AfriForum se Jeffreysbaai-tak het met die hulp van hul voorsitter Dries du Preez ’n verdere skenking van 28 ton aartappels van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Soos met die eerste skenking het die tak weer die vervoerkoste betaal. Die nuutste vrag is op 13 Mei 2020 afgelaai. Altesaam 55 ton aartappels is tot dusver geskenk….

AfriForum stuur Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand van stapel
|

AfriForum stuur Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand van stapel

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 Mei 2020 sy Wes-Kaapse immuunstelsel-inisiatief in samewerking met Solidariteit Helpende Hand in die Kaapse metropool en die Overstrand van stapel gestuur waartydens verskeie ouetehuise in die noordelike voorstede van Kaapstad nartjies ontvang het. AfriForum het hierdie inisiatief reeds in ander provinsies in Suid-Afrika ook van stapel gestuur. “Met hierdie inisiatief wil…

Taakspan gaan volstoom voort om voedsel te versprei
|

Taakspan gaan volstoom voort om voedsel te versprei

Die taakspan wat deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo’s-projek gestig is, het vandag meer as tien ton sitrusprodukte by 20 tehuise in die Pretoria-omgewing afgelewer, ten spyte van pogings deur die regering om die verspreiding van voedsel te sentraliseer. Solidariteit Helpende Hand het ook…

AfriForum se takke in Limpopo skenk handreiniger en gesigmaskers
|

AfriForum se takke in Limpopo skenk handreiniger en gesigmaskers

Die AfriForum-takke in Limpopo het op in April 2020 ’n groot aantal handreiniger en gesigmaskers aan verskeie organisasies in die provinsie geskenk om hulle teen die opdoen van COVID-19 te help beskerm. Die volgende instansies het handreinigers en gesigmaskers ontvang: die Jo-Ann Rusoord vir bejaardes in Pietersburg die Piet Potgieter Tehuis vir bejaardes in Potgietersrus…

AfriForum se Rustenburg-tak skenk kospakkies aan behoeftiges
|

AfriForum se Rustenburg-tak skenk kospakkies aan behoeftiges

Die AfriForum-tak in Rustenburg het in samewerking met ander organisasies soos Solidariteit Helpende Hand en die Vryburgers van 20 tot 24 April 2020 ongeveer 70 kospakkies aan behoeftige gesinne in Rustenburg geskenk. Die pakkies is só saamgestel dat dit ’n gesin van vier vir ’n maand lank met noodsaaklike voedsel kan voorsien. Die maandelikse pakkies bestaan uit…

End of content

End of content