AfriForum se Overstrand-tak vier boomplantmaand
| | |

AfriForum se Overstrand-tak vier boomplantmaand

AfriForum se Overstrand-tak het onlangs as deel van dié burgerregteorganisasie se jaarlikse boomplantmaandprojek vyf wildevy- en waterpeerbome by die Hoërskool Hermanus geplant. “Ons bedank elke persoon wat tot die suksesvolle afloop van die projek bygedra het. Die skool en sy leerders was baie opgewonde om die bome te plant,” sê Cuan Elgin, voorsitter van AfriForum…

AfriForum se Overstrand-tak bedank geliefde skoolhoof
| |

AfriForum se Overstrand-tak bedank geliefde skoolhoof

AfriForum se Overstrand-tak het op 17 Junie 2020 ’n boekoorhandiging gehou waartydens ’n afskeidsgeskenk aan Hoërskool Hermanus se skoolhoof, Greg Hassenkamp, gegee is. Hy verlaat die skool nadat hy ’n pos by Pretoria Boys High School aanvaar het. “Mnr. Hassenkamp het ’n besondere rol in die gemeenskap gespeel en was altyd bereid om saam met AfriForum te…

AfriForum skenk kospakkies aan mense in nood
|

AfriForum skenk kospakkies aan mense in nood

AfriForum se Overstrand-tak het op 22 Mei 2020 22 kospakkies aan die plaaslike Solidariteit Helpende Hand-tak geskenk om gemeenskapslede in nood te help. Dié pakkies bevat niebederfbare kos en skoonmaakmiddels en elke pakkie kan ’n gesin van vier vir ’n maand voed. Dié skenking is moontlik gemaak deur fondse vanuit die Overstrand-tak se taknoodfonds, wat danksy donasies…

AfriForum-lugvleuel ʼn moet in elke gemeenskap
| |

AfriForum-lugvleuel ʼn moet in elke gemeenskap

AfriForum se Overstrand-tak het einde 2019 besluit om ’n hommeltuig aan te koop en om ’n hommeltuigvlieënier uit die gemeenskap op te lei. Lede van die gemeenskap het geld geskenk om volgens die vereiste lugvaartwetgewing ’n lugbandradio aan te koop. Dié lugvleuel in die Overstrand werp op hierdie stadium goeie vrugte af – nie net…

Buurtwagte in Overstrand verhoog sigbaarheid voor feesseisoen
| |

Buurtwagte in Overstrand verhoog sigbaarheid voor feesseisoen

AfriForum se Overstrand-buurtwagte het in November begin met die burgerregteorganisasie se nasionale sigbaarheidspatrollie wat tot 15 Desember 2019 sal duur. AfriForum het dié nasionale projek van stapel gestuur om polisiëringsigbaarheid oor die komende feesseisoen te verhoog. Misdaad sal na verwagting oor die feesseisoen toeneem; daarom wil AfriForum se buurtwagte ’n verskil in hul onderskeie gemeenskappe maak deur…

AfriForum se Overstrand-buurtwagte hou opvolgsigbaarheidspatrollie
| |

AfriForum se Overstrand-buurtwagte hou opvolgsigbaarheidspatrollie

AfriForum se Fisherhaven- en Alfa-buurtwag, wat deel is van AfriForum se Overstrand-tak, het op 16 en 17 Oktober 2019 ’n opvolgpatrollie in hul onderskeie gebiede gehou om sigbaarheid te verhoog. Hierdie sigbaarheidsaksie volg op die suksesvolle nasionale patrollie wat op 4 en 5 Oktober 2019 gehou is. Altesaam 25 privaat voertuie het saam met die SAPD en…

Projek Nehemia: AfriForum bied veiligheidsopleiding in Hermanus aan
|

Projek Nehemia: AfriForum bied veiligheidsopleiding in Hermanus aan

AfriForum se Projek Nehemia, ’n proaktiewe strategie teen geweldsmisdaad, is sterk op dreef in die Overstrand. Die burgerregteorganisasie het die afgelope naweek ’n twee dag lange opleidingsessie in Hermanus gehou, waartydens modules soos regsaspekte, patrollievaardighede, basiese inligting, gebiedsbeskerming en toneelhantering aangebied is. Projek Nehemia het onder meer ten doel om vennootskappe met sleutelrolspelers te bou…

Goeie samewerking tussen buurtwagte en SAPD lei tot misdaadafname in Hermanus
| |

Goeie samewerking tussen buurtwagte en SAPD lei tot misdaadafname in Hermanus

Kol. Luthando Nosilela, bevelvoerder van die polisie in Hermanus, het op 12 September 2019 bekend gemaak dat misdaad in Hermanus oor die afgelope vyf maande drasties afgeneem het. Van 1 April tot 31 Augustus 2019 het huisbrake met 17,9% afgeneem, diefstal van en uit motors met 20% en inbrake by ondernemings met 54%. Nosilela het die afname onder meer toegeskryf…

End of content

End of content