Sukses: Minister se besluit vir myn by Krugerwildtuin afgekeer
| |

Sukses: Minister se besluit vir myn by Krugerwildtuin afgekeer

Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n hofbevel bekom wat Barbara Creecy, Minister van Bosbou, Vissery en Omgewingsake se besluit om ’n omstrede mynaansoek te hersien, tersyde stel. Dié aansoek is reeds in 2019 ingedien om digby die Nasionale Krugerwildtuin te myn. AfriForum het hierdie aansoek gebring aangesien die mynmaatskappy, Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. ’n appèlproses…

AfriForum rig dringende skrywes aan Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metro oor toestand van riviere
| | |

AfriForum rig dringende skrywes aan Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metro oor toestand van riviere

AfriForum het op 27 Oktober ’n dringende skrywe aan die Tshwane-, Johannesburg- en Ekurhuleni-metro gerig oor onverwerkte riool wat in die Hennops-, Kaalspruit- en Sesmylspruitrivier invloei. Dié drie riviere word al vir jare reeds erg besoedel weens onverwerkte riool wat uit mangate stroom en gereelde rioolstorting wat plaasvind. AfriForum het voorheen skrywes oor die probleme…

AfriForum se Thabazimbi-tak plant bome vir boomplantmaand
| |

AfriForum se Thabazimbi-tak plant bome vir boomplantmaand

AfriForum se Thabazimbi-tak het onlangs hul deel gedoen vir boomplantmaand. Die tak het vyf bome aan Laerskool Thabazimbi geskenk en saam met die hoof en skoliere dié bome geplant. “Ons is hier om ’n verskil te maak,” sê Pieter Lamprecht, voorsitter van die Thabazimbi-tak. Die doel van hierdie projek is om die omgewing te verbeter…

AfriForum-boomplantmaand: ’n nuwe begin van hoop
| |

AfriForum-boomplantmaand: ’n nuwe begin van hoop

AfriForum het op 28 Augustus sy jaarlikse boomplantmaand afgeskop deur ses Natal-vyebome (Ficus natalensis) by The Lucky Lucy Foundation (http://www.luckylucy.org/) buite Malmesbury te plant. AfriForum gaan die hele Septembermaand aan boomaanplantings regoor die land wy. Volgens Lambert de Klerk, AfriForum se bestuurder vir Omgewingsake, is dié projek deel van ’n poging om die toekoms te…

AfriForum dien kommentaar in op aansoek vir beoogde eksplorasie
| |

AfriForum dien kommentaar in op aansoek vir beoogde eksplorasie

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 21 Augustus 2020 kommentaar ingedien op die beoogde eksplorasie-aansoek in ’n streek van die kusgebied tussen St. Francisbaai en Mosselbaai. SLR Consulting doen namens Total SA aansoek om 11 gate aan die kusgebied as eksplorasieputte te boor. Dié gebied is onontbeerlik vir die mariene biodiversiteit aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. Boonop is daar ’n beskermde…

|

AfriForum loods sy #SkoonWater-projek vir 2020

AfriForum glo daarin om nie net klagtes in te dien en skrywes te rig nie, maar om ook werkbare oplossing vir gemeenskappe te bied,” sê Lambert de Klerk, bestuurder van Omgewingsake by AfriForum. AfriForum het vandag sy #SkoonWater-projek vir 2020 geloods en takke landwyd is gemobiliseer om die drinkwater- en rioolwatergehalte in dorpe waar daar…

AfriForum werk hard om vleilande te probeer red
|

AfriForum werk hard om vleilande te probeer red

  Meer as 60% van Suid-Afrika se vleilande is onherstelbaar vernietig of gaan agteruit weens erosie, besoedeling, brande en veral landbou-aktiwiteite. Hoewel sowat 23 vleilande in Suid-Afrika sedert 1975 onder die Ramsar-konvensie vir vleilande van internasionale belang, beskerm word, is baie van hierdie areas egter swak bestuur en min inligting is oor hul akwatiese biodiversiteit…

|

Omgewingskenner waarsku teen beplande steenkoolmyn by Krugerwildtuin

AfriForum gaan volstoom voort om die steenkoolmyn by die Krugerwildtuin teen te staan. Strafregtelike klagtes gaan ook binnekort ingedien word. Luister hier na die waarskuwings van ’n omgewingskenner indien met ontginning van steenkool in dié area in Mpumalanga voortgegaan word. Jy kan ook help. Steun ons veldtog by http://bit.ly/2JLQkHv.

|

Munisipaliteit en AfriForum vat hande om vullisterrein reg te ruk

“Dit wys jou net wat kan gebeur as AfriForum en munisipaliteite hande vat,” meen Esther Swart, voorsitter van AfriForum se Westonaria-tak, oor die Libanon-vullisterrein se merkwaardige resultate in dié burgerregte-organisasie se jaarlikse vullisterreinoudit. Dié vullisterrein het vanaf 9%-voldoening in 2018 verbeter tot ’n 100%-voldoening in 2019. AfriForum het in 2014 sy eerste vullisterreinouditprojek van stapel…

|

AfriForum herdenk Wêreldvleilanddag met skoonmaak-aksie

Meer as 50% van Suid-Afrika se vleilande is reeds vernietig of toon agteruitgang. Ons as mense is verantwoordelik om ons vleilande te bewaar en sodoende te verseker dat ons noodsaaklike ekostelsels optimaal funksioneer. Só meen Lambert de Klerk, AfriForum se projekkoördineerder vir omgewingsake. Die burgerregte-organisasie het as deel van Wêreldvleilanddag onlangs die vleiland in die…

End of content

End of content