|

Akademia het nog plek vir studente in 2019

Terwyl die meeste instellings se aansoeke vir studies in 2019 reeds gesluit het, bied die Afrikaanse private hoëronderwysinstelling Akademia steeds tot 19 Januarie ʼn laaste kans vir voornemende studente om aansoek te doen. Van die voorste universiteite se aansoeke het reeds verlede jaar gesluit en die meeste het aangedui dat hulle geen instap-aansoekers sal kan…

|

Groot verandering dringend nodig by NSFAS

Groot veranderinge moet by die nasionale studentefinansieringshulpskema (NSFAS) plaasvind meen die burgerregtewaghond AfriForum se jeugvleuel. Dít kom nadat NSFAS Maandag in ʼn verklaring die bedanking van sy huidige uitvoerende beampte, Msulwa Duca, aangekondig het. Sizwe Nxasana, wat tans dien as voorsitter van dié fonds, sal vanaf 31 Maart (tot verdere kennisgewing) verantwoordelik wees vir alle…

|

Nzimande: Universiteite moet sélf besluit oor studiefooie in 2017

Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, het vandag aangekondig dat universiteite self moet bepaal hoeveel hulle klasgeld vir 2017 gaan verhoog. Die minister het tydens sy aankondiging verduidelik dat die outoriteit om te besluit oor studiefooie nie by die regering nie lê, maar by universiteite se rade. Sy aanbeveling is dat universiteite…

|

Eise vir gratis onderrig onrealisties – AfriForum Jeug

Die burgerregte-organisasie AfriForum se jeugvleuel meen versoeke deur groepe soos Students for Law and Social Justice (SLSJ) dat ryk studente arm studente se studies moet subsidieer is verregaande. Volgens Jaco Grobbelaar, AfriForum Jeug koördineerder, is dit onrealisties om van belastingbetalers te verwag om nog verder tot ander mense se universiteitsgelde by te dra nadat universiteite…

End of content

End of content