AfriForum vol lof vir SAPD ná deurbraak in Senzo Meyiwa-moord en samewerking tydens ondersoek 
| |

AfriForum vol lof vir SAPD ná deurbraak in Senzo Meyiwa-moord en samewerking tydens ondersoek 

AfriForum, wat die Meyiwa-familie in die ondersoek na die moord op die voormalige Bafana Bafana-kaptein Senzo Meyiwa verteenwoordig, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) geloof vir die deurbraak in dié moordondersoek, asook die feit dat die SAPD die afgelope paar maande bereid was om adv. Gerrie Nel en AfriForum se privaatvervolgingseenheid by die ondersoek te betrek….

Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba
| |

Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), antwoorde geëis oor waarom die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) luidens stellings in die media ’n skynbare ommekeer gemaak het oor die vervolging van Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, vir bedrog en meineed. Soos wat dit nou die gebruik is…

Landdros word vervolg ná privaatvervolgingseenheid se toetrede
| |

Landdros word vervolg ná privaatvervolgingseenheid se toetrede

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het nóg ’n oorwinning behaal nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n ommekeer gemaak het en besluit het om wel vervolging in te stel teen Gerald Hattingh, ’n landdros in die Belville-area, op ’n klag van nalatige bestuur. Dit volg nadat Hattingh reeds in 2011 vir Verna Cloete raakgery het. Die NVG het…

NVG maak ommekeer oor moordsaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

NVG maak ommekeer oor moordsaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy aanvanklike besluit om nie die beskuldigde in ’n moordsaak te vervolg nie, omgekeer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid die klaer in dié saak bygestaan het. Die klaer in die saak se man is in Januarie vanjaar in Richardsbaai doodgeskiet en sy het self ook ’n skietwond aan haar hand opgedoen….

AfriForum eis antwoorde by Valke oor oudburgemeester
| | | | |

AfriForum eis antwoorde by Valke oor oudburgemeester

AfriForum het ’n skriftelike navraag aan die provinsiale kommissaris van georganiseerde misdaad in KwaZulu-Natal gerig om navraag te doen oor die status van die ondersoek teen ’n vorige burgemeester van Newcastle. Dít volg nadat AfriForum in 2016 ’n strafregtelike klag by die SAPD ingedien het oor onreëlmatige aankope van drie kragopwekkers waarby die destydse burgemeester…

Verhoordatum vasgestel vir weermagoffisier wat MIV versprei
| |

Verhoordatum vasgestel vir weermagoffisier wat MIV versprei

Die oudweermagoffisier wat ’n medelid van die weermag opsetlik met MIV besmet het en nou van poging tot moord aangekla word, se verhoor sal op 27 Januarie 2021 begin. AfriForum se privaatvervolgingseenheid staan tans die slagoffer by. Die beskuldigde het vandag weer in die hof verskyn ten einde ’n afskrif van die dossier in die saak teen…

Weermagoffisier wat MIV versprei moet later weer in hof verskyn
| |

Weermagoffisier wat MIV versprei moet later weer in hof verskyn

Die beskuldigde offisier van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat van poging tot moord aangekla word omdat hy die klaagster in die saak doelbewus en sonder haar wete met MIV besmet het, het vandag in die Pretoriase Landdroshof verskyn. AfriForum ondersteun die klaer en haar familie. Die beskuldigde het vandag reeds regsverteenwoordiging in die hof…

Sharemax: AfriForum plaas druk op NVG wat weier om in belang van aandeelhouers op te tree
| |

Sharemax: AfriForum plaas druk op NVG wat weier om in belang van aandeelhouers op te tree

AfriForum het vandag in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, versoek dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit oor ’n bewaringsbevel van die Nova-eiendomsgroep heroorweeg word. Die NVG het besluit om nié die Nova-eiendomsgroep (wat vir alle praktiese doeleindes ’n voortsetting van Sharemax is) se bates in bewaring te neem…

Malema, Ndlozi se verhoor begin in Oktober
| |

Malema, Ndlozi se verhoor begin in Oktober

Die Randburgse Landdroshof het vandag die verhoordatum van Julius Malema, leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, vir 13 en 28 Oktober 2020 vasgestel. Ná volgehoue druk deur AfriForum word Malema en Ndlozi deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) vervolg vir die beweerde aanranding van ’n SAPD-kolonel. Dít volg nadat AfriForum in Julie 2019 aangekondig…

Privaatvervolgingseenheid dien in 2020 meer as 20 diensklagtes teen polisie in
| |

Privaatvervolgingseenheid dien in 2020 meer as 20 diensklagtes teen polisie in

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het sedert April 2020 meer as 20 formele diensklagtes teen die polisie ingedien by sekere provinsiale polisiekommissarisse, asook die nasionale polisiekommissaris. Hierdie klagtes spruit uit die onvermoë of onwilligheid van polisielede om hul pligte uit te voer. Die jongste klagte is op 24 Augustus by die kommissaris ingedien in die saak van Odette Kotze…

End of content

End of content