AfriForum se Zeerust-buurtwag handhaaf hoë sigbaarheid
| |

AfriForum se Zeerust-buurtwag handhaaf hoë sigbaarheid

Die AfriForum-buurtwag in Zeerust het ’n aktiewe Februarie-maand gehad en het altesaam 204 patrollies gery om sigbaarheid in die dorp te verhoog en misdaad hok te slaan. Die buurtwag het die polisie ook bygestaan om ses verdagtes vas te trek wat uit die plaaslike gevangenis ontsnap het. Ander suksesse sluit in die voorkoming van twee…

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag maak veilige besoeke aan begraafplaas moontlik
| |

AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag maak veilige besoeke aan begraafplaas moontlik

Die AfriForum-buurtwag in Vanderbijlpark het op 27 September 2020 by die plaaslike begraafplaas gepatrolleer om die gemeenskap die geleentheid te gee om hul geliefdes se grafte veilig te besoek. AfriForum se Vanderbijlpark-buurtwag het dié inisiatief aangepak om die gemeenskap se veiligheid te verseker tydens besoeke aan die begraafplaas. “Ons moedig die publiek aan om die…

AfriForum en Saai beplan versetpatrollie in reaksie op teenstand teen buurt- en plaaswagbedrywighede
|

AfriForum en Saai beplan versetpatrollie in reaksie op teenstand teen buurt- en plaaswagbedrywighede

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai sal enige teenstand beveg vanuit staatsgeledere teen buurt- en plaaswagte wat wettige bedrywighede hervat. Dié organisasies moedig buurtwagte aan om patrollie te ry, ten spyte van voorvalle van teenkanting wat by die organisasies aangemeld is. AfriForum en Saai sal ook regshulp bied aan enigeen wat kwaadwillig vervolg word…

Buurtwagte ervaar teenstand van SAPD op grondvlak om aktiwiteite te hervat
|

Buurtwagte ervaar teenstand van SAPD op grondvlak om aktiwiteite te hervat

AfriForum-buurtwagte in die Wes-Kaap ervaar tans heftige teenstand van senior SAPD-beamptes op sowel distriks- as stasievlak om weer hulle gebiede te beveilig nadat adv. Albert Fritz, Wes-Kaapse Minister van Gemeenskapsveiligheid, op 1 Junie 2020 aangekondig het dat buurtwagte weer hul pligte kan hervat. Buurtwagte was ingevolge regulasies nie operasioneel tydens vlak 4 en vlak 5 van die inperking nie….

#AnkerdorpPadskou: AfriForum bestee R71 000 aan opknappingswerk
| |

#AnkerdorpPadskou: AfriForum bestee R71 000 aan opknappingswerk

AfriForum het einde November sy Ankerdorp-projek in Bethlehem met verskeie opknappingsprojekte afgesluit. Die #AnkerdorpPadskou het in Februarie vanjaar afgeskop en verskeie selfdoenaksies is in Pretoria, Rustenburg, George, Nelspruit, Tzaneen, Krugersdorp, Secunda en Bethlehem uitgevoer. Ongeveer 1 210 sakke vullis is tydens die Ankerdorp-projek verwyder, veiligheidspatrollies van 1 714 manure is afgelê, R71 650 se opknappingswerk is gedoen en…

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag trek verdagte vas
| |

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag trek verdagte vas

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het op 6 November 2019 ’n verdagte aangekeer nadat twee patrolleerders van dié buurtwag gesien het hoe ’n verdagte ’n vrou teen ’n muur vasgooi en vasdruk. Die verdagte het die vrou se handsak gegryp en probeer weghardloop. Die buurtwaglede het die verdagte agternagesit en vasgetrek. Kilnerpark Sekuriteit het hulp verleen en het die…

|

Misdaadvoos Suid-Afrikaners nóg meer kwesbaar wys nuwe misdaadsyfers

Die jongste misdaadsyfers bevestig die land se burgers het rede om toenemend onveilig en bang te voel. Genl. Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, het die stygende geweldsmisdaadsyfers vanoggend in die parlement bekend gemaak. Volgens die skoksyfers het die moordsyfer vir April 2014 tot Maart 2015 met 4,6% persentasiepunte gestyg. In April 2013 tot Maart 2014 is…

End of content

End of content