NVG weier steeds om nolle prosequi-sertifikaat uit te reik vir privaat vervolging van Jiba
| |

NVG weier steeds om nolle prosequi-sertifikaat uit te reik vir privaat vervolging van Jiba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in ’n skrywe aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), aangevoer dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se volgehoue weiering om Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, vir bedrog en meineed te vervolg of privaat vervolging moontlik te maak deur die uitreik van ’n nolle prosequi-sertifikaat, irrasioneel is. Volgens adv….

Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba
| |

Privaatvervolgingseenheid eis antwoorde van NVG oor Jiba

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging (NDOV), antwoorde geëis oor waarom die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) luidens stellings in die media ’n skynbare ommekeer gemaak het oor die vervolging van Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, vir bedrog en meineed. Soos wat dit nou die gebruik is…

Landdros word vervolg ná privaatvervolgingseenheid se toetrede
| |

Landdros word vervolg ná privaatvervolgingseenheid se toetrede

AfriForum se privaatvervolgingseenheid het nóg ’n oorwinning behaal nadat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ’n ommekeer gemaak het en besluit het om wel vervolging in te stel teen Gerald Hattingh, ’n landdros in die Belville-area, op ’n klag van nalatige bestuur. Dit volg nadat Hattingh reeds in 2011 vir Verna Cloete raakgery het. Die NVG het…

Media kry skuld vir vertraging in Malema en Ndlozi se verhoor
|

Media kry skuld vir vertraging in Malema en Ndlozi se verhoor

  Deur Alet Rademeyer en Jhua-Nine Wyrley-Birch Julius Malema, omstrede leier van die EFF, en Mbuyiseni Ndlozi, woordvoerder van die EFF, se verhoor in hul aanrandingsaak het nie soos verwag vandag in die Randburgse landdroshof begin nie. Die landdros het beslis die media het nie die regte prosedures gevolg en betyds aansoek gedoen om nuusdekking…

NVG maak ommekeer oor moordsaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp
| |

NVG maak ommekeer oor moordsaak nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid ingryp

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het sy aanvanklike besluit om nie die beskuldigde in ’n moordsaak te vervolg nie, omgekeer nadat AfriForum se privaatvervolgingseenheid die klaer in dié saak bygestaan het. Die klaer in die saak se man is in Januarie vanjaar in Richardsbaai doodgeskiet en sy het self ook ’n skietwond aan haar hand opgedoen….

Sharemax: AfriForum plaas druk op NVG wat weier om in belang van aandeelhouers op te tree
| |

Sharemax: AfriForum plaas druk op NVG wat weier om in belang van aandeelhouers op te tree

AfriForum het vandag in ’n brief aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van openbare vervolging, versoek dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se besluit oor ’n bewaringsbevel van die Nova-eiendomsgroep heroorweeg word. Die NVG het besluit om nié die Nova-eiendomsgroep (wat vir alle praktiese doeleindes ’n voortsetting van Sharemax is) se bates in bewaring te neem…

AfriForum soek geregtigheid vir slagoffers van Sharemax-bedrog
|

AfriForum soek geregtigheid vir slagoffers van Sharemax-bedrog

  AfriForum en adv. Gerrie Nel, hoof van die burgerregtewaghond se privaatvervolgingseenheid, wil toesien dat geregtigheid ná byna ’n dekade vir die slagoffers van die Sharemax-bedrogspul geskied. Sowat 34 000 beleggers het meer as R4,5 miljard in die skemas gestort en die meeste van hul geld verloor. In agt jaar se tyd het die Nasionale Vervolgingsgesag…

AfriForum dien wéér klagtes teen Shaun Abrahams in nadat dossier verdwyn
| |

AfriForum dien wéér klagtes teen Shaun Abrahams in nadat dossier verdwyn

AfriForum het vandag weer klagtes van korrupsie, bedrog, diefstal, afpersing en vervalsing teen Shaun Abrahams, voormalige nasionale direkteur van openbare vervolging, en ses ander toplede van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) ingedien. Dit volg nadat die burgerregteorganisasie in Augustus 2018 hierdie klagtes ingedien het, maar die dossier intussen verdwyn het. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het verskeie navrae…

Oorwinning vir gelykheid voor die reg: NVG gaan Jiba vervolg ná volgehoue druk deur AfriForum
| |

Oorwinning vir gelykheid voor die reg: NVG gaan Jiba vervolg ná volgehoue druk deur AfriForum

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het AfriForum se privaatvervolgingseenheid skriftelik in kennis gestel dat dit adv. Nomgcobo Jiba, voormalige NVG-hoof, gaan vervolg. Hierdie ommeswaai kom nadat AfriForum en adv. Gerrie Nel die NVG in November 2019 met ’n mandamusaansoek gedreig het om ’n besluit oor die vervolging van Jiba te neem. Die privaatvervolgingseenheid het ’n geruime…

End of content

End of content