Strafregstelsel versaak slagoffer weereens ná verdere uitstel van hofsaak
| |

Strafregstelsel versaak slagoffer weereens ná verdere uitstel van hofsaak

AfriForum se privaatvervolgingseenheid spreek sy misnoeë uit oor die onnodige en vermybare verdere vertraging van die saak teen Gerald Hattingh, ’n landdros in die Belville-area. Die saak is tot 25 November 2020 uitgestel nadat dit gister op die hofrol geplaas is vir verhoor. Die rede hiervoor is dat die voorsittende beampte homself gerekuseer het omdat…

Weermagoffisier wat MIV versprei moet later weer in hof verskyn
| |

Weermagoffisier wat MIV versprei moet later weer in hof verskyn

Die beskuldigde offisier van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) wat van poging tot moord aangekla word omdat hy die klaagster in die saak doelbewus en sonder haar wete met MIV besmet het, het vandag in die Pretoriase Landdroshof verskyn. AfriForum ondersteun die klaer en haar familie. Die beskuldigde het vandag reeds regsverteenwoordiging in die hof…

Polisie neem ouers van mishandelde baba in hegtenis ná AfriForum-toetrede
| |

Polisie neem ouers van mishandelde baba in hegtenis ná AfriForum-toetrede

Die polisie het vandag die ouers van ’n ses maande oue babadogtertjie in hegtenis geneem op strafregtelike klagtes van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het dokters op 24 Julie 2020 ondersteun om dié strafregtelike klagtes in te dien. Die baba is tans in veilige bewaring. Die…

Privaatvervolgingseenheid ondersteun mishandelde vrou met indien van klag ná regstelsel haar versaak
| |

Privaatvervolgingseenheid ondersteun mishandelde vrou met indien van klag ná regstelsel haar versaak

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het op 5 Augustus vir Leonie Kambouris ondersteun om strafregtelike klagtes van aanranding by die Benoni-polisiekantoor aanhangig te maak. Dit volg nadat sy in Junie 2020 reeds ’n beskermingsbevel teen haar man gekry het, maar die polisie geweier het om haar te help toe sy in Julie vanjaar ’n klag wou lê….

SAPD, Departement en NVG se versuim lei tot verdere en voortgesette mishandeling van baba
| |

SAPD, Departement en NVG se versuim lei tot verdere en voortgesette mishandeling van baba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag in skrywes aan die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling en die SAPD geëis dat die saak van die mishandeling van ’n vyf maande oue baba onmiddellike aandag geniet om verdere trauma vir dié slagoffer te voorkom. Dit volg nadat die eenheid verlede week twee dokters en ’n maatskaplike werker bygestaan het…

Privaatvervolgingseenheid gryp in nadat owerhede versuim om op te tree in mishandeling van vyf maande oue baba
| |

Privaatvervolgingseenheid gryp in nadat owerhede versuim om op te tree in mishandeling van vyf maande oue baba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het vandag twee dokters en ’n maatskaplike werker by ’n polisiestasie in Pretoria bygestaan om strafregtelike klagtes van kindermishandeling teen die ouers van ’n vyf maande oue baba te lê. Dit volg nadat dokters reeds klagtes van kindermishandeling by die polisie aanhangig gemaak het toe die baba slegs vyf weke oud was….

Privaat vervolging van Thandi Modise uitgestel tot Desember
| |

Privaat vervolging van Thandi Modise uitgestel tot Desember

Die privaat vervolging van Thandi Modise, speaker van die parlement, is vandag in die Potchefstroomse streekhof uitgestel tot 1-3 Desember 2020. Dít volg nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid in 2018 aangekondig het dat hulle Modise namens die Nasionale Dierebeskermingsvereniging (NDBV) privaat gaan vervolg. Modise moes vandag redes gee vir haar versuim om in Maart vanjaar in die hof…

Oorwinning vir gelykheid voor die reg: NVG gaan Jiba vervolg ná volgehoue druk deur AfriForum
| |

Oorwinning vir gelykheid voor die reg: NVG gaan Jiba vervolg ná volgehoue druk deur AfriForum

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum se privaatvervolgingseenheid skriftelik in kennis gestel dat dit adv. Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, gaan vervolg. Hierdie ommeswaai kom nadat AfriForum en adv. Gerrie Nel die NVG in November 2019 met ’n mandamusaansoek gedreig het om ’n besluit oor die vervolging van Jiba te neem. Die privaatvervolgingseenheid het ’n geruime…

Wetstoepassers behandel wetsgehoorsame mense soos misdadigers: AfriForum ondersoek magsmisbruik in Dwarskersbos
|

Wetstoepassers behandel wetsgehoorsame mense soos misdadigers: AfriForum ondersoek magsmisbruik in Dwarskersbos

AfriForum se privaatvervolgingseenheid onder leiding van adv. Gerrie Nel ondersoek die onlangse voorval van onbillike en arbitrêre optrede van verkeersbeamptes in Dwarskersbos. Die eenheid staan Ludwig Gericke by wat op 9 Mei 2020 voor sy vrou en jong kinders deur twee verkeersbeamptes in Dwarskersbos gearresteer en hardhandig behandel is omdat hy na bewering die inperkingsregulasies oortree het….

Privaat vervolging van Modise, Moyane en Bizos tot dán uitgestel
| |

Privaat vervolging van Modise, Moyane en Bizos tot dán uitgestel

Die privaat vervolging van Thandi Modise (die parlementêre speaker), Tom Moyane (voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens) en Alexis Bizos is uitgestel as gevolg van die COVID-19-pandemie en die staat van inperking. AfriForum se Privaatvervolgingseenheid behartig hierdie vervolgings. Modise moes op 8 Mei 2020 in die Potchefstroomse streekhof verskyn het om ’n verhoordatum vas te stel en…

End of content

End of content