AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig
| |

AfriForum-buurtwagte span saam om groter Mosselbaai-gemeenskap te beveilig

Verskeie AfriForum-buurtwagte het op 14 Julie in Groot-Brakrivier saamgekom om hul gemeenskap teen misdaad te beveilig. AfriForum se buurtwagte in Glentana, Groot-Brakrivier en Midbrak het om 16:00 die area in ’n konvooi begin patrolleer. Later het die konvooi in kleiner groepe verdeel om ’n groter grondgebied te dek. Die patrollie het tot 06:00 die volgende…

AfriForum se Mosselbaai-tak vier boomplantmaand saam met plaaslike munisipaliteit
| | |

AfriForum se Mosselbaai-tak vier boomplantmaand saam met plaaslike munisipaliteit

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het op 19 September bome in ’n park in Heiderand geplant as deel van dié burgerregteorganisasie se nasionale boomplantmaandprojek. Die geleentheid is bygewoon deur Dirk Kotze, die waarnemende burgemeester, asook ander raadslede, direkteure verbonde aan die munisipaliteit en amptenare. Die boomplantmaandprojek is ’n projek wat AfriForum jaarliks oor die land heen aanpak….

AfriForum dien kommentaar in op aansoek vir beoogde eksplorasie
| |

AfriForum dien kommentaar in op aansoek vir beoogde eksplorasie

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op 21 Augustus 2020 kommentaar ingedien op die beoogde eksplorasie-aansoek in ’n streek van die kusgebied tussen St. Francisbaai en Mosselbaai. SLR Consulting doen namens Total SA aansoek om 11 gate aan die kusgebied as eksplorasieputte te boor. Dié gebied is onontbeerlik vir die mariene biodiversiteit aan die Suid-Afrikaanse kuslyn. Boonop is daar ’n beskermde…

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum skenk hulppakkette aan skole
|

#AfriForumStaanSaam vir Skole: AfriForum skenk hulppakkette aan skole

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het drie hulppakkette aan skole in die omgewing versprei as deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug van stapel gestuur is. Die skolehulppakkette bevat COVID-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders. Die waarde van een pakket beloop R6 500. Die volgende skole het elk…

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Groot-Brakrivier by
| |

AfriForum-takke woon GOP-werkswinkel in Groot-Brakrivier by

AfriForum se takke in Oudtshoorn, Mosselbaai en George het op 3 Oktober 2019 ’n werkswinkel in Groot-Brakrivier bygewoon. Deidré du Preez, AfriForum se raadgewer by plaaslikeregeringsake, het die opleiding, wat oor deelname aan die hersieningsproses van dié takke se onderskeie munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP) gehandel het, aangebied. Die werkswinkel was spesifiek toegespits op die deelname van takbesture…

|

AfriForum Mosselbaai-tak: ’n Suksesverhaal soos min

Die burgerregte-organisasie se Mosselbaai-tak is op 20 Maart 2012 met 20 lede gestig en sedertdien het dit gegroei na meer as 390 lede wat aktief betrokke is in Mosselbaai munisipale gebied. Sedert die ontstaan van die tak is verskeie projekte aangepak en groot suksesse behaal. Daar kan met trots gesê word dat die samewerking met…

End of content

End of content