AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg trek kapers vas
| |

AfriForum-buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg trek kapers vas

AfriForum se buurtwagte in Potgietersrus en Pietersburg het op 15 Oktober die polisie bygestaan om die vermeende kapers van ’n sigaretafleweringsvoertuig vas te trek. Die buurtwagte het inligting ontvang oor dié voertuig wat in Potgietersrus gekaap is. Tydens die voorval is die bestuurder van die voertuig in sy skouer en maag geskiet, terwyl die passasier ook…

AfriForum-buurtwag in Potgietersrus help om voertuigdief vas te trek
| | | |

AfriForum-buurtwag in Potgietersrus help om voertuigdief vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het die SAPD op 10 September bygestaan met die arrestasie van ’n vermeende voertuigdief. Die buurtwag het kort na hul Mahwelereng SAPD bygestaan het met die soektog na ’n vermeende verkragter, inligting ontvang van die SAPD wat hulp benodig met die soektog na ’n gesteelde voertuig wat op pad was na…

AfriForum stig tak en buurtwag in Potgietersrus
| |

AfriForum stig tak en buurtwag in Potgietersrus

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 7 September 2020 amptelik ’n tak en buurtwag in Potgietersrus gestig. Sowat 30 gemeenskapslede het die stigting bygewoon en die lede het ook by die buurtwag ingeskakel. Die takbestuur bestaan uit: Hennie de Vos (voorsitter), Louis Loggenberg (ondervoorsitter), Ilze Labuschagne (tesourier), Yolundi Tromp (sekretaris), Robbie de Vos (omgewing- en plaaslikeregeringsake) en Robert…

AfriForum se Potgietersrus-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie saam met SAPD
|

AfriForum se Potgietersrus-buurtwag hou sigbaarheidspatrollie saam met SAPD

Die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het op 20 Augustus in samewerking met die SAPD in dié dorp ’n sigbaarheidspatrollie gehou wat tot die vroeë oggendure geduur het. Die doel van die patrollie was om misdaadvoorkoming te bewerkstellig deur die sigbaarheid van veiligheidstrukture in Potgietersrus te verhoog. Altesaam 13 buurtwaglede was saam met die SAPD by dié patrollie…

AfriForum-buurtwaglede werk saam om brand buite Potgietersrus te bestry
| |

AfriForum-buurtwaglede werk saam om brand buite Potgietersrus te bestry

AfriForum-buurtwaglede het op 16 Augustus die Potgietersrus-brandweer gehelp om ’n wegholbrand te bestry. Die buurtwag het ’n versoek van die brandweer in Potgietersrus ontvang om bystand te lewer met die blus van ’n veldbrand wat by die Percy Fyfe-pad en die R101 ontstaan het. AfriForum se buurtwaglede het die brand in samewerking met plaasboere en die…

AfriForum-buurtwaglede help om vermeende brandstofdiewe in hegtenis te neem
| |

AfriForum-buurtwaglede help om vermeende brandstofdiewe in hegtenis te neem

AfriForum-buurtwaglede in Potgietersrus het op 5 Augustus 2020 vermeende brandstofdiewe in samewerking met lede van die SAPD vasgetrek. Die eienaar van ’n plaaslike vervoeronderneming en AfriForum-buurtwaglid is op 3 Augustus ingelig dat 150 liter diesel vir een van sy trokke ingegooi is. Dié volume was vir hom vreemd en hy het saam met die buurtwag ondersoek gaan instel…

AfriForum-buurtwag trek verdagtes in Potgietersrus vas
| |

AfriForum-buurtwag trek verdagtes in Potgietersrus vas

Die AfriForum-buurtwag in Potgietersrus het op 28 Junie 2020 vier verdagtes vasgetrek nadat die buurtwag inligting ontvang het dat ’n gesteelde voertuig van Rustenburg na Potgietersrus onderweg is. Dié buurtwag, wat vroeg in Junie ’n AfriForum-buurtwag geword, het vinnig opgetree en die voertuig op die N1 voorgekeer. Vier verdagtes is gearresteer en die polisie is ontbied. Dié…

Inwoners veg verbete teen korrupte burgemeester se skrikbewind
|

Inwoners veg verbete teen korrupte burgemeester se skrikbewind

Noem die naam Andrina Matsemela in Mokopane (Potgietersrus) en die inwoners van die dorp en township spoeg vuur. Dié burgemeester van die Mokgalakwena Plaaslike Munisipaliteit voer glo ’n skrikbewind in die dorp. Weens haar politieke verbintenisse is sy klaarblyklik onaantasbaar en gevolglik is dit gewone mense wat die meeste ly. Die dorp is soos talle…

End of content

End of content