AfriForum se Nelspruit-tak help Liznica House of Hope met skenking
| |

AfriForum se Nelspruit-tak help Liznica House of Hope met skenking

Die AfriForum-tak in Nelspruit het die afgelope maand Liznica House of Hope, ’n tehuis vir minder bevoorregte babas met verskeie benodighede ondersteun. Dit vorm deel van ’n projek wat hierdie tak geloods het om doeke en basiese benodighede aan instansies te verskaf wat nie die nodige fondse het om die voorrade self aan te koop…

Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven by met skenking
| |

Nelspruit-tak staan Grace Baby Haven by met skenking

Die AfriForum-tak in Nelspruit het op 3 Julie die Grace Baby Haven, ’n veilige hawe vir weggooi- en mishandelde babas, in hierdie stad besoek om onder meer 810 babadoeke en klere af te lewer. Hierdie besoek vorm deel van ’n projek wat die Nelspruit-tak begin het om doeke en basiese benodighede aan instansies te skenk…

AfriForum se Nelspruit-tak maak pad skoon
| |

AfriForum se Nelspruit-tak maak pad skoon

Die AfriForum-tak in Nelspruit het op 18 Maart 2022 in samewerking met Wecare4Nelspruit en die Claremont GPF die kante van die Uitkyk-pad skoongemaak. Dié pad was erg toegegroei met bome en bosse wat stuk-stuk in die pad ingegroei het wat die pad vir voetgangers versper het. Dit het veroorsaak dat drawwers of fietsryers wat graag…

AfriForum se Nelspruit-tak maak natuurreservaat skoon
| |

AfriForum se Nelspruit-tak maak natuurreservaat skoon

Die AfriForum-tak in Nelspruit het op 3 Maart 2022 in samewerking met die Mbombela Plaaslike Munisipaliteit die park by die Steiltes Natuurreservaat se gras gesny en indringerplante uitgeroei. Die reservaat is ’n gewilde ontspanningsarea vir die plaaslike inwoners, drawwers en spesifiek kranige voëlkykers wat na die gesogte bosloeries kom soek wat in die reservaat broei….

Plaaswag spoor voertuig op wat tydens plaasaanval gesteel is
|

Plaaswag spoor voertuig op wat tydens plaasaanval gesteel is

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het vandag ’n voertuig wat tydens ’n plaasaanval in die Kaapschehoop-omgewing tussen Nelspruit en Barberton gesteel is, opgespoor. Een van die plaaswaglede het die voertuig in Vintonia in Nelspruit opgemerk en aangemeld. Kort daarna het ACS Security, die polisie asook een van die boere wat naby die aanvalstoneel woon, gearriveer. Die…

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag help met voorbrande
| |

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag help met voorbrande

AfriForum se Cairn Burnside-plaaswag het op 22 Julie 2020 gehelp om voorbrande in die Cairn-vallei te maak om brande te voorkom. Die grond en die strukture daarop is twee jaar gelede byna tydens ’n veldbrand verwoes. Die plaaswag het ingespring om te help aangesien die eienaar van die hoewe nie oor die vermoë beskik om self voorbrande…

AfriForum help om grondbesetting in Nelspruit af te weer
| |

AfriForum help om grondbesetting in Nelspruit af te weer

Die burgerregteorganisasie AfriForum se Nelspruit-buurtwag het in samewerking met ACS Security, Hi Tech Security en MBM Protection Services ’n grondbesetting op die plaas Cromdale buite Nelspruit afgeweer. Grondgrypers het op 4 Julie 2020 een van die boere se grond beset. Nadat ’n vergadering op 12 Julie 2020 met die grondgrypers gehou is, het hulle besluit om…

NGV: Gemeenskap van Nelspruit woon AfriForum-gemeenskapsvergadering by
| |

NGV: Gemeenskap van Nelspruit woon AfriForum-gemeenskapsvergadering by

Die gemeenskap van Nelspruit het AfriForum se gemeenskapsvergadering oor die wetsontwerp op nasionale gesondheidsversekering (NGV) op 24 Oktober 2019 bygewoon. Die burgerregteorganisasie het die gemeenskap tydens hierdie geleentheid aangemoedig om die openbare verhoor oor NGV by te woon ten einde kommentaar teen dié vernietigende wetsontwerp te gee. AfriForum het tydens hierdie gemeenskapsvergadering ook meer duidelikheid gegee…

|

AfriForum groet Nelspruit ná suksesvolle Ankerdorppadskou

Die plaaslike AfriForum-tak het vandeesmaand moue opgerol en saam met taklede en vrywilligers verskeie projekte aangepak om die dorp te verbeter én in die proses hoop te skep. Die padskou het afgeskop met veiligheidsoudits by skole in Nelspruit om die veiligheid van onderwysers en leerders te verseker en om seker te maak dat skole ontruimingsprosedures…

|

AfriForum-buurtwag help om brande in Witrivier te bestry

Die AfriForum-buurtwag in Witrivier het vandeesweek in samewerking met die plaaslike gemeenskap en brandweerdienste dae en nagte omgewerk om ernstige veldbrande in die omgewing te blus. Volgens Johan Pelser, ’n lid van AfriForum se Witrivier-buurtwag, het ’n veldbrand Maandag uitgebreek in die Heidel Vallei-omgewing naby Witrivier wat vermoedelik deur bosbouers begin is. Die buurtwag het…

End of content

End of content