‘Een oomblik het jy nog … en in ’n oogwink is als weg’
|

‘Een oomblik het jy nog … en in ’n oogwink is als weg’

Deur Alet Rademeyer Die boere in die Wes-Vrystaat en ook dele van die Noord-Kaap wat gebukkend gaan onder enorme skade en veeverliese ná verwoestende brande die afgelope week gewoed het, sal weer opstaan. Maar daarvoor het hul hulp én genade nodig. Na raming is sowat 130 000 ha se weiding in die brande verwoes waarvan een…

COVID-19-taakspan verskaf 300 kospakke aan gesinne in nood
| |

COVID-19-taakspan verskaf 300 kospakke aan gesinne in nood

Die COVID-19-taakspan, wat gestig is deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai, het vandag kos en noodsaaklike items aan gesinne in nood in Sonop in Noordwes verskaf. Die taakspan het 300 bokse met kos en ander basiese kookbenodighede verpak, wat koffie, suiker, sout en melkpoeier insluit. Hierdie besending bevat genoeg kos vir 300 gesinne…

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie
|

AfriForum-takke help gemeenskappe tydens COVID-19-pandemie

AfriForum se plaaslike takke in die Vaaldriehoek en Wes-Rand het die afgelope maand meer as 2,5 ton voedsel aan 1 806 behoeftige gesinne uitgedeel. Dié aksies is in samewerking met die COVID-19-taakspan – gestig deur die burgerregteorganisasie AfriForum, die familieboernetwerk Saai en Solidariteit Helpende Hand – aangepak om gemeenskappe tydens die landwye inperking te ondersteun….

Stilfontein- en Orkney-tak skenk brood, maalvleis aan behoeftiges
|

Stilfontein- en Orkney-tak skenk brood, maalvleis aan behoeftiges

Die AfriForum-takke in Stilfontein en Orkney het op Saterdag 30 Mei meer as 270 kg maalvleis en brood aan behoeftige inwoners en ouetehuise in Blake en Parksig geskenk. Joseph Renaud, AfriForum se hoof van Gemeenskapsveiligheid vir die sentraalstreek, sê dat dié AfriForum-takke oorval word deur hulpversoeke uit die gemeenskap, wat tans baie swaarkry weens die…

AfriForum se Orkney-buurtwag styg bo omstandighede uit
|

AfriForum se Orkney-buurtwag styg bo omstandighede uit

Die AfriForum-buurtwag in Orkney is sedert die inperking onverpoosd besig om kospakkies saam te stel en uit te deel, veral aan gesinne wat hul werk weens COVID-19 kwyt is. Ongeveer 58 gesinne word reeds só ondersteun. Slegs die grootste nood word nou verlig omdat daar eenvoudig nie genoeg voorraad vir almal beskikbaar is nie. Al…

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies
|

AfriForum se Tzaneen-tak help met verspreiding van kospakkies

AfriForum se Tzaneen-tak is tans besig om voedsel in samewerking met Nylstroom se Helpende Hand-tak en ook kerkleiers van die dorp aan ouetehuise en behoeftiges te versprei. Die tak ry gereeld Nylstroom toe om kospakkies te gaan haal en dan vir ouetehuise en behoeftiges in Tzaneen uit te deel. Helpende Hand en die kerkleiers identifiseer…

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings
|

AfriForum se Welkom-tak versprei 3,5 ton se kosskenkings

Die AfriForum-tak in Welkom het onlangs verskeie kosskenkings van boere in die omgewing ontvang. Hierdie skenkings is gevolglik aangewend om die nood in plaaslike gemeenskappe te verlig. Die tak het 1 ton mieliemeel, 1 ton suikerbone, 1 ton aartappels, 500 kg witbone, soppoeier en sojaprodukte in ontvangs geneem. Die skenkings is versprei met behulp van verskeie gemeenskapsprojekte wat in…

Taakspan versprei 2,5 ton voedsame kitsmaaltye
|

Taakspan versprei 2,5 ton voedsame kitsmaaltye

Die COVID-19-taakspan wat gestig is deur die burgerregteorganisasie AfriForum en die familieboernetwerk Saai, in samewerking met Solidariteit Helpende Hand, het nou ook saam met Laeveld Agrochem begin om voedselverspreidingsprojekte van stapel te stuur. Dié taakspan het op 20 Mei 2020 voedsame Genesis-kitsmaaltye aan meer as 200 hulpbehoewende gesinne in Bloemfontein versprei. Dié maaltye word deur Laeveld Agrochem…

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie
|

COVID-19 kry Bethal-tak nie onder nie

AfriForum se Bethal-tak woeker ten spyte van die COVID-19-pandemie en het gedurende die staat van inperking reeds verskeie projekte voltooi. Meer as 3 ton pampoene is deur die tak ingesamel en na behoeftiges in Bethal, Hendrina en Morgenzon versprei. Die oorskot is na Solidariteit Helpende Hand se Josef Silo in Witbank geneem. Meer as R30 000 se…

AfriForum se Suid-Kaap-takke kry aartappelskenking
|

AfriForum se Suid-Kaap-takke kry aartappelskenking

AfriForum se Suid-Kaap-takke het met hulp van boerevriende aartappels vanaf die Vaalharts-besproeiingskema naby Christiana ontvang. Die vrag van 28 ton aartappels met ’n  beraamde waarde van R105 000 is op 15 Mei 2020 in George afgelewer, vanwaar dit versprei is. Solidariteit Helpende Hand het saam met AfriForum fondse bewillig om die aartappels na George te vervoer en het…

End of content

End of content