AfriForum se Upington-tak ontsmet kleuter- en naskole
|

AfriForum se Upington-tak ontsmet kleuter- en naskole

Die AfriForum-tak in Upington het van 29 Junie tot 3 Julie 2020 inisiatief geneem om kleuterskole te help om gereed te wees om volgens die COVID-19-regulasies te heropen deur 21 kleuter- en naskole te ontsmet. Die skole se klaskamers, speelareas, badkamers, speelterrein en klimrame is met ’n bioafbreekbare middel ontsmet. Van die skole wat ontsmet is sluit in…

AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool
|

AfriForum se Witrivier-tak ontsmet kleuterskool

Die AfriForum-tak in Witrivier het op 30 Junie 2020 gehelp om Witrivier Preprimêr te ontsmet sodat dié skool voorbereid is om volgens die COVID-19-regulasies te heropen. Taklede het ingespring en klaskamers en die speelterrein ontsmet om te verseker dat die kleuters veilig kan terugkeer skool toe. “Ons is bly dat die skole weer kan open en dat…

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nog skole
|

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nog skole

AfriForum se Pietersburg-tak het op 23 Mei 2020 die Hoër Tegniese Skool Tom Naudé se skoolterrein, werkwinkel en koshuis met ongeveer 400 liter ontsmettingsmiddel ontsmet. Dié tak het ook op 21 Mei 2020 Laerskool Pietersburg en Laerskool Pietersburg-Noord se terreine, klaskamers, badkamers en koshuise ontsmet. Verskeie skole in Pietersburg en Potgietersrus is reeds ontsmet en die tak gaan voortgaan…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Projek skop af om honderde skole gereed te maak vir heropening
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: Projek skop af om honderde skole gereed te maak vir heropening

Die burgerregteorganisasie AfriForum skop vandag sy #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek af om skole te help om gereed te maak vir heropening. AfriForum se gemeenskapstrukture en AfriForum Jeug het honderde sanitasiehulppakkette na skole regoor die land versprei, terwyl AfriForum se takke ook vandeesweek in alle erns begin om skole met reinigingsmiddel te ontsmet. Die nood vir die…

AfriForum se Marble Hall-tak ontsmet laerskool
|

AfriForum se Marble Hall-tak ontsmet laerskool

Die AfriForum-tak in Marble Hall het Laerskool Marble Hall op 23 Mei 2020 met ongeveer 1 100 liter ontsmettingsmiddel skoongemaak om dié skool op heropening voor te berei. Die tak het die buurtwag en die jeugvleuel ingespan om te help en die skool is met ses rugsakspuite en ’n trekker ontsmet. Dit het die span twee uur geneem…

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nóg twee skole
|

AfriForum se Pietersburg-tak ontsmet nóg twee skole

Die AfriForum-tak in Pietersburg het die geveg teen die verspreiding van COVID-19 voortgesit en nóg twee skole ontsmet. Die Laerskool Pietersburg (Suidskool) is op 14 Mei 2020 met ongeveer 200 liter ontsmettingsmiddel gespuit, terwyl die Laerskool Ivypark op 16 Mei 2020 ook met 200 liter ontsmet is. Die tak gaan ook vandeesweek twee addisionele spuite aankoop om die ontsmettingsprojek te bespoedig….

End of content

End of content