Polisie neem ouers van mishandelde baba in hegtenis ná AfriForum-toetrede
Die polisie het vandag die ouers van ’n ses maande oue babadogtertjie in hegtenis geneem op strafregtelike klagtes van poging tot moord, aanranding met die doel om ernstig te beseer en kindermishandeling. AfriForum se privaatvervolgingseenheid het dokters op 24 Julie 2020 ondersteun om dié strafregtelike klagtes in te dien. Die baba is tans in veilige bewaring. Die…