AfriForum se Teks-tak vul slaggate tydens #OnsDorp-projek  
| |

AfriForum se Teks-tak vul slaggate tydens #OnsDorp-projek  

AfriForum se Teks-tak het die afgelope naweek meer as 1 ton teer gebruik om slaggate in Secunda te herstel. Hierdie veldtog vorm deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Die Teks-tak het vanjaar al meer as 5 ton teer aangekoop om slaggate te vul. “Die herstel van slaggate is vir ons ’n prioriteit en ons wil…

AfriForum se Bethal-tak snoei bome by gevaarlike kruising
| |

AfriForum se Bethal-tak snoei bome by gevaarlike kruising

Die AfriForum-tak in Bethal het op 28 September bome gesnoei wat die stoptekens op die N17-snelweg versper het. Hierdie bome het ’n veiligheidsrisiko vir padgebruikers ingehou aangesien motoriste versuim het om by dié kruising te stop. Die N17-snelweg loop deur Bethal en talle motoriste maak daagliks van hierdie pad gebruik. Die bome is geleë waar…

Groot slaggat herstel in Jeanlaan ná volgehoue druk
| |

Groot slaggat herstel in Jeanlaan ná volgehoue druk

AfriForum het op 3 September ’n skrywe aan die Tshwane Metro gerig oor ’n groot slaggat in Jeanlaan. Die slaggat het ’n gevaar vir motoriste ingehou wat daagliks dié pad gebruik. AfriForum se Centurion-tak het al verskeie slaggate in die omgewing herstel en het reeds ’n kwotasie aangevra om die slaggat te herstel. Ná volgehoue…

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig
| |

Gevaarlike kruising in Bethal beveilig

AfriForum se Bethal-tak het op 25 Augustus ’n gevaarlike kruising op die N17 beveilig deur ’n boom te snoei. Die boom, wat op die hoek van Tsibitsa Sibanyonistraat en die N17 groei, het dié kruising se stoptekens versteek. Bethal-inwoners was bekommerd omdat vragmotors nie die stoptekens kon sien nie en dan volstoom oor die kruising…

AfriForum se Vryburg-tak rig stoptekens op
| |

AfriForum se Vryburg-tak rig stoptekens op

Die AfriForum-tak in Vryburg het op 13 en 14 Augustus 2020 elf nuwe stoptekens in die dorp opgerig. Dié tak het altesaam reeds meer as 40 stoptekens in die dorp opgerig. “Baie van die paaie het op kritiese plekke nie meer stoptekens gehad nie – dit was of verwyder of omgery. Voetgangers en ander bestuurders se veiligheid…

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Witbank-tak rig verkeerstekens op
| |

#OnsDorp-veldtog: AfriForum se Witbank-tak rig verkeerstekens op

AfriForum se Witbank-tak het in November verskeie stoptekens in dié stad vervang en padtekens oorgeverf as deel van dié organisasie se #OnsDorp-veldtog. Sommige verkeerstekens was weg of nie meer duidelik sigbaar nie en die Witbank-tak het ingegryp om motoriste se veiligheid te verseker. Die tak gaan ook deur die loop van die maand nóg stoptekens…

AfriForum se Endicott-plaaswag in Springs loods padveiligheidsaksie
| |

AfriForum se Endicott-plaaswag in Springs loods padveiligheidsaksie

Die Endicott-plaaswag, verbonde aan AfriForum se Springs-tak, het op 24 Augustus 2019 ’n padveiligheidsaksie van stapel gestuur. Tydens hierdie aksie is verskeie stoptekens, spoedhobbels en padtekens, in samewerking met die Lesedi Plaaslike Munisipaliteit, opgeknap. Dié aksie volg nadat die gemeenskap aangedring het op instandhouding. Die gemeenskap het druk op die munisipaliteit geplaas oor die volgende…

End of content

End of content