|

AfriForum help strate veiliger maak tydens Ankerdorppadskou

AfriForum het vandag sy Ankerdorppadskou in Waverley, Pretoria, voortgesit waartydens die burgerregte-organisasie dié woongebied verbeter het deur verbleikte padtekens te verf. Die projek is geïdentifiseer weens die veiligheidsrisiko wat ongemerkte paaie vir padverbruikers en skoliere inhou. Die opknappingswerk is hoofsaaklik in strate rondom skole in die Moot gedoen. AfriForum het reeds vandeesweek gewoeker en reuseskoonmaakaksies…

|

AfriForum loods sy #AnkerdorpPadskou

AfriForum het vandag met sy Ankerdorppadskou in Pretoria afgeskop. Tydens vandeesweek se loodsing gaan AfriForum-personeel inspring om onder meer vullis langs strate op te tel, padtekens te verf en te help met ontbossing van gebiede.’n Besoek sal ook aan ’n diereskuiling gebring word waar skenkings van die publiek oorhandig sal word. Die Ankerdorppadskou is ’n…

|

AfriForum-takke regoor die land verhoog lewenskwaliteit in dorpe deur selfdoenprojekte

AfriForum se takke regoor die land het sedert die begin van die jaar skouer aan die wiel gesit en ingespring om dorpe skoner en meer leefbaar te maak. Naboomspruit: Nabome (Euphorbia ingens) is by die dorp se vier ingange geplant en plantpotte netjies oorgeverf. Die tak het ook slaggate in die dorp gevul om die…

|

AfriForum herdenk Wêreldvleilanddag met skoonmaak-aksie

Meer as 50% van Suid-Afrika se vleilande is reeds vernietig of toon agteruitgang. Ons as mense is verantwoordelik om ons vleilande te bewaar en sodoende te verseker dat ons noodsaaklike ekostelsels optimaal funksioneer. Só meen Lambert de Klerk, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake. Die burgerregte-organisasie het as deel van Wêreldvleilanddag onlangs die vleiland in die…

|

AfriForum-vullisterreinouditprojek fokus vanjaar op oplossings

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag sy nasionale vullisterreinouditprojek by die Hatherley-vullisterrein in Mamelodi van stapel gestuur. Hierdie vullisterrein het in 2016 volgens AfriForum se jaarlikse vullisterreinouditverslag aan slegs 36% van die minimum vereistes voldoen, maar verlede jaar, ná AfriForum se volgehoue druk op die munisipaliteit, ’n handomkeer prestasie van 80% behaal. “AfriForum sal vanjaar weer…

|

Grafte van historiese figure skoongemaak tydens Maand van Selfstandigheid

Die burgerregte-organisasie AfriForum het vandag as deel van hul Maand van Selfstandigheid-veldtog die Heldeakker-begraafplaas in Pretoria skoongemaak. Dié begraafplaas is in 1867 geopen en is die rusplek van historiese figure soos Andries Pretorius, Eugène Marais en Paul Kruger. AfriForum het dit goed gedink om dié skoonmaakaksie spesifiek vandag aan te pak ter herdenking van Paul…

|

AfriForum soek fluitjieblasers om staatskorrupsie te ontbloot

Die burgerregte-waghond AfriForum het vandag ʼn veldtog van stapel gestuur om staatsamptenare aan te moedig om korrupsie in hul departemente aan te meld sodat dit ontbloot kan word. Korrupsie is ’n ernstige bedreiging vir ons land se toekoms en dikwels affekteer dit diegene wat finansieel die swaarste trek die ergste,” sê Monique Taute, hoof van…

|

Affies en AfriForum gaan groen in boomplantmaand

Leerlinge by die Afrikaanse Hoër Meisieskool Pretoria (AHMP) is nie bang om hul hande vuil te maak nie. Gr.8-leerlinge aan dié skool het vandag elkeen ingespring en as deel van AfriForum se nasionale boomplantmaand ʼn Vaderlandswilg (Combretum erythrophyllum) voor hul koshuis geplant. “Dit is vir ons ʼn groot voorreg om waar ook al ons kan,…

|

HK-lede gesels oor eerste jaar by De Goede Hoop

De Goede Hoop-koshuis het op Saterdag 21 Oktober ’n opedag vir alle voornemende studente wat in 2018 in die Pretoria-omgewing wil studeer. Dié Afrikaanse privaatkoshuis is op ʼn Christelike grondslag geskoei en word deur die burgerregte-organisasie AfriForum ondersteun. Die koshuis het ten doel om ʼn inklusiewe tuiste vir enige Afrikaanssprekende student te wees. Dit kan…

End of content

End of content