AfriForum lê korrupsieklag oor onregmatige toekenning van staatskontrak
Die burgerregteorganisasie AfriForum het vandag ’n klag van korrupsie by die Wierdabrug-polisiestasie in Centurion ingedien. Dit volg op die Gautengse regering se onregmatige toekenning van ’n kontrak aan die IT-maatskappy In2IT, met wie Panyaza Lesufi, die Gautengse LUR vir Onderwys, nou bande het. In2IT het op 17 Julie 2019 ’n drie jaar lange borgskapooreenkoms met die Moroka…