AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel
| |

AfriForum se Hoogland-buurtwagte neem aan nasionale patrollie deel

Die AfriForum-buurtwagte in Bultfontein, Harrismith, Odendaalsrus, Welkom, Winburg, die Sandrivier-distrik en Ventersburg het op 4 Oktober 2019 aan dié organisasie se nasionale patrollie deelgeneem om polisiëringsigbaarheid op te skerp. Die patrollie is tussen 18:00 en 06:00 in samewerking met die polisie, gemeenskapslede, verskeie sekuriteitsmaatskappye en ander veiligheidsinstansies in die onderskeie gebiede uitgevoer. Die Hoogland-buurtwagte se…

AfriForum se Kraaifontein-buurtwag skep hoop
| |

AfriForum se Kraaifontein-buurtwag skep hoop

AfriForum se Kraaifontein-buurtwag het in September in samewerking met die Kraaifontein Sektor 4B-buurtwag en die SAPD op verskeie voorvalle gereageer en verdagtes aangekeer. Dié twee buurtwagte het twee weke gelede gereageer nadat twee vermeende rowers twee slagoffers met messe gedreig het en ’n selfoon geroof het. Die buurtwagte het ’n soektog van stapel gestuur en…

AfriForum se Piet Retief-buurtwag hou massapatrollie
| |

AfriForum se Piet Retief-buurtwag hou massapatrollie

Die AfriForum-buurtwag in Piet Retief het op 13 September 2019 aan nóg ’n suksesvolle massapatrollie deelgeneem. Die plaaslike SAPD het 16 lede en ses voertuie vir die patrollie beskikbaar gestel. ’n Konvooi het elke sektor in Piet Retief besoek om sigbaarheid te verhoog. Altesaam 24 voertuie en 52 lede het deur die nag aan die patrollie deelgeneem….

AfriForum se Vryburg-buurtwag trek nuwe baadjie aan
| |

AfriForum se Vryburg-buurtwag trek nuwe baadjie aan

Die AfriForum-buurtwag in Vryburg lewer reeds die afgelope ses jaar ’n waardevolle bydrae om misdaad in die omgewing te bekamp. Aangesien nuwe uitdagings egter onlangs ondervind is, het die buurtwag besluit om hul strategie te verander sodat hulle die dorp beter kan beskerm. Voorheen het patrollielede die hele dorp vir twee ure lank gepatrolleer. Die…

AfriForum se Meyerspark-buurtwag oefen breek-en-gryp-teenkamping
| |

AfriForum se Meyerspark-buurtwag oefen breek-en-gryp-teenkamping

Lede van AfriForum se Meyerspark-buurtwag het op 10 September 2019 hul aksieplan ingeoefen om breek-en-gryp-voorvalle in die area af te weer. Dié oefening vorm ook deel van die buurtwag se beplanning vir en voorbereiding op die nasionale patrollie wat later vanjaar gaan plaasvind. Die aksie is aangepak omdat daar heelwat breek-en-gryp-voorvalle in die omgewing voorkom….

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes vas te trek
| |

AfriForum se Standerton-buurtwag help om verdagtes vas te trek

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 22 Augustus 2019 tydens ’n plaaspatrollie ’n verdagte groen Isuzu bakkie opgemerk wat vermoedelik gesteelde kanne diesel vervoer het. Die buurtwag en NYSTIQ het vinnig gereageer en die voertuig agterna gesit. Die Standerton SAPD en Kasselman Sekuriteitsdienste is ontbied en ’n verdagte is gearresteer. Die verdagte het skuld erken en is…

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag beveilig gemeenskap
| |

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag beveilig gemeenskap

AfriForum se Roodepoort-tak en -buurtwag het in Augustus aan verskeie veiligheidsaksies en klopjagte deelgeneem. Op 16 Augustus 2019 het AfriForum se Roodepoort-buurtwag aan die maandelikse massasigbaarheidspatrollie deelgeneem. Dié patrollie is in samewerking met die volgende instansies uitgevoer: Die SAPD, SCP Security, APCAN Security Group, EC Security, Fairlands GPF, National Security & Fire, Delta Tactical Security, Beagle Watch…

AfriForum-buurtwagte skerp veiligheid op
| |

AfriForum-buurtwagte skerp veiligheid op

AfriForum se Oos-Moot-buurtwag het die afgelope naweek veiligheid in hul gebied opgeskerp deur gedeeltes van die heining langs die treinspoor reg te maak nadat sowel die Oos-Moot- as Moot-buurtwagte op 25 Julie te voet aan patrollies deelgeneem het. Buurtwaglede het al langs die treinspoor van Gezina tot in Queenswood gestap om probleme te identifiseer en…

End of content

End of content