AfriForum stel bewaringsbevel op om verdere Sharemax-bedrog te voorkom
| |

AfriForum stel bewaringsbevel op om verdere Sharemax-bedrog te voorkom

AfriForum en adv. Gerrie Nel het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat die privaatvervolgingseenheid ’n bewaringsbevel opgestel het om te verhoed dat die Nova-eiendomsgroep (vir alle praktiese doeleindes ’n voortsetting van Sharemax) die maatskappy se eiendomme teen pryse ver onder die markwaarde daarvan verkoop – ten koste van aandeelhouers. AfriForum het hierdie bevel aan die…

Ballito-voorval: Munisipaliteit weier inligting vir AfriForum-ondersoek
|

Ballito-voorval: Munisipaliteit weier inligting vir AfriForum-ondersoek

AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel verteenwoordig tans inwoners van Ballito wat onder munisipale vredesbeamptes van die KwaDukuza Munisipaliteit se onbillike en arbitrêre optrede deurgeloop het. AfriForum het reeds in Mei versoek dat dié munisipaliteit die ondersoekverslag van die interne ondersoek na die beamptes se optrede (wat bevind het dat hulle niks…

AfriForum dien wéér klagtes teen Shaun Abrahams in nadat dossier verdwyn
| |

AfriForum dien wéér klagtes teen Shaun Abrahams in nadat dossier verdwyn

AfriForum het vandag weer klagtes van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing en vervalsing teen Shaun Abrahams, voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, en ses ander toplede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien. Dit volg nadat die burgerregteorganisasie in Augustus 2018 hierdie klagtes ingedien het, maar die dossier intussen verdwyn het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het verskeie navrae…

AfriForum: Cele moet Mbalula met dieselfde ywer ondersoek waarmee hy publiek tydens inperking vervolg
| |

AfriForum: Cele moet Mbalula met dieselfde ywer ondersoek waarmee hy publiek tydens inperking vervolg

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in ’n brief aan Bheki Cele, Minister van Polisie, daarop aangedring dat die burgerregteorganisasie se klag teen Fikile Mbalula, Minister van Vervoer, met dieselfde toewyding ondersoek word as waarmee die polisie 230 000 mense gearresteer het vir die sogenaamde oortreding van inperkingsregulasies. Dit volg nadat AfriForum in Augustus 2019 strafregtelike klagtes…

Thandi Modise moet op 8 Mei in hof verskyn
| |

Thandi Modise moet op 8 Mei in hof verskyn

’n Dringende aansoek om uitstel vir die verskyning van Thandi Modise, Speaker in die Nasionale Vergadering, is vandag deur haar regspan in die Noord-Gautengse Hooggeregshof van die rol verwyder. Landdros Ben Mtebele het toegestem dat Modise op 8 Mei 2020 in die Potchefstroomse Streekhof verskyn om te antwoord op haar wanverskyning en om ’n verhoordatum vas…

Geregtelike ondersoek na dood van Deedat-gesin gaan voorlopig in April voort
| |

Geregtelike ondersoek na dood van Deedat-gesin gaan voorlopig in April voort

Die geregtelike doodsondersoek (GDO) in die Johannesburgse landdroshof na Suraya Deedat en haar vier kinders sal voorlopig op 16 April 2020 voortgaan. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, verteenwoordig Suraya se familie. Suraya en haar kinders het in Julie 2011 in hul huis doodgebrand het. Niemand is nog vir hul dood aanspreeklik gehou…

Privaat vervolging van Thandi Modise begin in Maart 2020
| |

Privaat vervolging van Thandi Modise begin in Maart 2020

Thandi Modise, voorheen voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies en tans speaker van die Nasionale Vergadering, het vandag op aanklagte van dieremishandeling in die Potchefstroomse streekhof verskyn. Die saak is voorlopig tot 24 tot 27 Maart 2020 uitgestel, wanneer Modise op die aanklagte sal pleit en die saak ’n aanvang sal neem. Die finale…

Arrestasielasbriewe vir twee vermeende moordenaars van voormalige Rwandese intelligensiehoof uitgereik
| |

Arrestasielasbriewe vir twee vermeende moordenaars van voormalige Rwandese intelligensiehoof uitgereik

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, in kennis gestel dat die NVG lasbriewe bekom het vir die arrestasie van twee van die vier vermeende moordenaars van kol. Patrick Karegeya, voormalige intelligensiehoof van Rwanda. Die NVG is ook in die proses om aansoek te doen vir die uitlewering van…

AfriForum verwelkom NVG se vervolging van Malema
| | | |

AfriForum verwelkom NVG se vervolging van Malema

AfriForum verwelkom die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se aankondiging dat hulle Julius Malema, leier van die EFF, gaan vervolg vir beweerde misdade ingevolge die Wet op die Beheer van Vuurwapens ná volgehoue druk deur die burgerregte-organisasie.

End of content

End of content