AfriForum se Jeffreysbaai-tak kry nóg ’n aartappelskenking
|

AfriForum se Jeffreysbaai-tak kry nóg ’n aartappelskenking

AfriForum se Jeffreysbaai-tak het met die hulp van hul voorsitter Dries du Preez ’n verdere skenking van 28 ton aartappels van die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Soos met die eerste skenking het die tak weer die vervoerkoste betaal. Die nuutste vrag is op 13 Mei 2020 afgelaai. Altesaam 55 ton aartappels is tot dusver geskenk….

AfriForum kan nie vir regering wag en kyk hoe gemeenskappe ly
|

AfriForum kan nie vir regering wag en kyk hoe gemeenskappe ly

Die burgerregte-waghond het vandag ’n omvattende plan bekend gestel vir gemeenskappe wat onder die voortgesette Covid-19-inperking en -krisis ly. Die plan fokus op veiligheid, die ekonomie, voedsel, gesondheid en munisipale dienste binne gemeenskappe asook skolehulpprojekte in samewerking met AfriForum Jeug. Daar is ook meer lig gewerp op AfriForum Netwerk, ’n databasis waarop meer as 10…

AfriForum se Zeerust-tak skenk kospakkies aan behoeftiges
|

AfriForum se Zeerust-tak skenk kospakkies aan behoeftiges

AfriForum se Zeerust-tak het in April 2020 ongeveer 300 behoeftige gesinne in Zeerust – onder meer inwoners van die Uitkoms-woonstelle – van kospakkies voorsien. Elke pakkie verskaf een week se noodsaaklike voedsel aan ’n gesin. “Die mense in Zeerust kry swaar en die nood word net ál groter. AfriForum werk hard om voedsel na behoeftige…

AfriForum se Rustenburg-tak skenk kospakkies aan behoeftiges
|

AfriForum se Rustenburg-tak skenk kospakkies aan behoeftiges

Die AfriForum-tak in Rustenburg het in samewerking met ander organisasies soos Solidariteit Helpende Hand en die Vryburgers van 20 tot 24 April 2020 ongeveer 70 kospakkies aan behoeftige gesinne in Rustenburg geskenk. Die pakkies is só saamgestel dat dit ’n gesin van vier vir ’n maand lank met noodsaaklike voedsel kan voorsien. Die maandelikse pakkies bestaan uit…

AfriForum se Fochville-tak staan gemeenskap by
|

AfriForum se Fochville-tak staan gemeenskap by

AfriForum se Fochville-tak het die Fochville-gemeenskap se nood raakgesien en is die afgelope twee weke besig met die verspreiding van kospakkies, handreinigers en maskers. Die Fochville-tak het op 14 April reeds betrokke geraak by ’n plaaslike gemeenskapsprojek om kospakkies aan behoeftiges te besorg. R5 000 is vir die projek geskenk, waarmee 50 kospakkies versprei kon…

AfriForum se Benoni-tak skenk gesigmaskers aan Laerskool Northmead
|

AfriForum se Benoni-tak skenk gesigmaskers aan Laerskool Northmead

Die Laerskool Northmead in Benoni het onlangs ’n kospakkieprojek vir behoeftige kinders in die skool van stapel gestuur. Daarom het AfriForum se Benoni-tak besluit om op 21 April 60 gesigmaskers aan die skool se personeel te skenk. Die maskers sal help om hulle teen COVID-19 te beskerm terwyl hulle kospakkies ontvang en uitdeel. Dít volg nadat…

AfriForum se Krugersdorp-tak is deel van die oplossing
|

AfriForum se Krugersdorp-tak is deel van die oplossing

Die AfriForum-tak in Krugersdorp het met verskeie plaaslike ondernemings en organisasies hande gevat om verligting te bring vir inwoners wat in nood verkeer tydens die staat van inperking. Dié voedselprojek is op 3 April 2020 deur AfriForum se Krugersdorp-tak, ToyotaFanatics, Solidariteit Helpende Hand, Apcan Sekuriteit en die Laerskool Kenmare van stapel gestuur. Sedertdien is ongeveer 500 kg se…

AfriForum se Worcester-tak reik uit na plaaslike organisasie in nood
| |

AfriForum se Worcester-tak reik uit na plaaslike organisasie in nood

Die AfriForum-tak in Worcester het op 2 April 2020, in die lig van die huidige COVID-19-krisis en as deel van AfriForum se nasionale #AfriForumStaanSaam-projek, ’n omgee-skenking aan die plaaslike Vereniging vir mense met Sensoriese Gestremdhede (VSG) in Worcester gemaak. Meer as 40 produkte – wat nie-bederfbare voedsel en skoonmaakmiddels insluit – is aan die Sean…

AfriForum help boere deur konserte te hou en blikkieskos in te samel
|

AfriForum help boere deur konserte te hou en blikkieskos in te samel

  Die nood van boere wat die afgelope jare deur die lang uitgerekte droogte vererger is, is ’n saak wat die burgerregte-organisasie na aan die hart lê. AfriForum toer vanjaar saam met ’n paar van die land se topkunstenaars ten bate van boere wat negatief deur die droogte geraak of geruïneer is. Die konserte word…

AfriForum se Moot-tak stel noodwaterpunte bekend
|

AfriForum se Moot-tak stel noodwaterpunte bekend

AfriForum se Moot-tak het op 16 Januarie 2020 amptelik hul eerste noodwaterpunt vir gebruik geopen by Laerskool Pierneef  in Villieria, Pretoria. Dié projek het ontstaan weens die feit dat die Tshwane Metro meer gereeld waterbeperkings instel, wat die gemeenskap se toegang tot lopende water beperk. Die doel van hierdie volhoubare projek is om water aan…

End of content

End of content