|

Kom vat vandeesmaand saam met AfriForum hande in George

Die AfriForum-tak in George en gemeenskapslede begin vandag moue oprol om dié Suid-Kaapse dorpie skoon te maak en reg te ruk. As deel van die organisasie se #AnkerdorpPadskou skop die #SkoonWater-projek vir 2019 ook vandag by die Rosemoor-ouetehuis in George af. Takke landwyd is ook gemobiliseer om die drinkwater- en rioolwatergehalte in dorpe waar daar…

|

Laeveld kry ’n hupstoot met AfriForum hulp

AfriForum se plaaslike strukture in die Laeveld is nie bang om hul hande vuil te maak nie. Die jeugvleuel van AfriForum se Nelspruit-tak het in Februarie ’n skoonmaakaksie geloods en die eerste van ’n reeks opgraderings by die Pro Gratia-skool begin wat die opknapping van stoepe en klimrame insluit. Die jeugvleuel beplan om in Mei…

|

AfriForum-personeel spring in en verwyder rommel

Personeellede van gemeenskapsake by die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag self ingespring en rommel naby die hoofkantoor in Kloofsig, Centurion, opgetel in ’n poging om die omgewing skoner te maak. Aktiwiteite soos hierdie is deel van die #AnkerdorpPadskou wat in Februarie in Pretoria afgeskop het en reeds met groot sukses in Rustenburg uitgerol is. Die volgende…

|

AfriForum besoek diereskuiling tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag Wollies in Pretoria-Noord besoek as deel van die organisasie se Ankerdorppadskou. Tydens die besoek het die burgerregte-organisasie ingesamelde kos, speelgoed en komberse aan die diereskuiling oorhandig. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum se distrikskoördineerder vir Groter Pretoria-Noord, is die aksie se doel om dié mense by te staan wat die harde werk moet doen…

|

AfriForum hou reuseskoonmaakaksie in Moreletapark tydens #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag as deel van sy #AnkerdorpPadskou ’n reuseskoonmaakaksie in Moreletapark, Pretoria, geloods waartydens die gebied rondom ’n vervalle winkelsentrum ontbos en skoongemaak is. Dít vorm deel van verskeie groot aksies wat regoor Pretoria plaasvind. Dié inisiatief word môre in die Waverley-area voortgesit waar die organisasie verbleikte padtekens naby skole gaan verf. AfriForum nooi…

|

AfriForum loods sy #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede.’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n…

|

Suid-Tiroler deel lesse oor selfstandigheid

Thomas Sinha, ’n inwoner van die selfstandige Europese provinsie Suid-Tirool, het dié gemeenskap se stryd vir selfstandigheid by die derde AfriForum takkongres gedeel. Suid-Tirool is ʼn selfstandige provinsie in die noorde van Italië en grens aan die noorde van Oostenryk en die noordwestelike deel van Switserland. Suid-Tirool was voor 1918 ‘n deel van Tirool in…

|

AfriForum-takke woeker met Ons Dorp-veldtog

Verskeie AfriForum-takke het reeds ingespring en suksesvolle selfdoenaksies in hul dorpe geloods as deel van AfriForum se Ons Dorp-veldtog, wat vandeesmaand nasionaal uitgerol is. Die Potchefstroom-tak het ’n slaggatprojek geloods, waartydens taklede soggens tussen vyfuur en agtuur slaggate vul. Die Sasolburg-tak het grassnyers aangekoop om die dorp se kenmerkende groen stroke skoon en netjies te…

|

Ons Dorp-veldtog bied volhoubare oplossings vir munisipale wanbestuur

Die burgerregtewaghond AfriForum se Ons Dorp-veldtog word vandeesmaand by sy sowat 125 takke nasionaal uitgerol, waartydens dorpe regoor die land volhoubare selfdoenaksies in hul gemeenskappe sal loods. AfriForum het die afgelope paar jaar die selfdoen-beginsel gevestig as ’n teenvoeter vir staatsverval. Met drie suksesvolle Maand van Selfstandigheid-veldtogte het AfriForum se takke reeds miljoene rande bestee…

End of content

End of content