Klerksdorp se Songloed-buurtwag herstel straatligte as deel van #OnsDorp-projek
| |

Klerksdorp se Songloed-buurtwag herstel straatligte as deel van #OnsDorp-projek

AfriForum se Songloed-buurtwag en werkernemers van die Matlosana Plaaslike Munisipaliteit het op 29 Oktober ’n groot verskil in Songloed en Elandsheuwel gemaak deur ’n aantal straatligte te herstel. Misdaad in die area het toegeneem as gevolg van straatligte wat nie werk nie en die gebied in donkerte hul. Die munisipaliteit het onderdele en toerusting voorsien…

Potchefstroom-tak vul slaggate as deel van #OnsDorp-projek
| |

Potchefstroom-tak vul slaggate as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het gedurende Julie 147 m² se slaggate met 590 sakkies teer gevul as deel van die #OnsDorp-projek. Slaggate is in gedeeltes van die volgende strate gevul: Louis le Grangestraat, Kockstraat, Gobeystraat, Meyerstraat, Marthinusstraat, Johannes Dreyerstraat, Langenhovenstraat en Van Heerdenstraat. Die AfriForum-buurtwag het die slaggate in Paryslaan, by die Sasol-vulstasie, ook laat…

AfriForum-tak in Sasolburg doen meer vir #OnsDorp-projek
| |

AfriForum-tak in Sasolburg doen meer vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Sasolburg het in Julie voortgegaan om die dorp op te knap en mooier te maak as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Daar is bossies in die groenstrook in Snymanstraat gesny. Tussen Tuinedal en die dammetjie is gras gesny en die area skoongemaak en daar is ook met die bossiesnyers skoongemaak tot…

Parys-tak woeker met #OnsDorp-projek te midde van krag- en waterkrisis
| |

Parys-tak woeker met #OnsDorp-projek te midde van krag- en waterkrisis

Die AfriForum-tak in Parys het ten spyte van die krag- en waterkrisis in dié dorp steeds ’n aantal projekte van stapel gestuur die afgelope twee maande. Hierdie tak het in Julie as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek slaggate gevul in Schilbachstraat voor die Blikoortjies Kleuterskool. Daar is 50 sakke, oftewel ’n bietjie meer as…

Bothaville-tak en boere herstel slaggate op R504 as deel van #OnsDorp-projek
| |

Bothaville-tak en boere herstel slaggate op R504 as deel van #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Bothaville het slaggate op die R504 herstel in samewerking met plaaslike boere wat ook gebruik maak van hierdie pad. Slaggate is op hierdie pad vanaf die vierrigtingstopstraat by Bothaville in die rigting van Leeudoringstad tot by Brug 14 herstel. Die R504 is ’n pad wat swaar verkeer dra, veral in oestyd, en…

AfriForum se Springbok-tak knap begraafplaas op
| |

AfriForum se Springbok-tak knap begraafplaas op

Die AfriForum-tak in Springbok het in Julie die plaaslike begraafplaas opgeknap as deel van die organisasie se #OnsDorp-projek. Die tak het ’n aantal boomtakke afgesny wat oor die grafte hang en onkruid verwyder wat die grafte versuur. Agt groot sleepwa-vragte vol rommel en tuinvullis is verwyder. Die begraafplaas is meer as 20 jaar laas skoongemaak…

Rustenburg-tak hou patrollie by begraafplaas vir #OnsDorp-projek
| |

Rustenburg-tak hou patrollie by begraafplaas vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Rustenburg het op 24 Julie ’n patrollie by die Donkerhoek-begraafplaas gehou om die veiligheid van besoekers te verseker. Daar was 15 taklede betrokke by die patrollie wat van 09:00 tot 15:00 plaasgevind het. Die begraafplaas is ook skoongemaak deur die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit en AfriForum wat tussen die grafte met bossiekappers gesny…

Hartbeespoort-tak verf randstene vir #OnsDorp-projek
| |

Hartbeespoort-tak verf randstene vir #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Hartbeespoort het gedurende Julie die randstene rondom Laerskool Generaal Hendrik Schoeman en padmerkers by vyf kruisings geverf. Altesaam 10 liter swart padverf en 10 liter wit padverf is gebruik. “Die padmerkers en randstene in Hartbeespoort het al met die jare begin onduidelik raak en AfriForum se Harties-tak het besluit om inisiatief te…

Mooinooi-tak vul slaggate met #OnsDorp-projek
| |

Mooinooi-tak vul slaggate met #OnsDorp-projek

Lede van AfriForum se Mooinooi-tak het op 23 Julie 2022 bymekaargekom om die slaggatprobleem in dié dorp te takel. Dit volg nadat die Madibeng Plaaslike Munisipaliteit geen instandhouding op die paaie doen nie en die gemeenskap al menigte klagtes daaroor by dié munisipaliteit ingedien het. Daar is 33 sakke precrete van 25 kg elk gebruik…

Williston-tak maak verskil by ouetehuis met #OnsDorp-projek
| |

Williston-tak maak verskil by ouetehuis met #OnsDorp-projek

Die AfriForum-tak in Williston het op 15 Julie vars groente aan die Emmanuel-ouetehuis op die dorp geskenk as deel van hierdie organisasie se #OnsDorp-projek. Beet, pampoen, aartappels, boontjies, uie, wortels, rys en benodighede vir sop is aan die ouetehuis oorhandig, asook ’n bederfpakkie vir elkeen van die bejaardes. Hierdie gebaar was ’n groot en trotse…

End of content

End of content