AfriForum se Upington-tak help om duikweg skoon te maak  
| |

AfriForum se Upington-tak help om duikweg skoon te maak  

Die AfriForum-tak in Upington het onlangs in samewerking met Walker Midas en Sakkie se Arkie die duikweg in die middedorp skoongemaak. Dié duikweg is in die hoofstraat van Upington geleë waar talle voertuie daagliks pendel. Rommel wat in die duikweg ophoop hou sowel ’n veiligheids- as gesondheidsrisiko vir die gemeenskap in en dit is noodsaaklik…

Nuwe straatligte help om misdaad in Lydenburg te voorkom
| |

Nuwe straatligte help om misdaad in Lydenburg te voorkom

AfriForum se Lydenburg-tak het op 18 Augustus vier nuwe straatligte in Rossouwstraat aangebring. Hierdie volg nadat ’n skrywe reeds gerig is aan die Thaba Chweu Plaaslike Munisipaliteit met ’n versoek om die tekort aan straatligte in Lydenburg op te los. ’n Skerp toename in misdaad word deur AfriForum-lede opgemerk omdat die strate so donker is….

AfriForum versoek reaksie vanaf Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit oor gebrek aan brandweerwaens in Heilbron
| |

AfriForum versoek reaksie vanaf Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit oor gebrek aan brandweerwaens in Heilbron

Nadat AfriForum vroeër vanjaar ’n skrywe aan die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit gerig het om te versoek dat ’n bakkie, wat as Heilbron se brandweerwa dien, herstel word, is ’n vierde huis op 9 Augustus byna in puin gelaat toe ’n brand daar uitgebreek het. Hierdie skade moet vierkantig voor die deur van die munisipaliteit gelê word,…

AfriForum plaas druk op Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit oor rioolprobleem in Upington
| |

AfriForum plaas druk op Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit oor rioolprobleem in Upington

Nadat AfriForum verlede maand ’n dringende skrywe aan die Dawid Kruiper Plaaslike Munisipaliteit in Upington gerig het, het die munisipaliteit onlangs gereageer en onderneem om rioolprobleme in dié dorp aan te spreek. AfriForum het op 21 Julie 2020 ’n skrywe aan die munisipaliteit gerig oor onverwerkte riool wat in verskeie woongebiede in Upington uit mangate…

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes
|

AfriForum se Rustenburg-tak doen herstelwerk vir bejaardes

AfriForum se Rustenburg-tak het oor die afgelope 12 maande herstelwerk en instandhouding ter waarde van R120 000 in samewerking met Demar Konstruksie by die munisipale woonstelle vir bejaardes in Kremetartlaan en Kerkstraat verrig. Dié werk behels hoofsaaklik die vervanging van geisers en hoëdrukkleppe, en die herstel van waterpyplekke. “Die instandhouding en herstelwerk van die woonstelle is…

AfriForum se Vryheid-tak dien interne appèl in
|

AfriForum se Vryheid-tak dien interne appèl in

AfriForum se Vryheid-tak het ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) redes versoek waarom AfriForum nie ’n afskrif van die kontrakteur wat vir die  bestuur van die Abaqulusi Plaaslike Munisipaliteit se vullisterrein verantwoordelik is, se kontrak ontvang het nie. Dít volg op ’n reeks klagtes oor die…

Kamieskroon se krag bly aan ná AfriForum vertoë rig
|

Kamieskroon se krag bly aan ná AfriForum vertoë rig

AfriForum se Kamieskroon-tak het op 3 Desember 2019 ’n brief van Eskom ontvang waarin dié kragreus onderneem om nie die dorp se elektrisiteitstoevoer af te sny nie. Dít volg nadat AfriForum se Kamieskroon-tak ’n vertoë aan Eskom gerig het. Eskom het vroeër gedreig om elektrisiteitstoevoer na die Kamiesberg Plaaslike Munisipaliteit te staak weens agterstallige munisipale…

AfriForum bekommerd oor drinkwatergehalte in Parys
| |

AfriForum bekommerd oor drinkwatergehalte in Parys

AfriForum het vandag ’n dringende skrywe aan Bruce Kannemeyer, munisipale bestuurder van die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit, gerig oor die swak gehalte van Parys se drinkwater. Dít volg nadat verskeie inwoners gekla het dat hulle gebottelde water moet koop weens die toestand van Parys se drinkwater. ’n Bekommerde inwoner van Parys, wat voortdurend monsters van drinkwater…

AfriForum se Elliot-tak herstel verskeie waterlekke
| |

AfriForum se Elliot-tak herstel verskeie waterlekke

AfriForum se Elliot-tak het op 9 Oktober 2019 drie waterlekke herstel nadat die tak verskeie klagtes vanuit die gemeenskap ontvang het. Ná volgehoue druk is die waterlekke, wat al vir ’n maand voorkom, teen 11:00 vandag herstel. AfriForum wil die gemeenskap aanmoedig om die Elliot-tak van probleme in te lig wat hulle ervaar, en dit by…

#OnsDorp: AfriForum se Elliot-tak ruim dorp op
|

#OnsDorp: AfriForum se Elliot-tak ruim dorp op

AfriForum se Elliot-tak het dié dorp op 7 September 2019 self opgeruim ná die gemeenskap se pleidooie aan die munisipaliteit op dowe ore geval het. Die tak het reeds verskeie skrywes oor die onopgeloste kwessie in die dorp aan Elliot se munisipale bestuurder en burgermeester gerig. “Die vullistrokke daag al vir twee weke lank nie…

End of content

End of content