Departement se weiering om Botswana met regshulp by te staan, kan dalk regsverydeling wees
|

Departement se weiering om Botswana met regshulp by te staan, kan dalk regsverydeling wees

  Die Suid-Afrikaanse Departement van Justisie en Korrektiewe Dienste se weiering of versuim om die regering van Botswana met wedersydse regshulp by te staan, kan moontlik op regsverydeling neerkom. Só meen adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid. Nel het vandag aangekondig dat dié eenheid ’n mandamus-aansoek teen onder andere Ronald Lamola, die Minister…

Sukses: Polisie arresteer verdagte in aanrandingsaak nadat privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

Sukses: Polisie arresteer verdagte in aanrandingsaak nadat privaatvervolgingseenheid ingryp

Die beskuldigde wat verdink word van die aanranding met die opset om ernstig te beseer, menseroof, opsetlike saakbeskadiging en afpersing van Leonie Kambouris, is op 13 Augustus in Benoni gearresteer. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid Kambouris op 5 Augustus bygestaan het om strafregtelike klagtes teen die beskuldigde by die Benoni-polisiestasie in te dien. Kambouris het reeds…

Privaatvervolgingseenheid ondersteun mishandelde vrou met indien van klag ná regstelsel haar versaak
| |

Privaatvervolgingseenheid ondersteun mishandelde vrou met indien van klag ná regstelsel haar versaak

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het op 5 Augustus vir Leonie Kambouris ondersteun om strafregtelike klagtes van aanranding by die Benoni-polisiekantoor aanhangig te maak. Dit volg nadat sy in Junie 2020 reeds ’n beskermingsbevel teen haar man gekry het, maar die polisie geweier het om haar te help toe sy in Julie vanjaar ’n klag wou lê….

Polisie, NVG reageer na AfriForum ingryp by kindermishandelingsaak
|

Polisie, NVG reageer na AfriForum ingryp by kindermishandelingsaak

Nog ’n onskuldige kind is klaarblyklik deur die Suid-Afrikaanse regstelsel versaak ondanks pres. Cyril Ramaphosa se beloftes dat daar veral tydens die staat van inperking streng teen vroue- en kindermishandeling opgetree gaan word. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid het onlangs twee dokters en ’n maatskaplike werker by ’n polisiestasie in Pretoria bygestaan om strafregtelike klagtes van poging…

Privaatvervolgingseenheid gryp in nadat owerhede versuim om op te tree in mishandeling van vyf maande oue baba
| |

Privaatvervolgingseenheid gryp in nadat owerhede versuim om op te tree in mishandeling van vyf maande oue baba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag twee dokters en ’n maatskaplike werker by ’n polisiestasie in Pretoria bygestaan om strafregtelike klagtes van kindermishandeling teen die ouers van ’n vyf maande oue baba te lê. Dit volg nadat dokters reeds klagtes van kindermishandeling by die polisie aanhangig gemaak het toe die baba slegs vyf weke oud was….

|

Munisipale ondersoek na optrede van Dwarskersbos-amptenare afgehandel

“AriForum help ons so baie, ons kon nie vir ‘n beter span gevra het om ons te lei en ondersteun nie,” het Mari Gericke vandag gesê ná die munisipale ondersoek na optrede van amptenare wat na bewering onbillik teenoor haar, haar man en verskeie Dwarskersbos-inwoners opgetree het tydens die inperkingstyd.

Sukses: Klagtes teen Dwarskerbos-inwoners teruggetrek ná AfriForum ingryp
|

Sukses: Klagtes teen Dwarskerbos-inwoners teruggetrek ná AfriForum ingryp

Adv. Phyllis Vorster, ’n aanklaer by AfriForum se privaatvervolgingseenheid, kon vandag daarin slaag om die staat te oorreed om klagtes teen gemeenskapslede van Dwarskersbos vir die beweerde oortreding van inperkingsregulasies terug te trek. Die eenheid staan ook op 16 Julie 2020 lede van die gemeenskap by in die munisipale ondersoek na die wangedrag van onder…

AfriForum soek antwoorde van regering oor uitlewering van Grace Mugabe
| |

AfriForum soek antwoorde van regering oor uitlewering van Grace Mugabe

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in ’n skrywe aan adv. JB Skosana, direkteur-generaal van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, versoek dat hy bewyse verskaf dat sy Departement die nodige stappe gedoen het om te verseker dat Grace Mugabe aan die Suid-Afrikaanse owerhede uitgelewer word vir die vervolging op aanklagtes van aanranding met die…

Privaat vervolging van Thandi Modise uitgestel tot Desember
| |

Privaat vervolging van Thandi Modise uitgestel tot Desember

Die privaat vervolging van Thandi Modise, speaker van die parlement, is vandag in die Potchefstroomse streekhof uitgestel tot 1-3 Desember 2020. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in 2018 aangekondig het dat hulle Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. Modise moes vandag redes gee vir haar versuim om in Maart vanjaar in die hof…

AfriForum verteenwoordig Botswana-regering in geldwassery-en-bedrogsaak
|

AfriForum verteenwoordig Botswana-regering in geldwassery-en-bedrogsaak

  AfriForum se privaatvervolgingseenheid, onder leiding van adv. Gerrie Nel, gaan die Botswana-regering help in ’n hoëprofielgeldwassery-en-bedrogsaak. Die burgerregteorganisasie het vandag tydens ’n mediakonferensie aangekondig dat hul amptelik deur adv. Stephen Tiroyakgosi, Botswana se Direkteur van Openbare Vervolgings (DOV), aangestel is om die Republiek van Botswana te verteenwoordig in hul versoek om wedersydse regshulp te…

End of content

End of content