Verhoordatum vir privaat vervolging van Alexis Bizos vasgestel
| |

Verhoordatum vir privaat vervolging van Alexis Bizos vasgestel

Alexis Bizos, seun van Adv. George Bizos, het vandag in die Johannesburgse landdroshof verskyn op ’n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het as aanklaer opgetree namens die slagoffer, Monique van Oosterhout, wat ten tyde van die voorval met Alexis Bizos getroud was….

AfriForum eis geregtelike ondersoek ná dood van Senzo Meyiwa
|

AfriForum eis geregtelike ondersoek ná dood van Senzo Meyiwa

  Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het namens die Meyiwa-familie geëis dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n formele geregtelike ondersoek na die dood van Senzo Meyiwa aanbeveel. AfriForum en die Meyiwa-familie het verlede maand aangekondig dat die organisasie die Meyiwa-familie gaan verteenwoordig. Nel is aangestel as die Meyiwa-familie se advokaat in die…

AfriForum eis geregtelike ondersoek ná dood van Senzo Meyiwa
| |

AfriForum eis geregtelike ondersoek ná dood van Senzo Meyiwa

AfriForum het vandag aangekondig dat adv. Gerrie Nel, hoof van dié burgerregteorganisasie se privaatvervolgingseenheid, namens die Meyiwa-familie geëis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n formele geregtelike ondersoek na die dood van Senzo Meyiwa aanbeveel. AfriForum en die Meyiwa-familie het verlede maand aangekondig dat die burgerregteorganisasie die Meyiwa-familie gaan verteenwoordig. Adv. Nel is aangestel as…

AfriForum sluit sy deel in Ford Kuga-saak af
| |

AfriForum sluit sy deel in Ford Kuga-saak af

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag aangekondig dat hy en sy span hulle aan die geregtelike ondersoek na die dood van Reshall Jimmy onttrek. Jimmy is in Desember 2015 oorlede nadat die Ford Kuga wat hy bestuur het aan die brand geslaan het. Nel het die ondersoek na Jimmy se dood…

|

Duduzane Zuma pleit onskuldig op klag van strafbare manslag

Duduzane Zuma, seun van oudpres. Jacob Zuma, se saak waarin hy van strafbare manslag en roekelose en nalatige bestuur aangekla word, het vandag in die Randburgse landdroshof begin. Yusuf Baba, staatsaanklaer, het in die begin van die hofverrigtinge gesê een klag van strafbare manslag is laat vaar nadat ’n verslag van ’n patoloog getoon het…

|

Voormalige Rwandese intelligensiehoof se moordenaars kan nou vervolg word

Die ondersoekbeampte in die moordsaak van kol. Patrick Karegeya, die voormalige intelligensiehoof van Rwanda, moet binne 14 dae aandui watter stappe hulle gedoen het om die verdagtes in dié saak te arresteer. Dít volg nadat landdros Mashiane Mathopa vandag in die Randburgse landdroshof beslis het dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se geregtelike doodsondersoek na die…

|

Só vorder Gerrie Nel se privaatvervolgingseenheid met sake

Terwyl daar meer as 200 sake op adv. Gerrie Nel se tafel lê vir moontlike privaatvervolging, is heelwat vordering in die afgelope maande in van die hoë profielsake gemaak. AfriForum pak bepaalde sake aan om te verhoed dat die regstelsel gemanipuleer en selektiewe vervolging toegepas word. Dít is tans die stand van sake: Grace Mugabe…

|

Gedugte Selebi-ondersoekspan nou deel van AfriForum se privaatvervolgingseenheid

Adv. Gerrie Nel, hoof van AfriForum se privaatvervolgingseenheid, het vandag by AfriForum se derde nasionale kongres die gedugte ondersoekspan in sy kantoor bekendgestel. Nel het gesê hy werk met ’n ongelooflike span mense wat jare se ondervinding het en almal deel was van die destydse ondersoekspan wat tot Jackie Selebi, voormalige nasionale polisiekommissaris, se vervolging…

|

AfriForum help aanrandingslagoffer met privaat vervolging

Die burgerregte-organisasie AfriForum het pas aangekondig dat hulle die seun van die wêreldberoemde menseregte-advokaat, George Bizos, privaat gaan vervolg. Dit volg nadat Alexis Bizos sy vrou, Monique van Oosterhout, in Maart 2015 aangerand en die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) geweier het om hom te vervolg.

End of content

End of content